Beseerde weermaglid ‘steeds kritiek’

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Africa Aerospace and Defence/Facebook)

Die weermaglid wat verlede maand tydens ʼn oefening by die jaarlikse lugskou by die Waterklooflugmagbasis beseer is, is glo steeds in ʼn kritieke toestand weens die aard van sy beserings.

Só het brig.genl. Siphiwe Dlamini, woordvoerder vir die weermag, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

“Die lid het al verskeie operasies ondergaan op die plekke waar hy ernstige beserings opgedoen het – naamlik sy kop en pelvis. Hy reageer goed op behandeling, maar is steeds in ʼn kritieke toestand aangesien dit sensitiewe plekke is,” het Dlamini gesê.

Hy wou uit respek vir die lid en sy familie se privaatheid nie enige verdere inligting oor die aard en omvang van sy toestand verskaf nie, en kon ook nie aandui of hy steeds in die hospitaal behandel word nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die lid tydens ʼn gekoördineerde oefensessie vir die Africa Aerospace and Defence-skou geval en hoofbeserings opgedoen het. Hy is met ʼn helikopter na die Montana-hospitaal vir gespesialiseerde behandeling deur neuroloë geneem.

Dlamini het nie Dinsdag op navrae gereageer oor wat presies skeefgeloop het en of die weermag die voorval ondersoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie ·

Jammer om van onbewkaamheid te hoor.Dis nie n job vir sussies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.