‘Besope’ weermaglid in militêre hof gestraf

Skermgreep uit die video.

ʼn Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat vroeër vandeesmaand in ʼn video ooglopend dronk in die openbaar was, is verlede week deur ʼn militêre hof skuldig bevind aan wangedrag. Hy is nou ook sy rang kwyt.

Maroela Media het vroeër berig dat beeldmateriaal van ʼn besope weermaglid, geklee in volle uniform, wyd op sosiale media gedeel is. Die betrokke lid was na bewering sedert 27 Julie sonder toestemming van sy eenheid afwesig.

Militêre polisiebeamptes was kort nadat die video aan die lig gekom het op die lid se spoor.

Volgens brig.genl. Mafi Mgobozi, weermagwoordvoerder, het die militêre polisie kpl. PN Ngcobo op 21 Augustus by die Thaba Tshwane- militêre basis in Pretoria vasgetrek.

“Ngcobo het verlede week voor ʼn militêre hof verskyn en is kragtens die militêre dissiplinêre kode skuldig bevind aan wangedrag,” het Mgobozi gesê.

As straf is hy gedegradeer van korporaal na onderkorporaal.

Genl. Rudzani Maphwanya, hoof van die weermag, asook die weermagbevelsraad, het gesê dat die weermag nie swak dissipline in sy geledere gaan duld nie en ingrypende stappe sal doen teen enige lede wat die weermag se gedragskode oortree.

“Daar word van weermaglede verwag om ten alle tye met die nodige dissipline op te tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Kosie ·

Hulle moes hom afgedank het dit is n klad op die weermag, maar nou ja die hele weermag is in n gemors wat verwag mens anders.

Danie ·

Is dit nou veronderstel om n straf te wees. ASB!! Dit moes onmidellike ontslag wees. Hoe kan jy in een sin noem dat sulke gedrag nie geduld sal word nie en die volgende word jy saggies oor die vingers getik.

Persheks Adri ·

Belaglik! Dronkaard in die straat en sy rang is gedegradeer. Pateties regtig verdomp pateties

Misky ·

Hy was vir byna ‘n maand weg (awol) en niemand geweet waar hy is nie. So wat het hy in daai tyd gedoen en aan wie gerapporteer of in diens gewees? Maar glo my, hy kry sy volle salaris, waarvoor EK en JY betaal!!!

Stoffeltjie ·

Ai siestog. Een kerf? Dit is verskriklik boos van die Weermag om dit aan die arme bloedjie te doen. Hulle kon ons belastingbetalers se hartjies gestreel het deur hom sommer pleinweg af te dank. Daar is hordes mense wat smag na werk.

Niklaas ·

En volgende maand is hy sommer Staf Sersant. Dis die groot probleem in hierdie land. Baie strawwe is ‘n grappie vir soveel skuldiges. Daar moet hard geslaan word met tugmaatreels as afskrik middel teen herhalings hiervan.

Pieter ·

Die land is n grap die tyd toe ek in die weermag was sou jy reguit db toe gegaan het.

Se maar net ·

Hulle moes nie net sy rang gestroop het nie maar ook oneervol ontslaan het uit die mag uit. Hy verdien nie om nog in uniform te wees nie.

JohanR ·

Nee wat…..as ek soe dronk by die werk aangekom het, of op kamera/social media afgeneem is sou my werkgewer goodbye gese het. Maar in dir ANC se Suid Afrika is dit “different strokes for ANC folks!”

melW ·

In ons oud Weermag was hy dadelik DB en gekrygsraad en ontslaan. Dit is skokkend, daar is geen dissipline meer nie. Dis ń grap.

Elinette ·

Dit was toe die Weermag nog die WEERmag was (wat terloops teen hulle geveg het).

Maggies ·

Wat ‘n grap! In ‘n normale besigheid soos supermarkte sou dit onmiddellike afbetaling wees. Nou moet ons verwag dat die weermag ons moet beskerm.

Prikkie ·

Die baret op sy kop lyk soos ‘n seven single wat te lank in die son gelê het LOL

Androclus ·

Lekker lag ek nou,wat vir ‘n ding is ‘n seven single asb.

Elize ·

Androclus ‘n seven single is waarop slegs een liedjie vasgelê is. Aan beide kante was slegs een liedjie en het jy dit op die platespeler gesit om te luister. Nog voordat CD’s die lig gesien het. Gaan google dit bietjie dat jy kan sien hoe dit lyk

Vonkprop ·

Wow, wat ‘n straf. Die man het sekerlik sy les geleer met hierdie uiters streng straf. Belaglik man

Hennie J ·

Die woorde ‘nie swak dissipline sal duld nie en ingrypende stappe sal doen…….’ is blykbaar nie van toepassing op our people nie of die weermag het so n tekort aan lede dat die aksies verskoonbaar is.

casper ·

Ja – nee — Geen dissipliene — Vanaf Generaal na Brigadier neem ek aan

Dup ·

Die woord DISSIPLINE kom nie in sekere mense se woordeskat voor nie….

Androclus ·

Dis seker omdat hulle nie die woord DISSIPLINE kan skryf of spel nie.

Elinette ·

Nou wanneer word daai SAW-lid wat die vrou trompop geskiet het in haar maag, n.a.v. ‘n padwoede-voorval so ‘n paar jaar gelede, dan verhoor en gestraf?

Pieter ·

Die lid moes onmiddeelik oneervol ontslaan gewees het. Sy optrede het die hele weermag in ‘n swak lig gestel!!

christo ·

Waar is die dae van ‘DB’ ( detensie barakke) vir die sogenaamde soldaat? Dienspligtiges het destyds ‘n swaarder straf gekry om AWOL en dronk te wees.

Peach ·

Ek stem nie saam met wat Kpl Ngcobo gedoen het nie en ja, hy moet aanspreeklikheid aanvaar vir sy dade en die gevolge daarvan dra maar, hy is ‘n betroubare/hardwerkende werker en ‘n baie netjies mens. Was op ‘n stadium saam met hom by dieselfde eenheid en, ken die “nugter korporaal” persoonlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.