Bestuurderslisensies: ‘Gebruik verlenging van grasietydperk wys’

(Foto: RTMC)

Die regering behoort die verdere grasietydperk vir die geldigheid van bestuurderslisensies te gebruik om die huidige model rakende die uitreiking en hernuwing van bestuurslisensies en lisensieskywe aan te pas óf selfs te vervang.

Dit is ook ’n gulde geleentheid om vorige voorstelle oor die verlenging van die geldigheid van bestuurderslisensies van vyf na tien jaar te oorweeg.

Só meen die Outomobiel Assosiasie (AA) nadat Fikile Mbalula, minister van vervoer, in die Staatskoerant afgekondig het dat alle leerlinglisensies, bestuurslisensies, tydelike bestuurslisensies en professionele bestuurspermitte wat tussen 26 Maart en 31 Desember 2020 verval, as geldig beskou word. Die verdere grasietydperk vir geldigheid eindig nou op 31 Augustus 2021.

Die AA stel voor dat dié verlenging aangewend word om ’n meer vaartbelynde en doeltreffende stelsel aan gebruikers te bied.

“Die huidige stelsel is ’n gemors en benodig ʼn volledige herbesinning en moontlik selfs vervanging. Die huidige agterstande word nie veroorsaak deur Covid-19 nie hoewel dit beslis die probleem vererger het,” sê die AA in ʼn verklaring.

“Ons doen ʼn beroep op die regering om hierdie tyd verstandig te gebruik om die stelsel, wat vir alle doeleindes gebrekkig is, reg te stel.”

Die regering moet ook begin oorweeg om agentskappe van buite in te kry met die oog daarop om vennootskappe te skep tussen die openbare en private sektor en sodoende doeltreffendheid te verbeter.

Die AA doen ’n beroep op motoriste om ondanks die verlenging so gou as moontlik hul vervalde bestuurderslisensies te hernu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

J ·

Eerstewêreldse aspirasies met Derdewêreldse prestasies!

Tiperend van die ANC rampokker regime!

Ek stel voor ‘n lisensie moet LEWENSLANK geldig wees … vir solank die bestuurder wetsgehoorsaam bestuur. Maar by elke ernstige verkeersoortreding moet die lisensie SUMMIER GEKONFISKEER word. Die oortreder moet daa rna her-kwalifiseer vir ‘n lisensie.

Sodoende word slegs die (misdadige) oortreders ‘gerehabiliteer’ en die wetsgehoorsame bestuurders word vrygestel van die drakoniese (disfunksionele) 5 jaarlikse toetse, tydmors en onnodige kostes.

Straf slegs die OORTREDERS … en beloon die wetsgehoorsame bestuurders).

Prontuit ·

as dit dalk nie so shlep was om dit te doen nie het ons dit lankal gedoen, by ons departement staan jy van 5 uur die oggend in ‘n ry net sodat die plek 8 uur kan oopmaak en as jy uit die lyn uit stap om jou oe te toets moet jy van voor af HEEL agter in ry gaan staan en behoed jou as jy se jy was al in die ry en of jy nou 5 uur al daar was of nie, dit is belaglik en dan is die beamptes nog ongeskik ook en onbevoeg miskien is dit tyd om na ‘n makliker manier te kyk vir hernuwings? maar ja ek weet ek leef in lala land

Jakez ·

Stem 100% saam! In PE kan mens nie eers inkom net om ‘n afspraak vir jou leerlinglisensie te maak nie. My vrou was al 3 keer daar sonder sukses. G’n wonder baie mense ry maar net eenvoudig sonder lisensies nie.

Meisie ·

Stem 100% saam met jou! Tip : Doen maar ‘n oogtoets vooraf by enige oogarts. Mens sit nogsteeds heel dag maar dit spaar mens so 3minute. Om afsprake aanlyn te maak, maak ook GEEN verskil nie.

Juffrou ·

Nog erger as ń gemors ja! Hulle is totaal onbevoeg. Gaan sit net daar om te gesels én te eet!

Andries ·

Hier in die Strand word ‘n armsalige skandalige perseeltjie gebruik . Altyd een rekenaar buite werking wat langer toue veroorsaak. As dit reen moet jy in modderige slote parkeer. Regtig nie gemaklik vir ouer mense nie, Geen diensgeorienteerdheid by amptenare. Waarvor betaal ons dan belasting?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.