Beurtkrag-blaaskans dié naweek

(Argieffoto: ANA)

Eskom waarsku dat die kragnetwerk steeds onder groot druk is, maar beurtkrag sal nietemin Vrydag om 22:00 opgeskort word.

Die kragvoorsiener verwag dat nege opwekkingseenhede – by die Arnot-, Duvha-, Majuba- en Tutuka-kragsentrale – oor die naweek weer in diens gestel gaan word.

Die vraag na krag daal gewoonlik oor ʼn naweek en dít, tesame met die eenhede wat herstel is, beteken beurtkrag kan – vir nou – opgeskort word.

“Eskom wil opnuut waarsku dat selfs met die inwerkingstelling van dié eenhede die kragnetwerk steeds onder groot druk is en onvoorspelbaar bly. Ons verwag om volgende week steeds op noodreserwes te steun om in die vraag te voldoen,” sê Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom.

Eskom sal oor die naweek werk om sy noodreserwes aan te vul.

In hierdie stadium is 5 353 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 14 912 MW se kapasiteit weens stukkende eenhede nie vir die netwerk beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andre ·

Wonder wie glo hulle snert?Eskom is die grootste hinderlaag in die land se ekonomie na bbeee

Lourens CFG ·

Nee, c-anc-er is die grootste hinderlaag.
Dit is deur hulle dat Eskom (en die land) is waar hy is.

SwartBees ·

Ag die is nou weer jam om ons monde. Ek glo hulle en die goewerment al lankal nie meer nie. Wat hulle sê en doen is twee verskillende goed.

Chris dupreez ·

Gaan lees Dirk Herman se brief ,,Mnr die president, sit die ligte aan, dan sal julle agterkom wat eintlik die oorsaak van die ineenstorting van Eskom is. Arme André de Ruiter moet nou die situasie probeer red sonder hulp van die regering,wie in die eerste plek verantwoordelik is vir die gemors

Esme ·

Hoe langer Andre de Ruyter by Eskom bly, hoe meer respekteer ek hom. Dit wil vir my voorkom of hy gemanipuleer, geisoleer, ondermyn en gesaborteer word.

Papsak ·

Ek glo niks maar niks meer wat hulle se oor Eskom dit is die gemors van ANC laat ons nie krag het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.