Bestuurders van twee restaurante vas oor drank  

(Argieffoto: pixabay)

Die bestuurders van twee restaurante in onderskeidelik Sandton in Johannesburg en Silverton in Pretoria is die naweek in hegtenis geneem nadat daar glo drank aan klante verkoop is.

Restaurante mag ingevolge die aangepaste vlak 3-afsonderingsregulasies nie drank verkoop nie.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het misdaadintelligensie inligting ontvang dat ʼn restaurant in Wesstraat in Sandton drank aan klante verkoop waarna polisiebeamptes Saterdag tydens ʼn klopjag op die perseel toegeslaan het.

“Die restaurant was op volle kapasiteit en daar is gevind dat alkohol openlik op die tafels bedien is en dat gesondheidsprotokolle nie nagekom word nie.”

Twee van die restaurant se bestuurders is in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hulle die Rampbestuurwet oortree het. Daar is op alkohol ter waarde van R600 000 beslag gelê.

Intussen was die polisie in Silverton, in die ooste van Pretoria, Vrydagaand ná die aandklokreël van 21:00 met roetinepatrollies besig toe hulle opgemerk het dat motors by ʼn gewilde franchise-restaurant geparkeer staan.

“Beamptes het ondersoek ingestel en gesien daar is sowat 11 mense wat alkohol op die perseel drink. In die stoorkamer is daar op alkohol in ysbakke afgekom wat gereed was om bedien te word. Die bestuurder is in hegtenis geneem vir die oortreding van die Wet op Rampbestuur.”

Foto: SAPD

Volgens Masondo is meer as 162 mense oor die naweek in Gauteng in hegtenis geneem omdat hulle die aandklokreël verontagsaam het terwyl 34 mense in hegtenis geneem is omdat hulle geweier het om maskers te dra nadat hulle beveel is om dit te doen.

Intussen is daar ook multidissiplinêre operasies oor groot dele van die provinsie uitgevoer. In Alexandra is 540 mense vir verskeie misdade in hegtenis geneem. “Meer as 540 mense is in Pretoria en Ekurhuleni in hegtenis geneem. In Sedibeng is 290 mense in hegtenis geneem.”

Genl.maj. Tommy Mthombeni, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het gesê daar is kommer oor mense wat steeds voortgaan om die regulasies te verontagsaam. “Operasies om die regulasies toe te pas sal in die provinsie verskerp word, solank mense dit nie nakom nie”, het Mthombeni gesê.

Die verdagtes wat in hegtenis geneem is sal Maandag in landdroshowe reg oor die provinsie verskyn terwyl van die verdagtes reeds op waarskuwing vrygelaat of beboet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Werner ·

Maar taverns en nedersetting word nie aangeraak nie want die poliesie is bang vir inwoners en reels geld net vir sommige gedeeltes van die regering

Francois Le Cochon ·

Ek lees verskeie sjebeens is oor die naweek toegemaak en die drank gekonfiskeer. Ook mense in hegtenis geneem in nedersettings wat konkoksies verkoop.

Harry ·

Dankie Francois. Dis tyd dat ons gebalanseerde terugvoer gee. Die probleem is mense wat hulle self ag hoer as die gemeenskap. Reels is reels.

Andre ·

En watter van die reels is wetenskaplik bewys? Nie die waarvan gesê word “daar is verskeie voorbeelde” nie.

Cindy ·

As iemand wat permanent moet luister na die gedreun van die tavern so seker 8km van my huis af, kan ek getuig dat dit wel toegemaak word. Die stilte is eintlik vreemd

Hennie J ·

Baie geluk hoedman, jou chronies het n geweldige deurbraak gemaak in die bekamping van misdaad in piesangland.

Anel ·

Die mense het niemand gepla nie. Probeer kos op hulle families se tafels sit. Het ook rekeninge om te betaal. Polisie het op ‘n stadium een week aan en een week af gewerk, so twee weke uit die maand en volle salaris gekry. Hoeveel duisende mense verloor nie of het al hul werk verloor nie agv van hierdie sinnelose regulasies nie? Pleks gaan vang hulle ware kriminele. Maar nou ja, sagte teikens is mos makliker. En wst gaan met daardie R600 000.00 se drank word wat hulle vat? Ek het gedink die grondwet maak voorsiening daarvoor dat mense die reg het om die werk te doen wat hy wil en dat hy die reg het om vir homself te sorg. Nou vat die regering daardie reg weg sonder om ‘n alternatief te gee. So wie is nou eintlik verkeerd? Net soos skole. Kinders het die reg om skool te gaan en te leer, nou word dit hulle ontneem. Vir hoe lank wil die spul met die gekheid aanhou?

Anthony ·

Die 600 00.00 se drank word by sy brother from another mother se tavern afgelaai in die townships waar hulle dit saam geniet

Francois Le Cochon ·

As jy ‘n wet oortree, word daar nie gekyk of jy iemand gepla het nie, Dwelm vervaardigers vervaardig ook dwelms in hul huise om kos op hulle families se tafel te sit. Hulle pla niemand nie, tog word hulle ook in hegtenis geneem deur die polisie.

johanf ·

Sekere regte verander in ń “State of Disaster”, daarom verleng hulle hom rlke keer, meer mag.

Hydi ·

Haloooo!!!!! Ons bevind ons in ‘n pandemie. Dan is daar ander reëls.
Pfffft

FranWilder ·

As ons maar net so streng kan optree teen regte misdaad.

Genis ·

Misdaat in die Pretoria Moot omgewing het ge-eskaleer… Want ons moet 21H00 ingehok wees, en die skelms loop in die strate rond en breek in… O ja so terloops sien n SAPD voertuig patroleer en wen n nuwe Datsun…

Casper ·

Anel,jou kommentaar maak goeie “comic” uit.As jy jou kind skool toe stuur en hy of sy doen die virus op is dit die regering se skuld.As mense by restauranteur sit en suip en hulle doen die virus op is dit die polisie wat nie die aanklokreël toepas nie.Hoekom hou hulle nie by die regulasies nie.Die regulasies is daar om die pandemie te keer en nie ‘n strafmaatreël nie.Kom ons as publiek doen ons plig wat van ons verwag word en niemand gaan gearresteer word nie.Diegene wat gearresteer is kan net hulleself blameeer

Piet ·

Dankie vir jou kommentaar. Ons moet inval by die regulasies. Polisie het goed gedoen hier, pluimpie vir hulle.

domheks ·

‘our people’ kry nie regtig boetes nie, net die ander. Wil graag soos malema weet watter ‘ras’ die meeste die virus opdoen. Want ek sien in inkopiesentrums ons mense gedra hulle meestal, maar die ander??

Francois Le Cochon ·

Jy versprei fopnuus, Nioleen. As jy dalk van ‘n geval weet, kan jy nie veralgemeen nie.

Jaco ·

Sandton en Silverton. So hoogs waarskynlik besighede met wit eienaars. Ek kan verstaan dat wit besighede deur inperking seker “moet” seergemaak word, want ramaphosa het ‘n paar maal reeds gesê inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. Vandaar ook die sluit van amper alle strande, dan kry gastehuise en ander toeriste besighede in wit besit ook swaar.
Maar wat van sulke besighede in swart besit? Hulle ras is dan klaar “reg”, so dis onmoontlik dat hulle deelname aan die ekonomie die ekonomie “ongelyk” hou. So waarom moet hulle toe wees, swaar kry ens? Vir watse apartheid word hulle dan “gestraf”?

Francois Le Cochon ·

Ek gaan eet graag by Halaal restaurante. Eastern Bazaar in Kaapstad is my gunsteling. Hou van kerrie geregte, en Halaal restaurante is eintlik goedkoop. Hierdie restaurante bedien geen drank nie, tog maak hulle ‘n baie goeie bestaan.

Sêmanet ·

Wat my meer bekommer is, waar kry hul nou die mankrag om strate en eetplekke dop te hou? Ek dag almal is op “strand” diens.

Tsek! ·

Gaan maak bietjie n draai in die townships….daars nie een Shibeen wat toe is nie.

Is jy seker? ·

So wanneer was jy na 21:00 in die Township & dan wat het jy daar gesoek?

JohanR ·

Fascism is a form of far-right, authoritarian ultranationalism characterized by dictatorial power, forcible suppression of opposition and strong regimentation of society and of the economy. Is ons al daar, of is ons op pad?

Martie ·

Ek wonder nou so by myself, hoeveel van die drank word ‘ingeboek by die polisie stasie?

Andre ·

En na feitlik ‘n jaar, het die belaglike inperkings enige resultate gelewer dat dit effektief is? Behalwe vir baie kitsmiljoenêrs. En die gebruik van toetse met bedenklike resultate.

Genis ·

Nou kan mens sien hoekom daar so baie Polisie lede dronk le, op sosiale media…dis die drank wat hulle konverskeer… Lekker freebies…. mos nie betaal daarvoor nie…

ans ·

Dit is omdat restaurante 200 +% wins by hulle drank voeg dat hulle nie ‘n bestaan kan maak nie!
As hulle ordentlike kos teen redelike pryse en goeie diens verskaf, sal hulle ‘n billike bestaan kan voer. Koop hulle egter by ‘n drankwinkel hul drank aan wat slegs 6-15% wins maak, dring hulle
nog steeds aan op goeie afslag. Hoe moet die arme eerlike drankwinkel eienaar kos op die tafel sit!

Wiehan ·

Ek lag oor die SUKSESVOLLE inhegtenisname van die bestuurder in Silverton. Keer hom liewers aan want hy is ‘n maklike teiken maar los al die dwelm smokkelaars in daai area. Dis ‘n dwelm NES>
Wel gedaan Silverton Polisie. Julle het julself oortref

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.