Bevindings teen ANC-hoë oor VBS ter syde gestel

Die hooggeregshof in Gauteng het Dinsdag die bevindings van adv. Terry Motau oor die VBS-bankskandaal teen ʼn ANC-hooggeplaaste in Limpopo ter syde gestel.

Danny Msiza, ANC-tesourier in Limpopo, is aanvanklik in die verslag, “The Great Bank Heist”, daarvan beskuldig dat hy munisipaliteite aangemoedig het om in die omstrede VBS Mutual Bank te belê. Hy is gevolglik uit sy pos geskors, maar later weer aangestel.

Msiza het die bevindings teen hom in die hof betwis en dié het Dinsdag bevind dat Motau se versuim om aan Msiza “prosedurele regverdigheid” te bied voordat hy sy verslag uitgereik het, wel onwettig en ongrondwetlik is. Motau en die Reserwebank, as respondente in die saak, is ook beveel om Msiza se regskoste te betaal.

Dié uitspraak volg nadat Daily Maverick in Julie berig het oor dokumente wat Msiza en die ANC-burgemeester van die Vhembe-distriksraad, Florence Radzilani, ten nouste met die VBS-skandaal verbind.

Maroela Media het vroeër berig die Valke het reeds agt mense in hegtenis geneem vir hul aandeel in die enorme plundery van dié bank. Die groep is vroeër by verskillende eiendomme in Gauteng en Limpopo aangekeer. Die hoof van die Valke, lt.genl. Godfrey Lebeya, het gesê hulle het na bewering gebaat by sowat R122 miljoen wat by VBS gesteel is. Luidens ʼn verslag van die Reserwebank is ʼn algehele bedrag van meer as R2 miljard egter van die bank gebuit. Die agt word daarvan beskuldig dat hulle deel gevorm het van die plan om VBS te bedrieg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann ·

Huh? So daars bewyse teen hom, maar omdat die pproses nie nagevolg is nie,stap hy weg? Met die geld en sonder n gevolg? Ramaposa en jou ANC? SHAME ON YOU!!!!!!

Johan ·

Onthou net in Sad-Afrika is ANC kaders onskuldig tot hul onskuldig bevind word al is hulle skuldig.

Belinda ·

Beter kon ek dit nie stel nie, almal kop in 1 mus, die Regter het beslis ook vertroue in hom bevraagteken.

Kokerboom ·

Alles is een groot klug en leuen. Ek hoop die Regters kan met hul gewete saamleef!!!

Rooijan ·

Die regters moet slegs die wet interpreter. Die problem is die wet se dat as hulle nie die regtee prosedure gevolg het nie dan het hy nie n regverdige kans gehad on homself te verdedig nie. Die probleem hier is nie die regters nie maar die mense wat die vervolging doen hulle is nie bevoeg nie.

tweeling ·

Die man is net geimpliseer (sy naam is genoem in die verslag) hy is nog nie vervolg nie. Gelukkig sal hy met skaamte omdraai en (hopelik) erken wanneer die saak regtig gaan voorkom.

marius ·

Twee duisend driehonderd miljoen en daar is net tien persent opspoorbaar? Leunaars !

Sarel ·

Dit is nou die mensecwat.bedrog en diefstal tydens Covid 19 wil ondersoek.

Robbie ·

Noem dit maar op: VBS, sigaretverbod, drankverbod – die een idiotiese en irrasionele hofuitspraak na die ander ten gunste van die kamerade. Die Covidskelms kan maar met geruste harte hof toe gaan. Die enigste strawwe wat hulle gaan kry, is ambassadeursposte.

tweeling ·

Grootste persentasie van die kaders in leiers posisies het nie ‘n gewete nie al weet hulle daar is verkeerd gehandel.

Jakes ·

Die regbank moet ondersoek word. Waarskynlik sal al 8 verdagtes in die saak vrygespreek word. SIES!!!

Magda ·

Wat het ons verwag – ANC (ALL NATIONAL CRIMINAL) is orals. Self ons Howe kan dit nie eers meer beveg nie want ?????????? Ons weet hoekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.