Beloning van R1 miljoen ná transitoroof lewe van wag eis

Argieffoto

Die SBV-veiligheidsmaatskappy het ʼn beloning van R1 miljoen uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en vervolging van diegene wat betrokke was by ʼn noodlottige transitoroof in Kimberley.

ʼn Veiligheidswag van die maatskappy is dood toe rowers Vrydagoggend die geldwa aangeval en met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug het.

“Ek wil namens die maatskappy ons innige meegevoel met sy familie en kollegas betuig,” het Mark Barrett, uitvoerende hoof van SBV Services, gesê. Nog drie wagte is tydens die voorval beseer en word in ʼn hospitaal behandel.

“Behalwe vir die beloning sal SBV ook sy pogings verskerp om te verseker dat al die individue wat by hierdie aanval betrokke is, voor die hof gebring word sodat hulle die volle mag van die wet kan ervaar.”

Verskeie aanvallers het met swaarkaliber-vuurwapens en springstof op die geldwa toegeslaan.

“SBV sal geen aanval duld wat ons werknemers se lewe in gevaar stel nie. Ons boodskap aan hierdie misdadigers is duidelik, SBV sal al die nodige hulpbronne inspan en baie nou saam met die owerhede werk om hierdie misdadigers wat by aanvalle teen SBV betrokke is vas te trek. Ons sal seker maak dat die misdadigers wat by hierdie sinnelose en gewelddadige aanval betrokke was, aangekeer word en dat geregtigheid geskied.”

SBV het gesê hy kan nie verdere kommentaar oor die voorval lewer nie aangesien ʼn ondersoek aan die gang is en hy sy samewerking aan die polisie gee in sy ondersoek.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om SBV by 083 408 7029 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dorry ·

Dis waar. Nêrens word daar berig van die klomp SBV werkers wat twee weke terug 30 jaar tronkstraf gekry het vir hulle aandeel in ‘n transitoroof in 2020 nie.

Dorry ·

Dis waar. Nêrens word daar berig van die klomp SBV werkers wat twee weke terug 30 jaar tronkstraf gekry het vir hulle aandeel in ‘n transitoroof in 2020 nie.

Jaco ·

ALMAL weet dat ‘n voertuig wat só lyk, geld vervoer. Laai die geld in Pick n Pay sakke en vervoer dit in ‘n Hyundai Getz. Niemand sal weet dat dit eintlik geld is nie.

Kokerboom ·

Swaar kaliber wapens en springstof!!!!Hoeveel sulke onwettige wapens is in omloop. Springstof wat oor grense gesmokkel word! Weet SAP OOIT wat aangaan???!!!Waar is intelligensie eenhede? Dis om van bang te word! EN die President hou hom met beuselagtighede besig!!!

Francois ·

President sit en tel sy dollars op Phala en Cele hou wag daaroor

Jaco ·

Onder ANC bewind sal die doodstraf primêr teen wit mense toegepas word.

Cherokee ·

Dit is absoluut onverklaarbaar dat ‘n sisteem nog nie ontwikkel is wat die geld onbruikbaar maak indien die geldkaste oopgeforseer word. Die mens het al sowat ‘n halfeeu gelede maan toe gevlieg, maar ‘n stelsel om die geld te beveilig wanneer die kaste met dwang oopgemaak word, kan steeds nie gedoen word nie.

Andrea ·

My innige meegevoel met die familie, dit is werklik so hartseer dat een op so manier moet sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.