Beurtkrag: Kommer oor hospitale, berg van entstof

Hospitaalbeddens vir die behandeling van Covid-19. (Foto: Adhy Savala/Unsplash)

Die Demokratiese Alliansie (DA) is ernstig bekommerd oor die gevolge van beurtkrag wat Eskom Donderdagoggend ingestel het.

“Ons is bekommerd oor die impak wat hierdie kragonderbrekings op hospitale kan hê waar mense gekoppel aan ventilators vir hul lewens veg, sowel as die gevolge wat dit op die administrasie en die berging van entstowwe kan hê,” sê Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings.

“Ons doen ’n beroep op Pravin Gordhan, die minister van openbare ondernemings, om absolute sekerheid te gee dat mediese fasiliteite en stoorfasiliteite teen entstof beskerm sal word teen Eskom.”

Cachalia sê die Covid-19-pandemie het reeds verwoestende gevolge vir die land se gesondheidstelsel gehad, en beurtkrag sal die las op hierdie stelsel net verder verhoog.

“Net soos met die Covid-19-virus, is Suid-Afrikaners nou duidelik in ’n dubbele stryd om hul lewens en lewensonderhoud.

“Beurtkrag sal ook ons reeds sukkelende ekonomie verder negatief beïnvloed. Ondernemings wat skaars die verwoestende gevolge die afsonderingstydperk kon oorleef het, staan nou voor die werklike moontlikheid om hul deure heeltemal te sluit indien beurtkrag langer gaan voortduur.”

Cachalia sê dit is ook moeilik vir werknemers om ten tyde van die afsonderingstydperk van die huis af te werk en hul werk gedoen te kry as daar kragonderbrekings is.

“Die regering het ’n aandklokreël ingestel en die meeste buitelugaktiwiteite beperk. As gevolg van beurtkrag word aktiwiteite tuis – waartoe ons nou beperk is – ook beperk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

“‘n beroep op pravin” wat ‘n grap, asof hy nou enigiets kan en wil doen vir SA se mense.

Moedeloos ·

Familie lid wat in Paarl Medi-Kliniek is het gister met beurkrag geen suurstof/ventolars of aircons werk nie. Grade was by die 40+ in die Wes Kaap die afgelope week.

Lindi ·

Ek was van die begin af ten gunste van Mnr v d Ruyter om Eskom regteruk, en al het dit beteken ons moes opofferings maak met beurtkrag vir ‘n tydperk, MAAR om NOU tydends hierdie ontsettende pynvolle tye beurtkrag toe te pas is onmenslik. Wat van mense wat tuis op suurstof is? Nee wat RERIG hierdie beurtkrag is van die hel self!

Die Wolf ·

De R doen maar ook net wat die kaders vir hom voorskryf.

Jaco ·

De Ruyter is net ‘n sogenaamde “window dresser”. Dis ‘n aanstelling van ‘n wit persoon om die indruk te skep dat regstellende aksie en aanstellings in SA eintlik baie mooi “non-racial” is en dat meriete tog in ag geneem word.
In werklikheid sukkel eskom maar steeds voort. De Ruyter se enigste rol is om ‘n “non-racial image” na buite te skep. In werklikheid, as hy ‘n eenvoudige opdrag sou gee soos dat teetyd vervroeg word vanaf 11uur na 10.30, sal sy tea girl hom aankla van rassisme.

Samuel ·

Wat sal mens van al hierdie dinge sê? Die krag gaan nie af wanneer dit moet nie ens. Soms wonder ek ook of mnr. De Ruyter nie net maar ook ‘n politieke aanstelling is nie. Eskom voel beslis vere vir hospitale, siekes en besighede. Hierdie land moet vernietig word.

Kobus ·

Die ou gesegde “Wies brood jy eet, wies woord jy spreek” bly maar die waargheid, soos met bykans alles in SA is dit leë beloftes van vooruitgang, en wat gebeur ? Ons loop sterk in trurat,

Mariana ·

Eskom het altyd een of ander rede vir die beurtkrag. Menselewens beteken njks vir hulle. Ons betaal reeds astronomiese bedrae om krag te hê en hulle kan steeds nie doen wat hul moet om krag aan te hou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.