Beurtkrag vinniger as verwag opgeskort

(Foto: pixabay)

Beurtkrag sal nou reeds Sondag teen 21:00 opgeskort word nadat Eskom se noodopwekkingsreserwes aangevul kon word.

Fase 2-beurtkrag sou volgens aanduidings tot minstens Maandag 05:00 geduur het.

Eskom sê nou sy steenkoolvoorraad by die Medupi-kragstasie het “normaliseer” terwyl ’n opwekkingseenheid weer in diens gestel is. Die kragvoorsiener verwag gevolglik om 4 100 MW opwekkingsvermoë teen Maandagaand in diens te stel wat kapasiteitsbeperkings verder sal verlig.

Eskom doen egter steeds ’n beroep op Suid-Afrikaners om elektrisiteit spaarsaming te gebruik aangesien twee opwekkingseenhede by die Kendall-kragstasie die gees gegee het met verdere onderbrekings van ’n eenheid elk by die Kriel-, Komati-, en Arnot-kragstasie.

Daar is ook tans ʼn vertraging in terugkeer tot diens van ʼn eenheid by Tutuka.

In hierdie stadium het onbeplande instandhoudingswerk tot ʼn verlies van 13 634 MW gelei, terwyl beplande instandhoudingswerk 6 348MW se kapasiteit uit die stelsel gehaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan ·

Haal die onwettige koppelings van die grid af dan is alle probleme opgelos.

Pieter ·

Julle sien dit maar gaan ruk dit nie uit nie. Net so skuldig.

Johann ·

Whoooopeeeee!!!!!! AMAZING!!!!! Belaglikke sagmaak spel wat die skape en ape en nogwat voor moet val? ONBEVOEGDHEID!

Jaco ·

“steenkoolvoorraad normaliseer”. So eskom gebruik soms ook goedkoop Suid-Afrikaanse steenkool en nie net duur ingevoerde diesel nie.

Tipper ·

Om Afrika te verstaan,moet jy in Afrika bly.
To understand Africa,you have to stay in Africa.

melaney ·

Presies hoekom so baie die land verlaat.
We dont understand the african culture no more!

Jr ·

En ek kan dit nog nie verstaan want ek is te intelligent om dit te verstaan. Ek skud net my kop en sê ” mina nhayiasi”

Pieter ·

Wonder hoekom die steenkool nie al nat is met al die reën nie.

Sarel ·

Word Beurtkrag nie te gou ingestel nie.
Het dit eerder die norm as die uitsondering geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.