Hoër beurtkragfase skop in

(Argieffoto: ANA)

Eskom het laat Woensdagoggend aangekondig fase 1-beurtkrag word van 14:00 na fase 2 verhoog.

Die beurtkrag duur in hierdie stadium tot 22:00.

Eskom het Vrydag vir die eerste keer in maande weer beurtkrag in werking gestel, nadat hy vroeër beloof het dat net drie dae van beurtkrag vir Julie ʼn moontlikheid is. Dit is nou lankal nie meer die geval nie.

Eskom het Dinsdagaand gesê fase 1-beurtkrag sal Woensdag om 09:00 ingestel word nadat fase 2-beurtkrag sedert die naweek geld. Die fase is afgeskaal ná die kragvoorsiener twee opwekkingseenhede by die Medupi- en Majuba-kragsentrales weer in diens kon stel. ʼn Eenheid by die Koeberg-kragstasie in die Wes-Kaap is ook weer aanlyn gebring.

Die kragvoorsiener het ʼn kort rukkie gelede gesê die aanvraag na krag het steeds toegeneem en was teen omstreeks 12:00 vandag reeds 2 000 MW meer as ʼn dag gelede. Dit het groot druk op die stelsel geplaas en Eskom gedwing om reusehoeveelhede diesel te gebruik.

“Dit put ons dieselvoorraad uit en plaas die vermoë om die hulpbronne gedurende die res van die week te gebruik in die gedrang.”

Eskom sê hy besef dit is koud, maar doen steeds ʼn beroep op mense om verbruik te verminder deur verwarmers, geisers en ander toebehore af te skakel om druk op die stelsel te verlig.

“Vanmiddag het ʼn opwekkingseenheid by onderskeidelik die Medupi- en Kusile-kragsentrales uitgeskop wat tot die beperkte kapasiteit bygedra het. Dit is benewens vertragings met opwekkingseenhede by die Tutuka- en Kendal-kragsentrales.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Luister ·

Alles skop net die heeltyd uit! Dit nadat hulle maande gehad het om onderhoudswerk te doen…

Cheryl ·

En soos met alles in SA moet die verbruiker betaal want niemand neem mos verantwoordelikheid nie. In hierdie land vd blindes is nie eers eenoog koning nie.

Jaco ·

dit lyk my andre de ruiter en jan oberholzer is net vir “show” in topposte by Eskom. Ongelukkig help hierdie vertoon van “nie-rassigheid” deur die ANC-regering nie meer nie. Dit is toe alles wel “net vir die show”. Almal sien deur dit. Die werklikheid is egter dat hierdie 2 wit manne net daar sit en voorgese word wat hulle moet se en doen. As hulle so veel sou besluit soos dat teetyd verander vanaf 11uur na 10.30, sal hulle tea girls hulle dadelik aankla van rassisme.

Snowball ·

Natuurlik is die aanvraag hoër – DIS WINTER. Kon julle nie beplan daarvoor en dienooreenkomstig onderhoud doen nie?
Net drie dae beurtkrag in Julie né? Bwhahaha! Grapgatte.

Johan ·

Snaaks beide kragstasies waar die krag uitskop is basies splinternuut, goeie getuigskrif vir ANC se vermoe om iets te bou. Vergelyk met ander kragstasies en sien die verskil.

Paul ·

Ek stem saam EFF. Die COO moet die pad vat. Hoe gouer hoe beter.

capie ·

Met ‘n 30% slaagsyfer sal eskom net 30 % mannekrag van sy briljante tegnici kry en nooit ‘n enkele eenheid werklik regkry nie.

SomeOne ·

“nadat hy vroeër beloof het dat net drie dae ” beloftes, beloftes ????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.