Besope man val 30 m in stormwaterskag

Nooddienspersoneel sukkel om ‘n man uit ‘n stormwaterskag te haal. (Foto: Rusa)

Vriende van ʼn besope man moes Saterdagoggend inderhaas hulp ontbied toe hy hom misgis en meters ver by ʼn stormwaterskag af geval het.

Volgens beamptes van Reaction Unit South Africa (Rusa) was die drie vriende net voor 10:00 op pad terug huis toe van die sakegebied van Verulam in KwaZulu-Natal, waar hulle ʼn krat bier gekoop het. Een van die drie, wat skynbaar reeds die bier ingevaar het, het besluit om ʼn tak langs die pad af te breek en deur die krat te vleg sodat hulle dit makliker kon dra.

“Terwyl hy na ʼn gepaste tak gesoek het, het hy in die stormwaterskag beland en 30 m ver geval.” Die stormwaterpyp is tussen die Ou Hoofpad en die R102 in Verulam geleë.

Sy vriende is na Rusa se kantoor en dié het hulle na die toneel gevolg. “Beamptes kon met die man in die pyp praat en hy het gekla dat sy bene baie seer is. Kort daarna het eThekwini se brand‑en‑reddingsdienste daar aangekom en ʼn tou met ʼn harnas aan in die pyp laat afsak.”

Die man is uit die skag gehaal en het net matige beserings opgedoen. ʼn Ambulans het hom hospitaal toe geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SjN ·

Slim het sy baas gevang, seker nugter na die val, as hy geld het om te drink kan hy seker die reddingskoste betaal.

madels ·

Ek glo nie hy was meer dronk toe hy daar ingeval het nie! Bly hy is ok

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.