Beurtkrag duur voort weens koue

Argieffoto

Beurtkrag duur voort weens ’n besondere hoë aanvraag na elektrisiteit te midde van koue weersomstandighede oor groot dele van die land.

Eskom het Woensdagaand in ’n verklaring gesê beurtkrag sal Donderdag omstreeks 09:00 op fase 1 hervat, waarna dit omstreeks 14:00 na fase 2 sal oorgaan.

Luidens die verklaring was die vraag na elektrisiteit op meer as 33 000 MW Woensdagmiddag die hoogste nog die jaar.

“Dit, tesame met opwekkingseenhede wat onklaar geraak het, plaas die stelsel onder erge druk,” het die kragvoorsiener verduidelik.

Eskom het weereens ʼn beroep op mense gedoen om ten spyte van die koue verbruik te verminder deur verwarmers, geisers en ander toebehore af te skakel om druk op die stelsel te verlig.

Maroela Media het vroeër berig Eskom het Vrydag vir die eerste keer in maande weer beurtkrag in werking gestel nadat hy vroeër beloof het dat net drie dae van beurtkrag vir Julie ʼn moontlikheid is. Dit is nou lankal nie meer die geval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eiervrug ·

Ek het self vir my geyser, verwarmer en ketel betaal. O, en ek betaal ook elke maand my krag…. Kry hulle nie skaam as hulle ons so hied en gebied nie?. Ek mag nie die goed wat ek self voor betaal het gebruik nie…. Ek lag sommer… Hulle moet leer om nie om die probleem te gaan nie(soos wat hulle nog heeltyd doen), maar om die freaking probleem te elimineer!!!!!!

Nette ·

Ek dink die enigste rede vir beurtkrag is die feit dat opwekkingseenhede onklaar geraak het, geen ander rede!

Genis ·

Ja nee, ek betaal ook vir alles, en kannie n verligting op my krag gbruik sien nie..inteendeel word duurder… ek dink die nuwe bestuur is ook gekaap om te lieg en bedrieg… dis n skande..

Anel ·

Ja wat, en daar lieg hulle nog steeds vir ons. Onthou, moontlik net 3 dae in Julie sal ons beurtkrag hê. Duidelik kan hulle nie tel nie, maar dit is nou 7 dae. En op die koudste dae van die winter? Ons het gasstoof, met gas oond en gas verwarmer. Ins gebruik amper nie krag nie. Verbruik bly deur die jaar dieselfde masr wintermaande betaal ons altyd meer want hulle vat skatting, al gee ons dit deur. En moennie dink jy kry dit terug nie! En nou wil hulle nog ons pensioene vat om die lot te betaal! Dank die droë hout af. En sny die g krag of verwyder sommer die kabels van die nie betalers. Dan sal daar oorgenoeg krag wees. En kry al die geld wat geskuld word deur die munisipaliteite, nie die inwoners wat klaar betaal het nie. Probleem opgelos.

katerinadiekat ·

Weird. Daar was nog altyd koue winters in SA. Maar daar was nooit beurtkrag in die 60’s, 70’s en 80’s nie. Now why would that be? The answer is on the tip of my tongue, if i can just remember..

koos10 ·

Nat steenkool, koue, sabotasie van Koeberg, verouderde vloot, apartheid maar nooit geen woord oor wanbesteding of onbevoegdheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.