Bejaardes bars winkelsentrum binne

Die motor het teen ‘n trap tot stilstand gekom. (Foto: Verskaf)

ʼn Motor met twee bejaardes het Saterdag in ʼn gedeelte van ʼn winkelsentrum in Durban-Noord tot stilstand gekom nadat die bestuurder glo probeer parkeer het.

Daar word in dié stadium vermoed dat die bestuurder van die voertuig, ʼn bejaarde vrou, beheer oor die motor verloor het terwyl sy probeer parkeer het. Die vrou het glo die versnellerpedaal getrap en die motor het vorentoe geskiet.

Die voertuig is oor die sypaadjie, deur ʼn gang met winkels en het toe teen ʼn trap in die gang tot stilstand gekom.

Die motor het teen ‘n trap tot stilstand gekom. (Foto: Verskaf)

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 12:00 na die winkelsentrum in Umhlanga Rocks-rylaan ontbied waar hulle die vrou en haar passasier vir geringe beserings behandel het.

Dit kon egter veel erger gewees het aangesien ʼn metaalreling tydens die voorval deur die onderste gedeelte van die voorruit gedring en die vrou rakeling gemis het.

ʼn Lid van die publiek wat in die gang tussen die winkels was toe die motor daar ingebars het, is ook deur paramedici ondersoek.

Dié persoon het egter nes die bejaardes geweier dat ʼn ambulans hulle na ʼn hospitaal vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus ·

Baie jammer, maar bejaardes moet ná ‘n sekere ouderdom bestuurstoetse aflê. Daar gebeur net te veel sulke ongelukke!

TruthDealer ·

Ek sou reken dat minibus-taxi’s in een maand n duisend keer meer ongelukke veroorsaak as ou mense in 10 jaar.

Phillip ·

Seker gedink dis n deer ry winkel Betaal by die volgend punt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.