Beperkingsbevel bekom teen polisiehoë Adeline Shezi

(Foto: SA Polisie)

Die Pretoriase hooggeregshof het vandeesweek ʼn beperkingsbevel ter waarde van R2,3 miljoen toegestaan aan die nasionale vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat (OD). Die beperkingsbevel is toegestaan kragtens artikel 26 van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.

Die beperkingsbevel is bekom teen lt.genl. Adeline Shezi, hoof van die SAPD se tegnologiebestuurdiens, haar susterskind en sakeman Tshepo Khoza, sy ondernemings Black Rebel Projects en Grey Apple Trading Enterprise, asook Shezi se suster, Mathilda Khoza. Die beperkingsbevel verbied ook Mathilda se man om op enige manier handel te dryf met realiseerbare eiendom tensy hy magtiging bekom om dit te doen, sê Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die OD.

“Die bates word beperk hangende die uitslag van die saak teen die beskuldigdes in die streekhof in Pretoria. Die beskuldigdes staan tereg op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery. Die saak is tot 4 Oktober 2021 uitgestel.”

Shezi het in 2015 ʼn eiendom aangeskaf, dit gedeeltelik platgeslaan en laat herbou volgens haar spesifikasies. Die opknappingswerk beloop R1 677 573,47. “Omdat sy nie genoeg geld gehad het nie, het ʼn diensverskaffer van die SAPD, Jerenique Bayard, ʼn betaling van R793 059,75 gemaak vir die opknappings. Tussen 31 Maart 2015 en 2 Julie 2017 is tenders aan Bayard se maatskappy toegeken ter waarde van R6 146 289,85. Die finale goedkeuring vir die toekenning van dié tenders is deur Shezi behartig.”

Die opknappings is ook gefinansier deur onwettige fasilitering van goedkeuring of aanbeveling van kontrakte aan Black Rebel en Grey Apple. Die waarde van die kontrakte is verhoog en die proses gemanipuleer om seker te maak dat Black Rebel en Grey Apple die kontrakte ontvang. “Hulle het sowat R962 250 ontvang weens die misdadige aktiwiteit toe twee kontrakte, ter waarde van R486 000 en R476 250 onderskeidelik aan die twee maatskappye toegeken is.”

Tshepo en/of sy maatskappye het uit die bedrag van R962 250 ook bygedra tot die opknappingswerk.

Mathilda het ook ʼn bedrag van R162 000 van Black Rebel en R50 000 van Grey Apple ontvang. Mathilda het op haar beurt R211 000 vir die opknappingswerk bygedra.

Die waarde van die voordeel wat die beskuldigdes ontvang het, beloop R2 368 307,74.

“Die keringsdatum vir die bevestiging van die beperkingsbevel is 7 Desember. Die saak vorm deel van ʼn groter ondersoek deur die OD na korrupsie by die SAPD se tegnologiebestuursafdeling. Nog klagte sal waarskynlik teen Shezi en ander aanhangig gemaak word, het Seboka bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johanncb ·

Nog nóóit was daar soveel miljoenêrs in ons staatsdiens nie – en níe één weet hoe om met geld te werk nie!

Spookasem ·

They know how to work with money, albeit on the ‘sly’….

Mariana ·

Dit is skrikwekkend oor hoe hierdie mense met geld werk, maar dit is seker ook lekker om met ander se geld te woeker vir jou eie voordeel. Hoop nie die saak loop ook weer dood nie.

Strandloper ·

Wens iemand wil n slag die hoed wannabe famous gemors ondersoek!

Spookasem ·

He is already implicated in corruption… But he obviously (like Zuma) knows so much about everyone else’s corruption deeds that he will (like Zuma) never get his day in court.

Casper ·

Net ‘n simpel vraag aan Ramoie.Hoeel polisie hoës is nou al by bedrog ,korrupsie,geldwassery en rampokkery betrokke onder die bewind van hoedman en nog steeds sit hy in sy pos en belstinggeld mors met sy vet salaris en ander byvoordele.Kan Rampie nie sien hy is useless nie.Alles in die SAPD stort in duie onder sy bewind.

Jack ·

Wonder hoeveel korrupte hoes is daar nog. Lyk my hulle beklee net hoe poste in die land. Dalk gaan sy saam met zuma en sheik golf speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.