Bekroonde jazz-sangeres sterk aan ná beroerte

Lira (Foto: Lira, Facebook)

Lira, bekroonde Suid-Afrikaanse jazz-sangeres, het Dinsdag ’n beroerte gehad terwyl sy in Duitsland was vir ʼn optrede.

Die 43-jarige sangeres se familie het op haar Facebook-blad geskryf dat die beroerte haar vermoë om te kommunikeer, veral haar spraak, beïnvloed het.

“Sy ondergaan behandeling in Suid-Afrika. Sy is onder die sorg van die beste mediese span. Sy is opgeruimd en word deur haar liefdevolle familie en goeie vriende ondersteun,” lui die boodskap.

Lira se mediese span het aan die familie gesê dat haar herstelpad geduld sal verg en dat sy waarskynlik nie gou weer op die verhoog sal verskyn nie.

Die familie het die publiek bedank vir hul gebede en omgee.

Lira het sowat 16 jaar gelede opslae in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak met haar liedjie “Feel Good”. Dié liedjie het haar ʼn bekende stem op radiostasies gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Miskruier ·

Heelwat beroertes onder die jong mense deesdae, praat nie eens van die hartaanvalle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.