‘Berugte misdadiger’ eindelik gevonnis

Phelo Mtala. Foto: SAPD

Die berugte moordenaar Phelo Mtala wat meer as twee jaar gelede ontsnap het toe hy doodluiters uit ’n hof in Kaapstad gestap het, is gevonnis.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG in die Wes-Kaap, sê Mtala is Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad twee lewenslange vonnisse en ’n verdere 46 jaar tronkstraf opgelê.

Die Wes-Kaapse regter-president, John Hlophe, het Mtala skuldig bevind op drie aanklagte van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, kwaadwillige saakbeskadiging, die onwettige besit van ’n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.

Dié vlaag ernstige misdade het in 2016 in die omgewing van Gugulethu begin en eers met Mtala se inhegtenisneming in 2019 tot ’n einde gekom.

AO Joseph Swartbooi, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, sê verslae wat vroeër as getuienis by die hof ingedien is, dui daarop dat Mtala al verskeie mense sedert 2014 vermoor het. Hy is egter vrygespreek weens ’n gebrek aan bewyse.

“Die verdagte het voortgegaan om verskeie slagoffers dood te skiet en die families van die slagoffers te dreig totdat hy in 2019 weens die besit van dwelms in hegtenis geneem is.”

Mtala het daardie jaar uit aanhouding ontsnap toe hy doodluiters uit die Wynberg-landdroshof in Kaapstad gestap het. Hy is net meer as drie weke later weer in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marius ·

Sien jou more weer op straat 1 aand se gratis ete wat ons sal betaal as jy langer sit as zuma sal ek jammer se

Casper ·

Vrygespreek weens ‘n gebrek aan bewyse.Dit dui op patetiese ondersoeke.

Hennie J ·

Dit is goed so. Laat hom verrot agter tralies. Wat my pla is wie die regter is. Is die man nog bevoeg om sake aan te hoor of is dit n streek om die misdadiger se verhoor ongeldig te verklaar en te laat vry loop?

Willem ·

Doodstraf sou beter wees maar anc beskerm hul boeties.Binnekort is hy uit op parool!!!

Marcello ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n gevangene net doodluiters uitstap uit die hof uit, hulle word dan vervoer vanaf die tronk na die selle onder die hof, en dan word hulle opgebring sodra hulle moet verskyn…. ek ruik ‘n rot.

JM ·

‘n Algemene traagheid en kan-nie-‘n-flenter-omgee-houding onder te veel wetstoepassers; dié dat die land in so ‘n gemors is. Geen werktrots nie: wat is dit? Solank ek net my salaris aan die einde van die maand kry. Mag die Here vir ons uitkoms gee!

modiglianigirl ·

Dit is nie tegnies ontsnap as jy noodluiters by die deur uitstap en wegloop sonder om oor jou skouer terug te kyk nie. Dít is gebrek aan bevoegde aanhouding.

Swerwer ·

Belaglik, nie lank nie dan loop hy weer op straat. Solank die ANC aan bewind van hierdie land is/bly sal daar nooit wet en orde kan wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.