Bejaarde sakeman in huis vermoor  

Callie van Heerden (78) is die afgelope naweek in sy huis vermoor. (Foto: Verskaf)

’n Bejaarde sakeman van Christiana in Noordwes is Sondag dood in sy huis aangetref.

Die 78-jarige Callie van Heerden, eienaar van Callie’s Hardware op die dorp, is vermoedelik Saterdagaand deur twee verdagtes oorval wat deur ’n venster toegang tot sy huis verkry het.

Kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Van Heerden is met toue vasgebind.

“Hy was alleen tydens die voorval en is die middag deur sy buurman in sy slaapkamer aangetref.”

Funani sê die verdagtes het ’n televisie en verskeie ander huishoudelike items gesteel. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Die polisie ondersoek tans ’n saak van moord en roof.”

Die oorsaak van Van Heerden se dood is nie in dié stadium bekend nie en sal met behulp van ’n nadoodse ondersoek bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Flower Girl ·

Gaan dit dan nooit stop nie. Kosbare lewens word soos niks geneem.

Juls ·

No it is never going to stop, we live in a country of savage oppression

Misky ·

Watse verweer or bedreiging hou ‘n bejaarde vir hulle in? Hoekom enige van hulle doodmaak en nie net die goed vat en gaan nie. Hierdie verdomde regering faal ons en ons word uitgemoor teen ‘n gevaarlike tempo.

Kokerboom ·

Moet die verdomde rowers ALTYD moor? Toon weer dat ‘n menselewe beteken absoluut niks vir hulle!!!

Marshall ·

I do wish logical Afrikaners would read the classical work on conflict strategies, “The Art of War” by Sun Tzu. If you grasp the basics of conflict strategy you will realise that it is IMPOSSIBLE TO WIN A DEFENSIVE WAR. De Klerk’s rediculous unitary state is 100% guaranteed to result in conflict due to the significant genetic differences between the races. We repeatedly warned him, but he knew better. The only possible successful strategy now open to the minorities is to establish a finite defensible border and secede.

Tiptol ·

And De Klerk is living in another country. Will read, thank you.

Anoniem ·

Hierdie toenemende inbrake en moord word deur aanhitsing aangevoer. Hoekom doen hul dit nie aan hul eie mense/leiers nie

Toy ·

Dit voel of ek net geen woorde meer het nie, dit is elke dag se storie, moord, moord en nogmaals moord.

Samuel ·

Hierdie bejaarde het tog seker nie geweldige weerstand kon bied nie. Waarom hom vermoor? En waar is die boosdoeners? Die bejaarde wit sakeman van Plankenbrug, Stellenbosch, is agter tralies nadat hy ‘n vermeende aanvaller op sy perseel doodgeskiet het. Hoe nou?

twaalfboor ·

As niemand nog in hegtenis geneem is nie, hoekom word daar na “verdagtes” verwys?

andre ·

Die laaste paragraaf stel dit duidelik “die oorsaak van die dood is nog nie bekend nie”Die hoofopskrif stel dit duidelik “bejaarde sakeman in huis vermoor” Niks dui daarop dat dit iets anders as moord is nie.

Excalibur ·

Mense leer jul dan NOOIT Nie! Nie die ou SWAPO, UDF, APLA., MK, SDU, ens kon OOIT ‘n geveg op gelyke voet of sterkte openlik aanvat nie. NEE, hy is lafhartig en wen eers jou vertroue met mooimaak stories of stel jou gerus en DAN kom hy soos ‘n dief in die nag en plunder, moor, verwoes, martel, ens om net more weer met die massa saam te smelt en weer VALS te wees … ‘n Luiperd verander nie van kolle nie en ‘n wolf trek skaapsklere aan. Sagte tiekens was nog ALTYD die trofee van die Swakkeling, punt. GEEN GENADE vir sulke LAFHARTS nie! Bring die DOODSTRAF terug en sien weer die son opkom oor Suid Afrika.

#Maarnetmyopinie ·

Hierdie is ‘n tragedie…
Oom Callie was ‘n goeie mens, sout van die aarde. Almal in die dorp en omliggende dorpe ken vir oom Callie van Callie’s Hardware. Altyd ander mense gehelp, baie keer ten koste van homself. Mag sy nalatenskap vir lank nog voortleef in Christiana!

Frank John ·

Dankie Jesus vir U genade, sonder U kan ons nie. Ons het U nodig.

Kathleen ·

weereens meer as 1 , en die oom is al bejaard , hoe de joos werk die mense se koppe , hy is in elke geval hulpeloos , hy sou hulle absoluut niks kon aandoen , hoekom nie net vat wat hulle wil hê en voertsek nie ,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.