Binnegevegte begin in Wes-Kaapse ANC

Argieffoto

Die vuishoue en bloedneuse het begin in die Wes-Kaapse ANC, wat sy swakste uitslag ooit in die provinsie behaal het.

Die ANC se stemtotaal het van 32% tot 27% in die Wes-Kaap teruggesak, en hul getal setels in die wetgewer van 14 tot 12 uit 43.

Die ANC en die DA het elk twee setels in die wetgewer verloor. Vier partye het elk ’n setel ryker geword: Good, die VF Plus, Al Jamaah en die EFF. Die DA het sy volstrekte meerderheid in die wetgewer behou.

Daar blyk spanning en onenigheid tussen die ANC se Wes-Kaapse provinsiale uitvoerende komitee (PUK) en die kleiner provinsiale werkkomitee (PWK) te bestaan oor die toekoms van die provinsiale tesourier, Maurencia Gillion.

Sy is vroeër vandeesweek deur die PWK geskors na aanleiding van haar hantering van ’n skenking ten bedrae van R1 miljoen aan die party deur die Kaapse persbaas dr. Iqbal Surve, grootbaas van die Independent-groep.

Die skenking, net voor die verkiesing, het in so ’n mate in die Wes-Kaapse ANC se gesig ontplof dat hulle die skenking teruggegee het, tot hul openbare verleentheid.

Nou het die PUK die besluit van die PWK omgekeer en Gillion in haar pos herstel.

In verdere tekens van onenigheid is die provinsiale konferensie van die ANC (wat tans sonder ’n demokraties verkose provinsiale leier funksioneer) van 30 Junie na 26 tot 28 September uitgestel.

Luidens ’n verklaring vanoggend deur die Wes-Kaapse ANC is die konferensie uitgestel “omdat die nodige voorbereidings weens die verkiesing nie getref is nie”.

Voorts is ANC-lede opdrag gegee om op te hou om mekaar op openbare media te skel oor die verkiesingsuitslag, en om te bou aan eenheid in die party.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ellisras ·

Die ANC sê hulle het die geld teruggegee. Surve sê hy wil die geld nie terug hê nie. Daar is nog nie bewyse dat die geld terug gegee is nie. Nog net stories. En almal weet die 2 betrokke partye het nie ‘n begrip van die waarheid nie.

Johann ·

Wel as mens kan staatmaak op die ANC kader kultuur van me myselfd and I…en vat en vergryp en verwoes, sou mens kon hooo hulle roei mekaar onderling uit…MAAR…die onskuldige bystaanders is die wat in die spervuur veeniel word. BLATANTE GEWETENLOSE SELSUG

Wielspore ·

En so begin die mure van die ANC in die Wes Kaap omval.

Neels ·

Wie is hulle nou eintlik net n tand eiet in die Weskaap se politiek. As dit daar so gaan kan mens jou maat net voorstel hoe gaan dit in Luthuli huis nie veel beter nie en Mnr CR wil n land regeer met so n spul sterkte mnr.

Alida ·

Daai geld is lankal weg. As die stoele en bottels nie waai nie is daar fout.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.