Beskermingstoerusting vir KZN-skole ‘verdwyn’

(Foto: AP Photo/Francisco Seco)

’n Groot hoeveelheid persoonlike beskermingstoerusting (PPE) wat vir skole in Umlazi, in die Pinetown- en Zululand-distrik in KwaZulu-Natal bestem was, het weggeraak. Dié toerusting is miljoene rande werd en het glo onderweg na die kantore en skole in die distrik verdwyn.

Die toerusting is bedoel om skole in staat te stel om die nodige veiligheid- en gesondheidsmaatreëls te implementeer om die verspreiding van Covid-19 te verhoed wanneer skole weer oopmaak.

Kwazi Mshengu, die LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, sê die verdwyning van die toerusting kniehalter die planne om skole in die distrik voor te berei vir wanneer hulle eerskomende Maandag weer moet heropen.

“Om hierdie toerusting te vervang, gaan die departement miljoene rande kos. Dit is geld wat die departement nie het nie,” sê Mshengu.

Mshengu het die provinsiale hoof van die onderwysdepartement  versoek om dringend ondersoek in te stel na die verdwyning van die toerusting.

Nog geen verdere inligting is bekend oor wat presies met die toerusting gebeur het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Althes ·

Gewetenlose skelms. Net as ek gedink hetniks kan my meer skok nie.

Willem ·

Glo nie n woord nie dis beplan sal wel uitkom teen n prys. Die klomp is skelm

Willem ·

Goed verdwyn nie sommer net nie. Daar is seker voor betaal maar nooit gelewer nie

koos10 ·

“Verdwyn” beteken dit bestaan nie meer nie, wat ‘n mooi woord vir DIEFSTAL.

minnie muis ·

ja die kaders het inside information gekry……. want wie het geweet waar word dit geberg ……… die skelm werk vir department

Jeeper ·

Kyk op BidOrBuy of een van daai plekke. Amper seker ‘n ANC kader sal dit daar verkoop.

koos10 ·

So alte nou gelees dat die president van Zimbabwe se seun en sy lyfwag betrek word met korupsie aangaande die PPE’s daar. En KZN en Zimbabwe is nie so ver van mekaar nie.

TO ·

Net so sal die kospakkies ook verdwyn. Dis nou maar die norm in hierdie land

Jacobus ·

Nou Mr Ramaphosa, vra nou weer die rede vir ongelykheid. Ons skud net ons gesamendlikke koppe.
En soos in die laaste dekades is dit weer die armes wat aan die kortste end trek.

Francois ·

Gaan ondersoek van die personeel of unie lede vir die verdwyning ook want dit is hulle wat enige iets sal doen om nie terug te gaan werk toe nie. Vertragings tegniek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.