Beurtkrag: Só lyk vandag se vooruitsig

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Geen beurtkrag word vir Maandag verwag nie.

Eskom het Sondagaand in sy gebruiklike verklaring gesê sy opwekkingstelsel het oor die naweek herstel getoon. “Die opwekkingstelsel wat heelwat herstel getoon het tesame met ʼn lae aanvraag oor die naweek het voldoende herstel in die noodreserwes moontlik gemaak,” lui die verklaring.

Eskom sê beurtkrag kan wel op kort kennisgewing in die loop van die week ingestel word.

Onbeplande kragonderbrekings het Sondag omstreeks 16:10 op 10 292 MW gestaan met beplande instandhoudingswerk op 6552 MW.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Meisie ·

Dit het oor die naweek herstel getoon omdat ons krag vir amper 24 uur af was :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.