Beurtkrag vanaand voorlopig opgeskort

(Argieffoto: pixabay)

Indien alles vir Eskom reg loop sal beurtkrag Donderdagaand om 21:00 opgeskort word voordat fase 1-beurtkrag Vrydagoggend om 05:00 in werking tree.

Dié fase sal dan na verwagting tot Vrydag 21:00 duur voordat dit weer opgehef word.

André de Ruyter, hoof van Eskom, sê die vooruitsig vir krag dié naweek blyk in dié stadium “nogals stabiel” te wees indien Eskom nie nóg eenhede intussen kwyt raak nie en verskeie eenhede soos verwag weer in diens gestel word.

Suid-Afrikaners sal Donderdag teen 16:00 weer van die kragvoorsiener hoor wanneer hy na verwagting in ’n posisie sal wees om die stand van sake te kan bevestig.

Beplande instandhouding staan tans op 3 910 MW terwyl onbeplande instandhouding tans 13 991 MW uit die kragnetwerk haal. “Dit is baie hoog,” het De Ruyter Donderdagoggend gedurende Eskom se jongste mediakonferensie daarop gewys.

Die kragvoorsiener voorspel intussen vanaand ’n piekvraag van 27 908 MW na krag.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting oor vanoggend se mediakonferensie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anel ·

Ja, wel ons het beurtkrag gehad van 4:00 vaoggend. Dis nou 10:00 en steeds sit ons sonder krag. Die netwerk is nie onrwerp vir aan en af skakel nie. Dit word nie onderhou nie. Net elke keer gedpeog en plak. En so word ons elke keer benadeel. Tot 24:00 op ‘n slag as dit beurtkrag is. So moeg vir die onbevoegdes!!!

piet ·

Dis dalk jou munipaliteit wat die probleem is want soos ek verstaan is dit hulle wat die knoppies druk om aan en af te skakel (alhoewel Eskom dit kan “override”). Eskom het hoekal nou die dag gekla dat sommige munisipaliteite nie die beurtkrag reg toepas nie.

Peter Pan ·

Ons gaan met beurtkrag sit tot in lengte van dae… dit help nie meer om te kla elke keer as dit beurtkrag is nie,.

groenboer ·

Inderdaad. Ons moet nou maar vergeet van die einde van beurtkrag, en dié wat dit kan bekostig, moet maar hul eie supplementêre krag begin voorsien. Die res van ons sal doodeenvoudig moet aanpas. Die eindelose negatiwiteit en gekla werk my senuwees gedaan, want niks daarvan maak die gringste verskil aan die harde werklikheid nie.

Steffie ·

In severe dele van die land kan jy krag terugstoot van jou sonkrag stelsel as jy het. Wel, die toestel wat jy moet aankoop is R500 in ons omgewing. Dit moet jy self betaal. As jy dan krag terugstoot kry jy n krediet van 20 sent per eenheid….regtig…..as almal wat bevooreg is om krag terug te stoot sal dit mos n aanwins wees vir almal, hoekom moet dit my geld kos om te help? Kan Eskom mie die eenheid verniet gerskaf nie? Die addisionele verwrer op my stelsel is ek bereid om te dra maar moet ek regtig betaal om te kan help?

Brakanjan ·

Dit is nogal waar ja :) :)
“Lair – a place where a wild animal lives, often underground and hidden, or a place where a person hides”

Genis ·

Eishkom het n nuwe MD aangestel, Die vrou se naam is Hettie A. Clooney….

Misky ·

Of moontlik De Ruyter se suster…… Genny Ruiter, ha ha ha ha

Johannes ·

Ek dink Eskom is die grootste sirkus in die hele nuwe RSA. Miskien moet Julius Malama ‘n rooi neus kry, dan kan hy met sy rooi oorpak sommer in beheer geplaas word by Eskom. Dan het ons ‘n hoofnar in beheer.

Pampoen ·

Ek dink De Ruyter doen sy bes onder die omstandighede. Hy maak net heeltemaal te veel beloftes. As julle hom klaar uitgewerk het sal ek graag wil sien wie kom in sy plek!!!

Johann ·

Rerig? Is ons n klomp kleuters wat n sak vol lekkers kry, en dan elke aand een belowe word, en dan net elke twede dag twee kry?

Gepraat van belaglik: hoe de mmmmmmmmm verkoop ESKOM Prepaid krag….wat hulle nie het nie….en ons nie mag gebruik nie? Klink soos BLATANTE BEDROG????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.