Bejaarde KZN-egpaar op plaas oorval

(Argieffoto: Maroela Media)

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het haar kommer uitgespreek oor die voortgesette aanval op boere ná ’n bejaarde egpaar verlede Vrydag op hul plaashuis in die suide van KwaZulu-Natal oorval en aangerand is.

Die boer (80) en sy vrou (73) is tydens die voorval beseer.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê drie mans het die middag omstreeks 16:20 toegang tot die huis op hul plaas in die Crowder-omgewing, digby Umkomaas, verkry. Die mans was met messe bewapen.

“Die mans het die egpaar in die huis oorval en aangehou,” vertel Mbele. “Hulle het ʼn televisie en kontant gesteel en in die boer se voertuig van die plaas gevlug.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Didiza sê ’n aanval op ʼn boer is ʼn aanval op die land se voedselsekerheid.

“Die boer speel ʼn kardinale rol om die produksie van volhoubare voedsel vir die land en Afrika in geheel te verseker,” sê sy.

Didiza het die egpaar ʼn spoedige herstel toegewens.

Sy het ook ʼn beroep op die polisie gedoen om alles in hul vermoë te doen om seker te maak die skuldiges ry aan die pen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Antoinette ·

Ons weet almal dis ‘n aanval op voedselsekuriteit. blah blah blah. DOEN iets daaromtrent. Vanaand sal sy gaan slaap en nie eers verder daaraan dink nie. Ek is so siek van die spul.

Agge nee ·

Wag maar net om te sien wat hierdie boer se van is, dit is nie normaal dat Didiza so vinnig reageer as Jan van der Merwe op sy plaas vermoor word nie.

christo ·

Ja, swaer maar moet nou net nie die wit boer wees wat ‘n veedief of sonneblomdief arresteer en dan probeer polisiestasie toe vat nie…

Oujongvrou ·

So wat se jy nou? Dat dit erger is as hulle wit vanne het. Of anders om. Maak nie saak wie dit is nie, wit swart of bruin. Dis boere!!!!

quartus ·

“Op” hulle plaashuis. Dalk moet dit wees “by” of “in” ?

PH ·

“het haar kommer uitgespreek”……….sy dink dis hoe sy haar massiewe salaris vir die maand verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.