Beurtkragvooruitsigte bring effense verligting

(Argieffoto)

Beurtkrag is van vanoggend (Donderdag) na fase 4 verlaag nadat fase 5 al sedert die naweek gegeld het.

Volgens Eskom geld fase 4 van Donderdag 05:00 en sal dit tot Sondagoggend om 05:00 van krag wees voordat daar na fase 3 beweeg sal word. Dié fase sal dan geld tot Eskom weer enige verandering aankondig.

Fase 5-beurtkrag is Saterdag ingestel nadat ʼn opwekkingseenheid elk by die Hendrina-, Kendal- en Kriel-kragstasie opgepak het en Koeberg se eenheid 1 vir opknappingswerk afgeskakel is.

Sedert Dinsdagoggend is ʼn opwekkingseenheid elk by die Camden-, Kriel-, Majuba, Matla- en Duvha-kragstasie uit bedryf gestel vir beplande instandhouding en herstelwerk. Daar het verder vertragings plaasgevind om ʼn opwekkingseenheid elk by die Arnot-, Duvha- en Hendrina-kragstasie weer in  bedryf te stel wat tot die beperking in opwekkingsvermoë bygedra het.

ʼn Opwekkingseenheid elk is by Grootvlei-, Camden-, Kriel- en Majuba-kragstasie weer in bedryf gestel.

Tans is 6 618 MW weens beplande instandhouding nie beskikbaar nie terwyl ʼn verdere 15 996 MW nie beskikbaar is nie weens opwekkingseenhede wat onklaar geraak het.

Eskom het die publiek versoek om die gebruik van elektrisiteit te verminder en geduld en verdraagsaamheid te beoefen in hierdie moeilike tydperk.

“Beurtkrag word slegs as ʼn laaste uitweg geïmplementeer in die lig van die tekort aan opwekkingskapasiteit en om aandag te gee aan onderbrekings.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Antie Sarie ·

Hoekom? Julle kan mos braai. OF is kersfees belangriker as klein sake se oorlewing?

Vexed ·

Siende dat dit die viering is van Jesus se geboorte glo ek dit is inderdaad vir baie mense belangriker as enige iets anders. Dit sal dus alles oortref.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die kersbome se liggies moet flikker.

piet ·

Jy sal nou al moet begin bid vir geen kragonderbrekings op Kersfees nie, ek dink egter nie eers gebed gaan ‘n verskil maak nie.

Johan Tredoux ·

Gaan geen verskil maak nie, soos gewoonlik, Jy’s reg.

Harley Davidson ·

Dit is nie wat ons wil hoor nie ons/ek wil hoor “beurtkrag ” is verby en maatreëls is in plek sodat daar nooit weer beurtkrag sal wees nie.

Hendrik Marthinus ·

Ongewenste rekords van loadshedding Sal verewig aan sy naam gekoppel word
Net soos SA krieket het hy gejoke as CEO

Duck ·

OK, so julle glo ook nog in die Easter Bunny en The Tooth fairy!

Jakkie ·

Snaaks hoe beurtkrag nou beter raak nadat de Ruyter bedank het. Ma ja, hulle dink ons is stupid!

annie ·

Seeing is believing… Met ‘n storm wat op die Kaap afpyl en krisisse elders is beloftes net beloftes. Groot bak en brou oor Kerstyd kan dalk gefnuik word deur antie-Eskom-kaders tensy mens ‘n kragopwekker en baie brandstof het. Skimmels verander nie in engeltjies sodra iemand wat hulle uitgewerk het, sy kantoorlaaie skoonmaak nie.

piet ·

Ek dink daai voorspelde kaapse storm gaan ‘n muis baar. Vroeer het ek gesien hulle voorspel tot 40mm reen, nou is dit reeds af na 12 mm.

Loun ·

Beurtkrag is nie meer n laaste uitweg nie…dis n nationale instelling…..
Ons gaan nog na beurtkrag uitsien….net om krag te kan hê…..

Nie Verbaas ·

Ag kom ons kyk maar eers. Ek het alreeds vantevore gesê, net n idioot verwag ander resultate met dieselfde korrupte, onbevoegde en onbeholpe bestuur, ingenieurs en tegnici. Soveel vir julle transformasie plan ANC. Dit is n duidelike mislukking.

Papsak ·

DE RYTHER IS NOU UIT GEEN BEURTKRAG OOR KERSGETYE ASB JULLE KAN MOS !!!!!!!

Gert ·

Papsak…jou gesang is uit. Lekker false note wat jy daar kwytraak.

Willempie ·

Internasionaal staan RSA bekend as African Nation of Corruption en
die regerende party van RSA as African Network of Corruption

Casper ·

Weereens by dieselfde kragstasies,is dit nie ‘n bron van kommer nie en dan om die eenhede weer indiens te plaas is moeiliker as om die goed te herstel.Dit word sloerstaking genoem om André nog slegte te laat lyk.Kyk mooi as André weg is ,is daar geld vir diesel genoeg steenkool en geen sabotasie nie,let op ek het nie melding gemaak van geen korrupsie nie.Daar is ‘n nuwe bank gestig,”The sofa bank”julle kan raai wie is die bestuurder.

Gert ·

Ons wil hoor De Ruyter bly aan en al die dead weight is gefire, geen poilitieke inmenging meer nie. Die steenkool wat uitgevoer word moet gebruik word vir ons kragstasies wat op die oomblik af is. Kanseleer die trokke wat steenkool aanry en kry weer die trein stelsel vir steenkool vervoer en konveyor bande terug op lyn. Smyt alle soboteurs in een tronksel in die Namibiese woestyn.

Johan Tredoux ·

Want dit het mos so verskriklik goed gegaan onder sy hand, mos…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.