ʼn 86-jarige vrou is Sondag omstreeks 18:00 in haar huis by die Edenpark-aftreeoord in Witbank, Mpumalanga, vermoor.
Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê beamptes is na die huis in Fuchsiastraat ontbied waar die liggaam van die vrou aangetref is. “Sy het verskeie meswonde aan haar rug en nek opgedoen. Haar hande is agter haar rug vasgebind en ʼn mus is in haar mond gedruk. Seep is oor haar gesig uitgegooi,” het hy gesê.
Die verdagte het met die vrou se wit Honda Jazz en haar selfoon van die toneel gevlug.
“Verdere ondersoek het die polisie na Krugersdorp gelei waar die motor verlate gevind is. ʼn Soektog is van stapel gestuur na die verdagte.”
Enigiemand met inligting word versoek om kol. One Thobejane te kontak by 079 891 5845 of 08600 10111. SMS’e kan aan 32211 gestuur word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Dit is verskriklik erg om so n hoë ouderdom so wreed doodgemartel te word. Die hartelose moordenaars sal wel eendag hul ewige straf ontvang.
Ek staan hier en kry hoendervleis van afsku en magteloosheid. Hoekom verneder en martel iemand ‘n bejaarde vrou so vir net ‘n selfoon en ‘n “joyride” met haar motor? Siek, siek mense wat so iets doen. So hartseer. Baie simpatie met familie en vriende. Mag hierdie vrou in vrede rus.
Ai hoekom so n ou mensie vermoor
Dit is sulke dinge wat selfs vir my ook laat kla. Watter tipe sekuriteit het hierdie aftree oord?
Wanneer gaan daar begin word om te vergeld?