Beurtkrag duur voort

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Eskom het aangekondig beurtkrag gaan van Woensdag 08:00 weer toegepas word.

Volgens die kragvoorsiener sal fase 2-beurtkrag tot 22:00 toegepas word. Dit volg nadat 10 opwekkingseenhede by sewe kragstasies in die afgelope 48 uur met tye onbeplande onderbrekings ondervind het.

Opwekkingseenhede by die Arnot-, Medupi-, Lethabo-, Matla-, Majuba-, Camden- en Tutuka-kragstasies was met tye buite werking en volgens Eskom het dié kwessie en die noodsaaklikheid om sy noodreserwes te bewaar hom genoop om beurtkrag toe te pas.

Eskom het gesê weens die onbetroubaarheid en wisselvalligheid van sy verouderde infrastruktuur sal die kragnetwerk vir die res van die week onder druk wees.

Onbeplande onderbrekings staan op 11 425 MW terwyl 4 983 MW vir beplande instandhouding afgeskakel is.

Die kragvoorsiener het ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik en hom by te staan om die vraag te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Eskom julle is onbetroubaar en wisselvallig genade! Dis winter koud verby en ons betaal vir die patetiese diens! Wat het julle die hele lockdown deur gedoen? Beslis nie gewerk nie.

My betaling gaan ook onbetroubaar en wisselvallig word hoor genade red ‘n nasie met die klomp!

Snowball ·

Die finale uitklophou vir die reeds mankoliek gemokerde Ekonomie. Viva ANC!

Willem ·

Medupi is omtrent ń splinternuwe kragstasiecwn hy is meer van lyn af as die ouer kragstasies ,hoe werk dit dan dat hy so baie van lyn af is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.