Bejaarde lê ure op vloer voor hulp kom ná plaasaanval

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Lorraine Claasen)

ʼn 84-jarige vrou wat Sondag op ʼn plaas in die Willowmore-distrik in die Oos-Kaap oorval en beroof is, het amper 12 uur lank op haar kombuisvloer gelê voor sy hulp gekry het.

ʼn 23-jarige verdagte is Maandag deur die polisie op De Rust in die Wes-Kaap in hegtenis geneem in verband met die voorval. Hy sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.

Volgens lt.kol. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, is die bejaarde vrou omstreeks 06:30 Sondagoggend oorval en beroof. Sy het glo geluide op haar huis se dak gehoor en met verdere ondersoek ʼn onbekende man in haar kombuis aangetref.

Die vrou is gestamp en het op die vloer geval. Sy is beseer en kon nie weer opstaan nie. Die verdagte het die huis se telefoondrade geknip en met ʼn onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.

Die vrou se dogter het omstreeks 18:00 op haar afgekom toe sy ondersoek by die huis gaan instel het nadat sy nie haar ma in die hande kon kry nie.

’n Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Michael ·

Die krimineel rand die vrou aan en ‘n saak van huisroof word ondersoek of is die berig net weer half.

Danie ·

Hoe bly n 84 jarige bejaarde nog op n plaas. Waar is die kinders. Daar is so baie mense wat n karavaan het en n heenkome soek en wat nog aktief ook is. Laat twee of drie daar op jou plaas staan. Hulle kan jou selfs betaal maar dan is daar voete en oe wat kan help. jy word gemerk deur jou eie plaasvolk.

George ·

Enige aanranding van iemand bo 65 is veronderstel om automaties as poging tot moord te verander.

George ·

@Danie, baie oumense wil nie van hul plase trek nie en die kinders het ook lewe buite die erf. Werk en bly dalk net op die dorp. Waar is al die mense in karavane wat plek soek, gee bietjie detail. Dink jy daai mense gaan ook net padgee wanneer hulle moet?

Bolandse Nooi ·

Nee-nee … sê mooi: die verdagte is nie in De Rust gearresteer nie. Hy is in BLOMNEK gearresteer en hy is waarskynlik nog ‘n “buitelandse” burger ook!!!

Delia ·

Ek wens mense wil ophou sé wat soek ou mense nog op plase. So moet ons nou sé wat soek ons nog in SA. Dis hulle reg om op hulle grond te bly. Sorteer die misdaad uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.