Bejaarde vrou dood in huis op kleinhoewe gekry

Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde vrou is Saterdagoggend dood aangetref in haar huis op ʼn kleinhoewe in die Meyerton-omgewing in die Vaaldriehoek.

Volgens konst. Tlaleng Moloi, polisiewoordvoerder, is die vrou, glo in haar 80’s, dood op die vloer in haar huis op ʼn kleinhoewe in Nelsonia aangetref.

Moloi het gesê ‘n saak van moord word deur die Meyerton-polisie ondersoek.

Die polisie kon ook nie onmiddellik bevestig of enigiets uit die huis gesteel is nie.

Geen verdere inligting is in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Vir solank as wat die rooi petters vrylik rondloop en geweld aan hits gaan hier nie moorde stop nie! Daar MOET ‘n duidelike boodskap gestuur word en ‘n voorbeeld van hulle gemaak word! Die saak word klaar as moord geklassifiseer…

Derek ·

Dit is nou een aspek wat mens nie kan verstaan, hoe kan bejaardes so alleen op kleinhoewes bly terwyl almal weet dat SA n misdaad paradys is. Waar is die kinders wie veronderstel is om na hul om te sien. Laat my dink aan die ou tradisie van engele wat deel is van godsdiens as beskerming, terwyl Christus ons waarsku met die besoek van die satan aan Hom op die dak van die tempel. Tereg wat die Woord ons leer, die ongeregtigheid het vermeerder omdat die liefde vervlou het, die liefde tussen gelowiges! God se opdrag is juis dat ons mekaar moet lief he, sovele kinders het verval en jaag net eie belang na! Dit is regtig n skande, wanneer dit kom by erfporsies dan sak die aasvoels toe!

Strandloper ·

Ek sien gister middag n horde wit kruise op die Klipheuwel pad( tussen Malmesbury en Stellenbosch) wat enige mens bewoë maak en kwaad met kwaad wil laat vergeld. En nou dit? Hoe kan n mens so iets doen?

LiveAndLetLive ·

80 jaar oud geword en dan vermoor, hoekom vermoor hulle ou mense, wat kry hulle hieruit?

Misky ·

Absoluut skokkend!!!! Watse bedreiging kon n 80jarige inhou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.