Bewerings van onmin tussen Ace, Cyril is ‘fopnuus’

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Bewerings dat Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, homself gedistansieer het van pres. Cyril Ramaphosa se brief aan ANC-lede, is “fopnuus”.

Die ANC het gesê hy veroordeel ten sterkste diegene wat werk daarvan maak om verdeeldheid binne die party se geledere te saai.

“Ons is bewus daarvan dat teenstanders op verdeeldheid gedy en harmonie verag,” het Pule Mabe, nasionale ANC-woordvoerder, gesê. “Dit is duidelik dat wigdrywers wat dit haat om ʼn verenigde ANC te sien, nou alles moontlik probeer om die gemeenskaplike vasberadenheid en eenheid van ons leierskap, ten einde korrupsie te beveg waar dit ook al sy lelike kop uitsteek, te ondermyn.”

Die party het dit onomwonde gestel dat die hele leierskap van die ANC, onder wie ook Magashule, die inhoud van Ramaphosa se brief ten volle ondersteun, aangesien dit die siening van die groep weerspieël en verteenwoordig.

Volgens Mabe weerspieël Ramaphosa se brief die resolusies en oortuigings wat tydens die party se 54ste nasionale konferensie uitgespreek is.

“Ons doen ʼn beroep op ons strukture en lede om waaksaam te bly en die eenheid van hul organisasie te verdedig teen diegene wat die ANC wil verswak. Die eenheid van ons beweging bly heilig.”

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Ramaphosa het in ʼn brief aan ANC-lede geskryf die party en sy leiers word van korrupsie beskuldig en dat die ANC dalk nie alleen in die beskuldigdebank staan nie, maar wel beskuldigde nommer een is.

Woede laai die afgelope paar weke toenemend op namate inligting oor die toekenning van tenders, veral vir Covid-19-toerusting, aan die lig kom. Talle kontrakte is glo aan mense met ANC-bande of hul onmiddellike familie en vriende toegeken.

“Ek is seker julle is bewus daarvan dat daar landwyd ʼn gevoel van woede en ontnugtering is oor berigte van korrupsie in ons reaksie op die koronavirus-pandemie. Die woede is verstaanbaar en geregverdig. Die afgelope paar weke het ons stories gehoor van tenders vir persoonlike beskermingstoerusting wat toegeken is aan indiwidue met bande met ANC-leiers en van staatsamptenare wat die wet verontagsaam wanneer tenders toegeken word,” skryf Ramaphosa.

Ramaphosa sê om die korrupsie te pak moet verskeie stappe gedoen word. Dit sluit in dat diegene wat by korrupte praktyke betrek word voor die ANC se integriteitskommissie verskyn om te verduidelik, asook dat ondersoek gedoen en beweerde korruptes summier geskors word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Willem Wikkelspies ·

Nou verstaan ek nie heeltemal nie .. Is korrupsie nie ‘n kriminele oortreding nie? Hoekom word dit aanmekaar intern verwys na die ANC se integriteitskommissie eerder as om bloot die mense krimineel aan te kla en te vervolg?

koos10 ·

Johan, jy is 100% reg. Ek het al op hierdie forum die wet ook aan gehaal waar dit verplig word om die sake by die SAPS aan te meld. Dit maak volgens my o.a. die Zondo kommissie en CR se optrede onwettig.
As dit ek of jy was, het ons al lankal met ons agterstewe in die tronk gesit.

Stofdonkie ·

Want dit is hou cr en kie wys die anc is groter as die land se wette. Hulle interne reels kom voor enige wette vir hulle. Dis ook hoekom jz nog los rond loop en net sy geld geniet wat hy vir himself bymekaar gemaak het gedurende sy jare in die amp as president.

Verslae ·

As alle korruptes geskors word wonder ek of enigeen gaan oorbly in die ANC.

Werner ·

As hulle se dis fopnuus moet jy weet dis eintlik die waarheid

Eragrostis ·

Presies. Waar daar ń rokie trek, is dat ń vuur. As die ANC eers bewerings begin ontken, dan moet jy maar weet.

Jannie van Niekerk ·

Ja wel… Mens kry fopnuus en “fopnuus”.
Volgens hulle is “Fopnuus” dat die ANC krimineel is.Regte fopnuus is dat die ANC in tegriteit het.

Adeline ·

Wel die cANCer van die land is in sy geheel voos vrot korrup en het die “fopnuus” ten opsigte van hulle is waarlik ‘n swaar gewig want dit is waar – daar is niks wat hulle kan, wil of mag doen om “fopnuus” tee te kan staan nie. Korrupsie het ‘n nuwe naam gekry volgens hulle wat nie mooi ‘n IK het nie naamlik “fopnuus” om hulle self te regverdig en in die regte lig te stel en dink ons as burgers van die land is onnosel… wat ‘n lagwekkende berig – hoe meer korrup – hoe meer staan hulle bymekaar.

Vlooi ·

Is dit regtig fopnuus. Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie. Daar is onenigheid in die ANC en dit lyk my asof CR so nou en dan op tone trap soos hy nou gedoen het met die brief aan die party lede. Lyk of hy nie hierdie keer enige iets met sy magtiges bespreek het nie en dus sodoende Ace en sy trawante onkant betrap het. Hoe lank nog gaan dit net by praat bly pleks daarvan om nou te wys wat in hom steek. “Put your money where your mouth is”

Prikkie ·

Nou wie dink die ANC flous hulle met die “fopnuus” toertjie?

Adam Adriaan ·

As hulle almal oranje baadjies laat aantrek gaan die Dept van korrekriewedienste hulle hande vol hê met die klomp kabinets lede, daar in hulle geledere. Hoop hulle het al voorsiening gemaak vir genoeg pikke, grawe en harke.

Helgard ·

Hoekom laat jy Magushula nie self praat nie…? Bang hy sê tog iets anders? Buitendien wie glo vir Cyril, dis net praat en praat.

Johann ·

Ja wel enige iets uit een van die twee se monde is FOP…die nuwe spelling van LIEG en LEUENAAR en AGTERBAKS en SKULDIG. So ‘n COMBO woord vir vergrypers in SA.

Prikkie ·

Nou kan ‘n mens natuurlik met reg vra wat se man is Cyril.

Hy het NIKS geweet van die vorige prez se kapperjolle in die geldlaai nie – nooit die till gehoor tjin maak wanneer dit oop of toegemaak word nie??

4ntj13 ·

Fopnuus; leuens; korrupsie; bedrog; diefstal… Ek wonder of die klomp hoegenaamd weet wat dit als beteken. Dis duidelik die SAPD en NVG gee glad nie om nie! Praat van leë woorde…

Jacobus ·

Net twee faksies – skelmes en minder skelm. Integriteit in ANC is wat hulle ‘n oksimoron noem!

Sarel ·

Magashule is Zuma man en mik vir die kroon van Staatshoof indidn hy by Anti Zuma , wat sekf lus is vir die pos, kan verby kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.