’n Tienjarige meisie is Sondagaand gedurende ’n skietery tussen vermeende bendelede in ’n Kaapse voorstad doodgeskiet.
Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring polisiebeamptes van die Mitchells Plain-polisiestasie en die plaaslike teenbende-eenheid het twee verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle reageer het op die skietery tussen twee mededingende bendes in Tafelsig. Die tienjarige meisie is tydens dié skietery noodlottig gewond.
Volgens Potelwa is een van die verdagtes (26) in Olifantshoekstraat in hegtenis geneem. Die ander verdagte (21) is nie ver van die toneel in hegtenis geneem nie, met ’n onwettige vuurwapen in sy besit.
“Albei verdagtes het sterk bande met plaaslike bendes,” sê Potelwa.
Daar is intussen ’n sterk polisieteenwoordigheid in die omgewing ingestel totdat orde herstel het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Die meisie noodlottig gewond, maar opskrif sê “Bendegeweld eis 10 jarige”. Lewe sy of wat nou? Onskuldige mense wat elke keer omkom in hierdie bendegeweld. Sterkte aan haar familie
Ja, nou lees dit reg.
Nog `n onskuldige persoon in die slag gebly. Jammer oor julle julle kind so verloor het.
Omdat Misdaad met handskoene aangepak word. Die Politieke amptenare is te bsng om.op te tree. Geen Politieke ruggraat nie. Weereens wszr is die MRK , o ekskuys is ‘n kind, nie Polities belangrik genoeg nie