Beslag gelê op Markus Jooste se bates

Markus Jooste. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die Reserwebank het begin om op bates van Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, beslag te lê nadat ’n hofbevel in die verband bekom is.

’n Ex parte‑bevel is in die hooggeregshof in Kaapstad toegestaan waarna die Reserwebank dit Dinsdag uitgevoer het.

Miljarde rand se bates, waaronder Jooste huis in Voëlklip en die Stellenbosse wynplaas Lanzerac, is op beslag gelê. Ander bates waarop beslag gelê is, sluit in duur kunswerke, voertuie, finansiële bates en lenings, asook ander roerende eiendom.

Die hofbevel gee die balju ook die mag om dokumente en ander items te deursoek vir bewyse van boekhou-onreëlmatighede.

ʼn Reuseskandaal het Steinhoff in 2017 getref toe die maatskappy ondersoek is vir beweerde bedrog en gapings van soveel as R101 miljard in sy rekeninge gevind is.

Die maatskappy, gesetel in Suid-Afrika, is in Frankfurt en Johannesburg genoteer en byna 98% van sy aandeelwaarde is uitgewis nadat tientalle hofsake deur aandeelhouers en sakevennote, ook voormalige voorsitter Christo Wiese, aanhangig gemaak is.

Die gedragsowerheid vir die finansiële sektor (FSCA) het Jooste vroeër ʼn boete van sowat R161 miljoen opgelê vir oortredings wat verband hou met die Wet op Finansiële Markte. Hy het egter suksesvol daarteen geappelleer en dit is vir heroorweging terugverwys.

Die Johannesburgse aandelebeurs het Steinhoff in Oktober 2020 met R13,5 miljoen beboet omdat hy die noteringsvereistes oortree het deur “vals en misleidende” inligting te publiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

RomeoTangoGolf ·

Hy gedra homself soos ‘n “untouchable”, tyd sal vertel.

Marcello ·

Seker nie in sy leeftyd nie, hy is mos “untachable”……

Hennie Biebouw ·

‘n Mens verwag sulke laakbare gedrag van die Zuma’s van ons samelewing. Hierdie perd het van beter geweet, maar gedink hy is slimmer as almal. Steinhoff het basies die Enron besigheidsmodel gebruik…..Vir Jooste het ek géén simpatie nie…

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy het die meeste van ons pensioenfondse groot skade berokken.

Alida ·

Ja, dit het, en hy het dit aan Jooste of een van sy maatskappye verkoop, maar Wiese is met Steinhoff-aandele betaal. Dus het hy Lanzerac eintlik verniet weggegee.

ES ·

Nou gaan gaan die weduwee se kruik opdroog… Hy kry wat hom toekom. Ons pensioenfondse se waardes het halfveer vandat Steinhoff geval het. Ek voel geen jammerte vir daardie skelm nie.

Hennie Biebouw ·

Mens wonder waarom die groot fondsbestuurders emt die enorme jaareind bonusse, nie verantwoordelik gehou word vir dié verliese nie. Dis veral Sanlam se plaforms wat geraak was,

Grassie ·

Ek wonder waarom daar 5 jaar gewag is voor daar toegeslaan is.

Shakespeare ·

Die gemors het miljoene dollars oorsee gebêre. Hy is nie ‘n dom krimineel nie.

Alida ·

Die vraag is, hoe gaan hy die oorsese miljoene in die hande kry om daarvan te lewe? Ek glo die RB sal op die uitkyk wees vir geld wat die land ingebring word deur Jooste, en hy mag nie die land verlaat om geld daar te gaan haal nie. En die RB het ook op sy seun se bates beslag gelê, dus sal hulle die seun se rekeninge ook dophou.

LANA is ELANè ·

En hoeveel daarvan is nie al lankal op ander plekke en by familielede verdoesel nie? Terwyl van die aandeelhouers in armoede gelaat is na die vraatsigheid van Jooste en kie.
Sies man, hierdie skelms is slimmer as die houtjie van die galg en stap nooit kaalgat weg van hul buit af nie! Al gaan sit hulle ñ jaar of drie in die tronk, stap hule steeds skatryk daar weg!

Wondermaarnet ·

Ek het ook al gewonder hoeveel van die geld is in ander familielede se name oorgeplaas.

Prikkie ·

Enigste rede hoekom hy in die moeilikheid is, is omrede hy nie met die regte mense gedeel het nie.

Hennie Biebouw ·

Ek is seker hy het meer as genoeg verskans in die name van familielede en dies meer om steeds baie beter as enige van ons te leef…, maar heelaas vermoed ek hy sal waarskynlik dieselle pad volg as so baie ander kriminele lafaards…John C. Baxter…Herman Pretorius en dies meer…
Tyd sal leer.

piet ·

Ek raak sommer naar as ek sien hoeveel geld sommige mense het en dan is hulle nog skelm ook om NOG meer te kry. Sal dit nooit verstaan nie.

Piet parys ·

Hulle sè as mens lood vergiftiging opdoen is dit n genade dood vir die tipe van mense wat dink hulle is onaantasbaar .

KB ·

Daar’s nog ʼn paar Steinhowers wat nog vry rondloop. Gaan krap gerus in die Stellenbosch mafia se boeke…

Eclectus ·

Wiese is nie ‘n slagoffer van Jooste nie maar van sy eie besluite. Whitey Basson het hom teen Jooste gewaarsku.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.