Bejaarde egpaar erg aangerand op plaas

(Argieffoto)

ʼn Bejaarde egpaar is Saterdag erg deur rowers aangerand op ʼn plaas buite Reivilo in Noordwes. Bure van die egpaar het die geval Saterdag teen 10:00 by die plaaslike polisiestasie aangemeld, nadat die erg beseerde vrou (63) dit kon regkry om na die buurplaas te strompel en om hulp te vra.

“Die polisie het hulle dadelik na die plaas gehaas en afgekom op die erg beseerde boer (64) in die plaashuis. Hy is glo met kookwater op sy rug gebrand,” het kol. Adele Myburg, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Die slagoffers is albei erg aangerand en in die hospitaal opgeneem,” het sy gesê.

Volgens die polisie se inligting het drie gewapende rowers die egpaar die oggend oorval en is hulle vort met die boer se Nissan-bakkie en ʼn bankkaart. “Die voertuig is kort daarna buite Schweizer-Reneke opgespoor, maar die rowers het toe reeds gevlug.

ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur waartydens lede van verskeie polisiestasies in die omgewing sowel as van die boere in die gemeenskap na die rowers help soek het,” het Myburgh gesê.

Van die verdagtes is egter dieselfde dag vasgetrek en in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op die bakkie, ʼn wapen en die selfoon van een van die slagoffers.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Amatambo ·

Elsa, ek twyfel BAIE sterk – per slot van rekening, hierdie hardwerkende BOERE se grootste “sondes” is dat hulle WITTES is (Niemand in die wêreld vra om as ‘n lid van ‘n spesifieke kleur gebore te word nie – die SKEPPER bepaal dit, en niemand kan aan HOM voorskryf nie) en tweedens, dat hulle nie misdadigers is wat ander beroof nie, maar kos aan AL die inwoners van hierdie land – wit, swart, bruin, oosterlinge, saam met ander BOERE voorsien, maar die liberale gemors sien dit mos anders – verkeerde kleur en GEEN polisie- of tronk-rekord nie… EN – ons BOERE se lewens is belangrik!!! Sonder hulle sal daar geenkos wees nie – alhoewel ek dink baie van vandag se “liberales” is van die opinie dat kos outomaties in die supermarkte geproduseer word…

marius ·

Wat se kleur is die slagoffers en wat se kleur is die verdagtes ? In hierdie land is kleur vir die regerende party , howev en hul mrk van kardinale belang . Publiseer dit asseblief .

Jurg ·

Dan wil die regering hê dat ons vuurwapens ingehandig moet word

Rodger17 ·

Hkm wil SA so verskriklik swartes ondersteun in ander lande wat kwansuis so wreed doodgemaak word deur polisie?Hier in SA word wittes mishandel en wreed vermoor maar gń haan sal daar oor kraai nie!Ek dink ons wittes moet maar white Mondays hou en wit aan trek!Witmense moet hul eie nasie ondersteun en nie ander nie,hulle gaan jou elk geval vermoor!

Kanjynoumeer ·

Kommerwekkend.
2 de plaasaanval in die Reivilo omgewing.

Google: The Ark: Eastern Europe to offer refuge for…
Google: Die pad na selfbestuur. Flip Buys.

Cherokee ·

Dan is daar mense wat ‘versoening’ bepleit. Ramasomething & kie moet weet dat ons àltyd afsondering sal huldig.

JohanR ·

Welcome to the North West Province, welcome to South Africa. En nog ‘n boer en gesin, moet hulle plaas seker verlaat. Is daar nie ietsie wat ons die gewone burgers van SA kan doen om die boere gemeenskap te beskerm nie? Ek weet daar is al baie hulp op een of ander manier op die been gebring, maar soos in die geval kan nie elke gaaitjie toe gestop word nie. My hart bloei vir die man en vrou en hulle familie lede, want my ouers is omtrent op die selfde ouderdom in Letsitele aangeval, maar darem altwee met genade van bo dit oorleef. Boere in SA is in ‘n oorlog betrokke, of die ANC dit nou wil sien of nie!

Marius ·

Nou wonder ek as die SAP disselfde aan hulle doen wat aan die boere gedoen was wat sal gebeur glo nogsteeds n oog vir n oog

Michael 1 ·

Die media was vinnig om te berig dat n swartman doodgemaak is deur n wit polisie man met die floyd saak hier het swartmans n wit vrou en haar man gemartel hoekom word dit nie so berig ??

Pieter ·

Wanneer gaan ons blankes wakker skrik. Ons praat en ons praat en dit is waar dit bly. Die klomp weet ons blankes praat net en doen niks dit is hoekom die ANC vir ons blankes lag

Jack ·

Dit is tyd dat veral die boere nou moet kennis neem na soveel moorde en aanrandings dat hulle geteiken word. Die rustige bestaan van plaaslewe behoort tot die verlede. Paraatheid is nou van kardinale belang. Agter elke bos is n terroris en daar sal eers geskiet moet word as iemand oortree. Hy is nie jou vriend nie en hy kom om jou te beroof of dood te maak. Bejaardes moet jonger mense op die plase intrek om te help met die sekuriteit en verdediging. Dit gaan erger word. Gebruik nou die tyd om reg te maak. Ek is bereid om te help met beskerming.

Michael 1 ·

Ek het nog altyd gesê die boere moet hulself beskerm wat niemand gaan help nie maar miskien moet daar n veldtog begin word soos met die floyd geval sonder die kriminele aspekte want ons is nie so nie.

Andries ·

“Ek kan nie asemhaal” as ek hierdie skokkende nuus lees nie.

Alexander ·

Al die uitsaaiers is gekaap. Gee nie snars om vir bloeiende witmens is Suid-Afrika nie. Gee veel eerder aandag aan misdadige swart veroordeelde verkragter in Amerika wat waarskynlik weer besig was met misdadige aktiwiteit. Ons leef in ‘n siek wêreld. Seker ook maar tekens van die eindtye.

J ·

Wys ons asb die fotos van die ‘terroriste’ sodat hulle uitgeken word ten einde verdere misdaad te voorkom!

katerinadiekat ·

Mense gaan my nou seker kruisig, maar bejaarde mense KAN NIE meer alleen op plase woon nie. GEEN boere kan nie. Boere, jonk, oud, middeljarig, almal sal MOET begin om hul eie klein sekuriteits span te kry om by hulle te woon. Kry karavane buite jou huis met sekuriteits personeel wat daarin woon. Ek is seker sekuriteits maatskappye kan so n diens begin lewer. Ons lewe in n oorlogsone, veral ons boere. ACT ACCORDINGLY! Otherwise things Will end badly for you.

Hierdie is nie Victim Blaming nie. Its common sense. My innige simpatie en beste wense vir die beseerde mense. Maar ons lewe in n oorlogsone en plase is SLAGVELDE. ACT ACCORDINGLY, please, please..

Francois ·

Ek haat die nuusberigte. Die boer is verseker met kook water gebrand maar die skrywer ssl steeds se hy is GLO met kookwater gebrand. Kyk hoe stukkend is die vrou se gesig geslaan. Nou gaan hulle seker kommentaar lewer en se sy is vermoedelik of dalk aangerand. Pateties

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.