Bewaarders by Johannesburgse tronk aangeval

Een van die tronkbewaarders ná die voorval. (Foto: Verskaf)

WAARSKUWING: Die foto’s in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Drie bebloede tronkbewaarders is vandeesweek hospitaal toe geneem nadat hulle deur ’n gevangene by die Johannesburg-gevangenis met ’n skerp voorwerp aangeval is.

Die voorval het hom Woensdagoggend by die gevangenis in die suide van Johannesburg afgespeel en die tronkbewaarders is later die dag uit die hospitaal ontslaan, sê Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste.

Nxumalo wil egter nie in dié stadium enige besonderhede rakende die voorval verskaf nie en sê die departement ondersoek die voorval.

Grafiese foto’s van die bebloede tronkbewaarders het sedertdien die lig gesien.

Golden Miles Bhudu van die South African Prisoners Organisation for Human Rights het die voorval ten sterkste veroordeel.

Een van die tronkbewaarders ná die voorval. (Foto: Verskaf)

“Ons veroordeel sulke gewelddadige dade en diegene wat betrokke is by die beplanning en uitvoering van hierdie barbaarse dade.”

Bhudu het egter daarop gewys dat gevangenes sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie kontak met hulle geliefdes verloor het en dat dit ongetwyfeld ’n emosionele en fisieke impak op gevangenes het.

“Ons het al by verskeie geleenthede die owerhede gewaarsku dat iets gaan breek… hulle [gevangenes] het niks oor om te verloor nie.”

Bhudu meen sou die owerhede na die organisasie geluister het en bereid was om met hulle in gesprek te tree, die voorval moontlik verhoed kon word.

Die gevangene sal luidens berigte strafregtelik aangekla word vir die aanval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Swerwer ·

Nou ja, as mens toegesluit is misdaad en jy pleeg dit weer in die gevangenis………………………..dan is dit mos ‘n bewys dat geen rehabilitasie binne toegepas word nie.

Cobus ·

Rehabilitasie werk nie, straf werk wel. Tronk is nie veronderstel om lekker te wees nie en die gevangenis behoort nie beter af te wees in die tronk as die gewone mens op straat nie. die is die resultaat van menseregte.

Piet parys ·

En kan jy geen aanspraak maak op regte nie want jy het jou regte verbeur toe jy iemand anders se regte geminag het daarom is jy tronk toe gestuur is .

Misky ·

My pa was baie jare gelede (vroeë 80’s) ‘n tronkbewaarder. Hy het ons vertel dat daai ouens so vindingryk is en wapens maak uit enigiets en jy sal nie glo wat hulle selfs met ‘n plastieklepel kan doen nie. Sterkte aan die bewaarders en dis beslis ‘n uitdagende beroep.

JohanR ·

Jy is reg Pierre. Daai bende/s het nou hulle vlerke gekry. Die bevel het aan die rekrute uitgegaan dat daar moet bloed vlooi.

Casper ·

Jy kan selfs ‘n sigaretfilter
skerp maak en iemand se keel afsny.Dit is hoe my vriend sy moord gepleeg het.

RB ·

Nou wonder ek net of die aanvaller ook ‘uitgesit’ gaan word. Daar is dan aangeval op onskuldiges.
Wie gaan nou gedagvaar word vir elke pennie wat hy/sy het?
Almal het geweet hy is gevaarlik, meeste van hulle is. Daarom sit hulle waar hulle sit.
Voor wie se deur lê die verantwoordelikheid nou?

Di ·

Weereens ‘n bewys dat “tronkvoels” daar hoort en nie in die samelewing vrygelaat moet word nie, “a leopard never changes its spots”

SlinkseKoljander ·

Ten sterkste veroodeel – Wat beteken dit???? Net mooi niks!
Se eerder julle het gekots, dit sal darm iets meer beteken.

Plaaskind ·

WEEREENS IS DIE BLANKE BEWAARDER ERGER BESEER AS SY MEDE KOLLEGA.

JohanR ·

Is dit nou die gevangenis wat in 1988 opgehang sou word. Maar in 2022 geniet hulle ‘n lekker lewe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.