Beloftebos: ‘Gun almal dieselfde vryheid’

(Skermgreep: FOR SA)

Die hofsaak teen die Beloftebos-trou-venue gaan oor meer as huwelike tussen mense van dieselfde geslag – dit is ʼn stryd om vryheid.

Só het Michael Swain, uitvoerende direkteur van Freedom of Religion SA (FOR SA), gesê nadat die Menseregtekommissie (MRK) vandeesweek beantwoordende verklarings ingedien het in die gelykheidshofsaak teen Beloftebos.

Die MRK sleep die venue se eienaars, Andries en Coia de Villiers, hof toe oor hul weiering om pare van dieselfde geslag toe te laat om hul huwelikseremonies daar te hou. Gay mense is steeds welkom by enige geselligheid, maar die eienaars van Beloftebos voer aan huweliksbevestigings van mense van dieselfde geslag druis in teen hul geloofsoortuigings. Om dié rede word gay huweliksbevestigings nie daar toegelaat nie.

Beloftebos voer aan die diskriminasie is billik.

Swain sê ongeag mense se gevoel jeens huwelike van mense van dieselfde geslag behoort die saak gesteun te word omdat dit oor die kwessie van vryheid gaan.

“Dit gaan oor vryheid om te besluit wat jy wil doen, binne die raamwerk van die wet. Die wet moenie gebruik word om jou te dwing om iets te doen wat teen jou beginsels indruis nie,” het hy gesê.

“Ons sien hierdie as ʼn saak wat handel oor vryheid vir almal. Of jy nou hul standpunt oor die huwelik steun nie of nie, as Beloftebos die saak verloor, verloor jý.”

Swain sê niemand behoort gedwing te word om in ʼn posisie geplaas te word waarmee hulle nie saamstem nie. En dit geld nie net vir geloofsvryheid nie, maar ook alle ander vryhede.

Die paartjie wat die eienaars van Beloftebos destyds weggewys het en waaruit die saak spruit, eis ook dat Beloftebos ʼn boete van R2 miljoen opgelê word.

“Daar is dus ook ʼn bestraffende element en geen tegemoetkoming nie,” het Swain gesê.

Sou Beloftebos die saak verloor, sal die venue na verwagting sy deure moet sluit.

“Ons Grondwet vereis nie dat almal dieselfde moet glo nie, en dit straf ook nie mense omdat hulle verskillende gelowe of opinies het nie. En dit behoort ook nie mense daarvoor te straf nie,” het Andries de Villiers gesê.

Hy sê hulle respekteer ander mense se grondwetlike regte en vryheid van keuse, maar vra doodeenvoudig dat hulle dieselfde vryheid gegun word.

Swain sê uiteindelik moet niemand gedwing word om iets te doen wat teen hul waardes indruis nie, en as Beloftebos gedwing word om dit te doen, kan enigiemand anders uiteindelik ook gedwing word.

“Die saak het verreikende gevolge. Jy kan gedwing word om iets te doen waarvan jy fundamenteel verskil. As die hof hulle kan dwing, kan hulle jou ook dwing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Stof ·

Beloftebos hou vas aan die beloftes aan die Woord.
Welgedaan.

Sarel ·

Hoekom druk die mense hulle Lewensstyl in almal she kele af?

Zombie ·

Ek stem saam met jou Sarel. Ek verstaan ook nie waarom Beloftebos hulle Lewensstyl (sic) in almal she (sic) se kele wil afdruk nie.

Flip ·

Probeer by ‘n Moslem restourant te vra vir “Spare ribs”en kyk hoe vinnig word jy weggejaag. Dis wat met ‘n vriend van my gebeur het.

Cherokee ·

zombie, jy doen jou gebruikersnaam gestand. (kleinletter nie per ongeluk)

Chris dupreez ·

Gaan die MRK ook iets te sê hê as n moslem tempel weier om n Christen paartjie die tempel te laat gebruik vir n Christen huwelik, of as n moslem tempel weier dat gay huwelik daar plaasvind. Gay huwelike is verkeerd volgens Levitikus in die Bybel,maar die mrk sien dit nie so nie. Dit is my Christen geloof om in die bybel te glo, en nie wat die mrk sê nie. Is die Gaum persoon van die MRK familie van die gay predikant Lauri Gaum ?

jzjz05 ·

My kometaar het n streep deur gekry.,maar as die MRK slaag druis dit in teen wat die bybel my se en laat Gaum dit weet.

Villie ·

Wat het geword van die beginsel “reg van toegang voorbehou”. Staan sterk Beloftebos!

Vranet ·

Hierdie saak van gedwing word om te doen wat teen jou beginsels is, geld ook vir die stand van sake met die grendel tyd. Ons word gedwing om goed teen ons beginsel te doen. Maskers, sosiale afstand, hoeveel en waar ons bymekaar kan kom, Die sluit van besighede wat 1000de werkverliese te weeg gebring het. Besighede wat moes toemaak. Dis alles teen my reg om vry te wees en te doen wat ek glo reg is. Drakoniese besluite deur onbekwame en korrupte amptenare en regerings het die hele wêreld in die gemors.

Marianna ·

Die een se reg en die ander se onreg. Wie het deesdae die meeste reg??

Karel Kobus Kruger ·

Die volgende geld nie net vir Beloftebos nie, maar in die algemeen.
Indien jy n besigheid het, en daar is n sekere groep mense met wie jy nie eintlik besigheid wil doen nie, lewer net aan daai groep mense n vrotsige diens. Die woord sal wel versprei dat jy nie aan almal dieselfde diens lewer nie. Vrotsige diens is nie onwettig nie.

Andre ·

In ‘n artikel skryf Peter Hitchens, “The cleverest revolutions are the ones where everything looks the same from the outside, but it has been totally altered on the inside.

People find it hard to oppose or resist changes they cannot actually see. In recent years, the police, the BBC and the National Trust, for instance, have been transformed into nests of wokeness.

But it wasn’t obvious until it was far too late to do anything. So nobody did.”
Is dit nie waaroor alles gaan nie?

Herman ·

Dit sal interessant wees om te gaan kyk HOE religieus die eienaars van Beloftebos is.Bv, werk hulle op sondae, hou hulle funksies op sondae of is hulle in die kerk,gaan doen hulle inkopies op sondae, neem hulle deel aan georganiseerde sport op sondae…hetsy as deelnemers of as toeskouers via die tv…mens is gou om te sê dit strook nie met my geloof nie,maar stilletjies knyp hulle die kat….

Riaan ·

So met ander woorde mense wat op sondae MOET werk is nie gelowiges nie? Pasop vir uitlatings wat jou Kan ” knyp”

minniemuis ·

Herman ek het ook al op gelet dat net sekere dinge tel met religieus en kyk net al die skynheilig af duime

Snowball ·

Volgens jou opvatting mag net sondelose Christene beginsels hê. As ‘n persoon dus nie die wet ten volle kan onderhou nie, mag hy nie Christelike beginsels voorstaan nie en moet hy al die wêreldse praktyke aanvaar, deur alles en almal aan hom opgedring, net soos en wanneer hulle wil. Arme mense. Hoe gelukkig is hulle wat hulleself dus nie Christene noem nie, want hulle is vry om te maak en te sê wat hulle wil…

Dr. Rhoshe ·

Baie Konserwatiewe Christene volg ‘n kieskeurige benadering tot die Skrif, en kies wat die beste by hul vooroordele pas, terwyl hulle ander tekste ignoreer. Sal Belofte Bos n troue van n Moslem of Hindu paartjie doen aangesien hulle voor n ander god buig of n paartjie van voorheen geskei is. Hierdie is commandments, wete van God vir Sy volk gegee het.

Nico ·

Ek vra dat almal wat hierdie berig en ook die berig van die 4 Des gelees het, sal bid en vir God sal vra dat die de Villiers egpaar(Beloftebos eienaars) die oorwinning sal behaal tot eer en verheerliking van God se Naam. Volgens n ander pers berig is die doel van die MRK die volgende: “Gaum said.
“Magistrate’s courts do not set precedent. That is why we thought this is the perfect case to take to a high court sitting as the equality court so that we can have binding precedent across the spectrum.”
As die MRK slaag met hulle saak sal die enkele beskerming wat ons Christen kinders het nl art. 9 (5) se laaste gedeelte “unless it is established that the discrimination is fair” van geen waarde meer wees as ons optree in ooreenstemming met wat die Here van ons vewag en soos Hy dit aan ons bekendgemaak het in Sy Woord die Bybel nie. Dit is presies wat die de Villiers egpaar gedoen het . Asseblief bid vir n beslissing dat hierdie geval ” Fair discrimination” daarstel. Ons almal het dit nodig.

Dawid ·

Hierdie klink eerstens heeltemal te veel soos vergelding, en nie soos geregtigheid nie. Voor jy op jou high horse spring en die groot ridder van sosiale geregtigheid wil wees, dink bietjie na of ‘n regering wat mense kan dwing om iets teen hul beginsels te doen, nie ook wetgewing kan deurvoer wat teen jou beginsels indruis nie. Hou op speel met vuur en ‘n bietjie nederigheid kan ook dalk help.

Oom Hennie Pennie ·

Stem saam, waarom Beloftebos dwing in iets wat teen hulle beginsels is? Beloftebos sal WEN!!

Hans-Peter ·

Mag heteroseksuele paartjies wat nie God dien nie dan ook daar trou? Siende dat hulle in die teenwoordigheid van God moet trou?

BOKKIEBEK ·

Hans-Peter, dit gaan nie oor mense wat nie glo nie, dit gaan juis oor mense wat Glo en die woord van God nastreef. Miskien as die paartjies (heteroseksueel) wel daar trou sal hulle God se liefde ervaar en ook hulle harte vir die Here gee…

Dr. Rhoshe ·

Of miskiend bly hulle ateïs
Ook mag Moslem en Hindu paarties daar trou siende dat hulle volgends Chirstian in afgode glo? Nie almal is Christians nie, en nie almal is straight nie
Hel baie gelukkige getroude ‘straight’ mans is closet gay.

Cherokee ·

In die vorige berig met dieselfde strekking, het ek kommentaar gelewer op die volgende paragraaf:

Die MRK voer aan die doel van die hofsaak is nie om te sê dat Beloftebos se eienaars nié mag glo soos hulle verkies nie, maar dat hulle ʼn diens aan die publiek lewer en as hulle dít doen, moet hulle persoonlike geloof ondergeskik wees aan grondwetlike voorskrifte.

My vraag/stelling, wat om een of ander rede nie gepubliseer is nie, is dit:
Besef julle dat die MRK vra (lees weer!) dat persoonlike geloof ondergeskik moet wees aan grondwetlike voorskrifte..!!!

Ek het niks meer om te sê nie, en as jy dit mis gelees het, lees weer.

Talia ·

Ek wonder of hulle vir paartjies wat daar wil trou vra of hulle al seks buite die huwelik gehad het? Daai mense mag sekerlik ook nie daar trou nie. Persoonlik dink ek dat hulle homofobies is en wegkruip agter hulle Christenskap.

Dr. Rhoshe ·

Ek stem, Self paarties wat voorheen egbreek gepleeg het, ander gode dien of self toelaat nie in enige god glo nie. Wat van bruide wat skimpy sexy trou rokke het.
Belofte Bos se beginsels in skynheilig want hulle laat toe dat gay couples daar oornag.

Saartjie ·

Ek stem saam dat Beloftebos hulle beloftes moet behou, maar vra hulle paartjies voor hulle trou of hulle voorhuwelikse seks gehad het? Sonde is sonde.

Nico ·

Waarom nou die eienaars van Beloftebos aankla, elkeen het die reg om te besluit wie hulle daar wil toelaat.

Dr. Rhoshe ·

Baie Konserwatiewe Christene volg ‘n kieskeurige benadering tot die Skrif, en kies wat die beste by hul vooroordele pas, terwyl hulle ander tekste ignoreer. Sal Belofte Bos n troue van n Moslem of Hindu paartjie doen aangesien hulle voor n ander god buig of n paartjie van voorheen geskei is. Hierdie is commandments, wette van God vir Sy volk gegee het.
n Moskee mag weier om n Christian paartjie te trou omdat die Moskee as n plek van aanbidding geregistreer is en nie n besigheid soos Belofte Bos nie. Ek en my man het selfs baie amper by n Moslem trou venue getrou, ons was nie geweier op grond van ons leefwyse nie by hulle geloof pas nie.
Ons ook net altyd onthou at nie almal Christian is nie. En dat ons nie one geloof op mense kan dwing nie en moet oordeel as iemand nie ook soos ons is in God glo nie. As jy n besigheid het kan jy nie kliente weier omdat jy nie saam hulle lifestyle choices stem nie.

Mrs H ·

Moet nie sluit nie asb! Stig n club????
???? % ondersteuning vir julle Beloftebos… staan sterk in Jesus se naam en Sy Wil.

fs ·

Ek steun Beloftebos se beginsels 100%! Ek ontwerp en maak trourokke en is al verskeie kere genader deur selfde geslag paartjies, ek wys hul baie vriendelik van die hand – ek is net altyd vol bespreek sodra ek agterkom dit is dieselfde geslag paartjie. Ek vra altyd om die bruid en bruidegom te ontmoet by die eerste afspraak – dit help my om die paartjie te verstaan en hul behoeftes vir die troue in die ontwerp van die klere te inkorporeer. Dit druis absoluut in teen my beginsels en ek sal geen deel daaraan hê en geen geld uit dit verdien. Ek het ‘n God gegewe talent en mag dit nie aanwend waar die Bybelse beginsels en my Geloof vertrap word nie. Dan bly ek maar ‘n arm ontwerpertjie as dit die enigste manier is om geld te maak…..

Rose ·

Kan die mense asb net vir Beloftesbos uitlos, daar is baie groter kwessies wat geld, tyd en aandag behoort te kry. Voor die lawaai was ek nie eers bewus van n plek soos Beloftebos nie, so dankie vir publisiteit, sal gaan inloer daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.