Video: ‘Besope’ weermaglid nou soek

Die weermag het die lid se gedrag veroordeel en sê die man is in hierdie stadium soek. (Foto: Skermgreep/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hy is op soek na ʼn lid wat in ʼn video op sosialemediaplatforms “ooglopend dronk” in die openbaar is.

Die video van die man wat oënskynlik net té diep in die bottel gekyk het, is die afgelope paar dae wyd gedeel.

“Die weermag veroordeel sulke skandelike gedrag van ons lede onomwonde omdat ons die militêre uniform as ʼn belangrike bate beskou,” lui die verklaring.

Volgens die weermag is die presiese datum en tyd van die voorval nog nie vasgestel nie, maar hy werk nou saam met die Tshwane-metropolisie om alle besonderhede daarvan vas te stel.

“Die weermag kan bevestig dat die lid in die video as een van ons lede geïdentifiseer is en dat hy sedert 27 Julie vanjaar sonder toestemming van sy eenheid afwesig is. Militêre polisiebeamptes werk sonder ophou om hom te vind en te verseker hy word aanspreeklik gehou.”

Die weermag sê voorts dié soort gedrag kan nie van enige van sy lede geduld word nie.

“Sodra die lid in die video opgespoor word, sal hy voor ʼn militêre hof verskyn omdat hy sonder verlof afwesig is, asook vir dronkenskap.”

Genl. Rudzani Maphwanya, hoof van die weermag, asook die weermagbevelsraad, het weermaglede wat die organisasie ʼn slegte naam gee en oneervolle gedrag in die openbaar toon, ook berispe.

Maphwanya het soldate streng gewaarsku dat die weermag nie swak dissipline in sy geledere gaan duld nie en ingrypende stappe sal doen teen enige lede wat die weermag se gedragskode oortree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Misky ·

Geen respek vir die land of hulself nie. Sommiges het morele en waardes, andere geensins nie.

twaalfboor ·

Adri, die ergste is dat ñ vroue offisier van die weermag die spektakel aanskou en niks daaraan doen nie. Hoe is die “korporaal” skielik soek as twee metro polisie beamptes hom dan beetgehad het? Of dalk wou hulle hom net veilig oor die pad gehelp het.

Persheks Adri ·

Vra dit twaalfboor ek verstaan nie die skepsels se denkwyse nie werklik ek doen nie… Dit was beslis nie in die ou dae so nie

Tjom ·

Maar hoe nou? Metro hou dan die ding aan sy pols vas. Het hulle hom laat gaan?

Anton ·

Ek dink die SANDF is useless maar dis nie of daar nooit ‘n dronk soldaat in die ou dae was nie :-)

Bigshow ·

ja daar was dronk soldate maar NIE in publiek en daar was gevolge as jy so n spektakel van jouself gemaak het…..

Tiptol ·

Nie in uniform nie. Jy was trots op jou uniform en jou land

Deon ·

Al die af duime was nie daar nie!!! Amper elke oomblik wat jy af was het jy gedrink, my ondervinding was daardie tyd vanaf die kolonel tot ons as troepe.. Jammer, maar dit is waar… Daar was selfs “formele etes” gereel, waar wyn kraffies in die ronde gestuur was, al om die tafel…. Die bier was ook goedkoper as koeldrank. Ja, daar was n reel 2 biere per persoon per dag, dit was net alles vir die skyn….. Af duime, gaan kry julle feite reg.

Nick ·

Ja hulle het hom gehad. Maar soos ons maar weet daar is bitter min wat jy nie met ‘n streetwise 2 en ‘n coke kan regkry nie. Hierdie piesang republiek moet net hoop Lesotho besluit nie om ons aan te val nie.

Marius ·

Is dit die tipe mense wat my moet bskerm in die land ? Ek bskerm myself eerder dan weet ek , ek is veilig. Hy kan homself nie eers beskerm nie nie . Siestog die kader mense darem .

Snowball ·

Korporaal Magou. Dis die dag toe hy gehoor het hy word ontplooi in Phoenix die volgende dag.

JohanR ·

Dink ‘n dronk weermag lid is die minste van die weermag se probleme! Miskien omdat hy in die nuwe Suid Afrika se weermag is drink hy. Hy het in 1994 nie aan drank gevat nie!

Sandra ·

Maar die polisie is dan om hom. Hoekom het hulle hom nie of van die straat af gevat terug na sy eenheid nie, of hom gearresteer nie?

Anoniem ·

Wel die weermag is beslis nie meer wat dit 20 jaar gelede was nie.
Daar is nie meer waardes en respek nie. Trots bestaan lankal nie meer nie.

Dries ·

Wanneer trots nie in jou ingedril word nie,en jy ook nie met respek na jou bevelskirps kan kyk nie,is n weermag gedoem tot rubbish

Kokkie ·

Wel, as hogere weermagtannie-offisiere met hulle uniforms en pantoffeltjies mag ‘shopping’ doen, kan dié ou seker maar ietsie vat vir die ‘sienewies’.

Porseleintjie ·

Verseker beskou ek ook die uniform in hierdie geval as n bate.

Chris dupreez ·

Hoekom het die vroue offisier van die weermag wat daar is niks gedoen, sy moet ook aangevat word

JohanR ·

Is daar ou Rhodesie manne of die forum wat DB in Bulawayo kan onthou? Ek was nooit darem persoonlik daar nie, maar net om van die plek te hoor het jou koue rillings gegee. Dink nie die ou sal in DB opeindig nie, as daar ooit soe ietsie in die SA Weermag is?

Willem ·

Ek weet daar wás jare gelede toe ek my basies gedoen het ‘n DB en net die noém van daai plek het mens met vrees vervul. Ons was banger vir die DB as vir die vyand.

Vonkprop ·

Nou hoe is die maat al weg vanaf 27 Julie? Doen die weermag nie meer inspeksies nie of werk hy ook nou van die huis af? Al wat hom regop hou is die ruggraat van die uniform.

Blomme ·

En so is Suid Afrika se dissipline en trots die afgrond in!!

DIABLO ·

Wel, wat verwag jy met n regering soos SA s’n. Almal is gesuip

Realis Thailand ·

Sulke mense gee die wwermag n slegte naam
Die hele weermag bevelsraad van die Hoof van die weermag gee almal die weermag n slegte naam
Dit is n algehele klomp “misfits” in die weermag

Frank John ·

Baie in die nag drink en raak gesuip. Word net nie op video vas gevang nie en ook nie op social media verspy nie.

Danie ·

Wat n grap.
Daar is nie n manier wat hy skuldig bevind kan word aan dronkenskap sonder bewyse nie.
Die gewone verskoning oor sterk medikasie wat hy geneem het vir verkoue sal die knoop deurhaak.
Die sandf is niks anders as n werkskepper vir mense wat te sleg is om iewers te kom in die siviele lewe.

melW ·

Mis ek nou ons ou Weermag toe dissipline en imbors ń trots was. So iets sou jy NOOIT gesien het nie! Skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.