‘Bird Island’: Verskoning, skikking aangebied

Media24 het onvoorwaardelik om verskoning gevra vir die skade wat bewerings in die boek Die seuns van Bird Island aangerig het.

News24 berig dat Ishmet Davidson, uitvoerende hoof van Media24, namens die mediamaatskappy onvoorwaardelik en opreg verskoning aan Barend du Plessis en sy familie asook die families van Magnus Malan en John Wiley gevra het. Media24 het ʼn skikkingsbedrag van R3 miljoen vir Du Plessis aangebied as vergoeding vir die pyn en lyding wat deur die bewerings in die boek veroorsaak is.

Johan Victor, Du Plessis en die familie van die twee oorlede ministers se regsverteenwoordiger, het verlede week gesê sy kliënte is nie tevrede met die twee “halfhartige” verskonings wat reeds deur NB-Uitgewers aangebied is nie. NB-Uitgewers het op 3 Maart vir Du Plessis om verskoning gevra en gesê die verskoning is egter net tot hom beperk en nie van toepassing op enige ander persoon geïdentifiseer in die boek wat ʼn rol gespeel het in die gebeure soos beskryf in die boek nie.

Volgens Victor het NB-Uitgewers weer op 17 April om verskoning gevra en was die tweede apologie ʼn ommeswaai van 180 grade vanaf hul vorige posisie. “NB-Uitgewers se verklaring het gelui ‘weens oorweging van sekere faktore’ word verskoning aan ontslape ministers Malan en Wiley aangebied. Die faktore wat in ag geneem is, word nie genoem nie.”

Victor het verlede week ʼn konsepverskoning uitgereik wat van Media24 en NB-Uitgewers geëis is en wat volgens hom deur sy kliënte as ʼn aanvaarbare en opregte verskoning beskou sou word. Victor het bygevoeg dat daar steeds verskeie ander eise is ten opsigte van die bereiking van volle restitusie. “In die verband spesifiek vir die geweldige emosionele en reputasieskade asook aantasting van die grondwetlike reg van menswaardigheid wat nog aangeraak moet word tot die volle bevrediging van ons kliënte.”

Die boek is in 2018 bekend gestel en het onder meer aangevoer Du Plessis [wat nie by name genoem is nie] en genl. Malan, oudministers van finansies en verdediging onderskeidelik, was betrokke by ʼn pedofielnetwerk wat glo in die 1980’s in die Port Elizabeth-omgewing bestaan het. Wiley, ʼn destydse minister van omgewingsake, is ook in die boek met die netwerk verbind. Dit het groot opspraak gewek.

Victor het gesê die sogenaamde skokonthullings in die boek was niks meer as versinsels en ʼn web van leuens wat deur die skrywers geweef is nie.

Hy sê 18 maande nadat die boek bekend gestel is, het geen enkele getuie nog na vore gekom om die bewerings te staaf nie.

Minnie het skaars weke ná die boek se bekendstelling selfmoord gepleeg. Steyn het ʼn leuenverklikkertoets oor die inligting in die boek afgelê, maar dit is gekritiseer in die opsig dat dit nie gehelp het om die bewerings te staaf nie, maar slegs bepaal het dat sy haar bronne se weergawes van die gebeure korrek weergegee het.

Die ondersoekende joernalis Jacques Pauw het later ook onthul dat Minnie enkele dae voor die boek se publikasie die volgende aan die uitgewer geskryf het: “Ons het geen konkrete bewyse dat enige van die drie ministers ’n slagoffer seksueel gemolesteer het nie.”

Die boek is reeds aan die handel onttrek.

  • Media24 het verskoning aangebied vir die publikasie van lasterlike stellings aangaande Mnr Barend du Plessis in die boeke “The Lost Boys of Bird Island” en “Die Seuns van Bird Island” asook die emosionele skade wat die publikasie van die boeke vir die Malan- en Wiley-families kon veroorsaak het. Volg hierdie skakel na die relevante verskoning. Hierdie verklaring is op die versoek van NB Uitgewers bygewerk – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Eerlik ·

Dis n skande dat een groep mense dit aan hulle eie mense sal doen sonder konkrete bewyse. Asof daar nie genoeg ander false aantuigings teenoor blankes uit daai era is nie.

Danie ·

Eerlik dit is onverstaanbaar dat ons eie mense in die hande van die magsbehepte ANC spieel. Ek weet nie hoe hulle gewetes werk nie, maar daar is cedfinitief `n skroef los.

Cherokee ·

Vergoeding is so ‘n geval word bereken namate die moontlike skade wat aangering kon wees. Jy is onrealisties.

Leon ·

Ek dink daar moet ‘n ondersoek wees na die skrywers se motivering en agenda. Daar móét iets agter die hele ding lê. ‘n Mens doen nie so iets as jy weet jy het geen bewyse nie, en dat jy gaan moeilikheid kry.

piket ·

Die boek ‘n versinsel?
Soos eerlik sê, hoe is dit moontlik?
Dit is moontlik, ja, sonder GOD is die mens in staat tot die laakbaarste van die laakbaarste.

Willem ·

Blykbaar gaan n klein gedeelte na hulle toe die res na n welsyn org, kan jy glo

Deon ·

Ek het van die eerste berig geweet dis strooi…. Hoeveel geld is uit die boek gemaak en hoeveel van daardie geld word nou aangebied as kompensasie? Dit was n geld maak storie ten koste van eerbare manne se reputasie. Dan is my ander vraag, wat het van die klomp geword wat die wolhaar storie opgedis het? Ek sou se dat daar ook streng opgetree moet word teen die persoon wat die “go ahead” gegee het vir publiekasie van die boek. As hierdie mense ernstig en goed in die bek geruk word dmv tronk strawwe en regte boetes “nie boetes wat deur die boek se verkope betaal word nie” dan sal die volgende een wat so ding wil doen twee maal dink daaroor…..

marius ·

Gaan hulle deur die hele wereld verskoning vra ? Die skade is onherroeplik . Alles net vir sensasie en …geld .

Kosie ·

Na die Jeffrey Epstein sage, dink julle werklik dit is vals? Die een skrywer is tereggestel en ons land is uit verkoop deur die vorige ministers. Watter houvas was daar op die ministers dat hulle hul eie mense so kon uitverkoop? Onthou ook dat Gert van Rooyen, per opdrag van die polisie, tereggestel is, eerder as om in ‘n hofsaak te getuig. Verder het ek nog nooit gehoor dat Media24 vir enige iemand om verskoning vra nie, hulle steur hulle eenvoudig aan niks en niemand nie, maar nou skielik vra hulle om verskoning. Ek is jammer, maar as ek na al die omstandighede kyk, is ek van mening dat hierdie boek baie nader aan die waarheid is as wat hulle graag wil voorgee.

Cherokee ·

Gert van Rooyen het Joey Haarhoff en homself geskiet 15 Januarie 1990. Die polisie het dit nie gedoen nie.

'n Simpelman ·

Alle joernaliste betrokke moet van “rol geskrap” word. Hulle nie joernalis se naam werd.

All geld gemaak deur boek verkope moet bekend gemaak word en elke sent aan ‘n liefdadigheid geskenk word. Ek praat van volle prys, alle druk en ander uitgawes moet ‘n verlies vir media24 wees.

Phumba ·

Wonder of die boek as vals nuus beskryf kan word – dan raak dit sommer krimineel ook en kan die mense oordentlik pak kry.

Fedup ·

I don’t want to read that book. I cannot think that anyone will write something that is not true and that they are sure of their facts. Unless it’s fiction. No offense, but not one of us will ever know the real truth. To be honest, i don’t want to know.

Hekwag ·

Molestering word altyd as die laaste spyker in die doodskis gebruik. Dink maar aan die twee gebroedsels wat Eugène Terre’Blanche se broek afgetrek het om kamma hulle optrede te kon “regverdig”. Die gemors is ook seker lankal weer op vrye voet.

a3a3 ·

die grappie van R3 miljoen sal oor eeue nie vergeet word nie. R30 biljoen per persoon klink ook na ‘n pleistertjie vir troos!!!

Estelle ·

Kosie, Mark Minnie het selfmoord gepleeg – daar was geen teregstelling nie. Hy was in elk geval nog altyd n omstrede karakter, sedert sy dae in die ou SANAP tak in Port Elizabeth. Hy het dalk geglo dis die waarheid, maar daar was geen bewyse nie. Dit sou dus beter gewees het as hy dan maar eerder net stil gebly het.

popsa ·

So, hoe gaan al die vere van leuens wat in die wind verstrooi is nou weer versamel word? Wie gaan dit doen? Wie gaan al die leuenboeke van alle wydverspreide rakke verwyder, dit verbrand en lesers daarvoor vergoed? Wie gaan die besoedeling van talle harte en gedagtes ontsmet? Hierdie leuenpublikasie grens aan misdaad in die ergste graad. Naamskending, ja, maar meer soos indirekte moord. Hoe herstel jy sulke skade aan die name van manne van integriteit? Skrywers, uitgewers, elke liewe persoon betrokke by hierdie walglike boek verdien radikale dissipline vanuit die regbank. Geld wat stom is, maak nie altyd reg wat krom is. Families, staan op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.