‘Bittersoet’ berusting ná lewenslange tronkstraf vir moordenaars

Annie Liebenberg en haar lewensmaat Michael Zantow (Foto: Verskaf)

Deur Megan Swart en Christel Cornelissen

“Dit is ʼn bittersoet situasie. Ek wil hê my ma moet nou rus; Michael moet nou rus.”

Só het Maryke Liebenberg Vrydag gesê nadat die Bloemfonteinse hooggeregshof die mans wat haar ma en haar lewensmaat gruwelik vermoor het, twee keer lewenslange tronkstraf opgelê het.

Annie Liebenberg (62) en Michael Zantow (64) se liggame is in Augustus 2021 in Sasolburg aangetref nadat hulle beroof en vermoor is. Annie Liebenberg (62) en Michael Zantow (64) se liggame is op 20 Augustus verlede jaar by twee verskillende huise in Sasolburg in die Vrystaat aangetref nadat hulle gruwelik vermoor is.

Stanley Lingena en Sithembiso Hlongwane is kort ná die moorde vasgetrek. Lingena het vroeër vir die paartjie gewerk.

Die twee is Vrydag, benewens die lewenslange vonnisse vir die moorde, ook 30 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede opgelê.

ʼn Emosionele Maryke Liebenberg het ná afloop van die vonnisoplegging gesê sy glo geregtigheid het geskied.

“Ek het in trane uitgebars. Natuurlik sal dit nooit enigiets verander nie. Dit sal nooit my ma terugbring nie, maar ek weet sy was iemand wat in geregtigheid geglo het. Geregtigheid het geskied en ons kan aanbeweeg met ons lewe.”

Annie saam met haar dogter, Maryke. (Foto: Verskaf)

Maryke het haar ma as ʼn vegter bestempel wat nou eindelik rus kan vind.

“Ná alles waardeur my ma in 62 jaar is; al die gestry en lyding en opoffering … eers op die einde het sy haar geluk en liefde gekry.

“Sy was ʼn vegter, iemand wat altyd anderkant uitgekom het – en nou kan sy finaal rus.”

Vir Maryke was dit egter ʼn opdraande stryd om berusting ná die moorde te vind.

“Dit is ʼn dolk in die hart. Niks gaan ooit weer dieselfde wees nie. Ek het dit al besef. Jy kom nie oor verlies nie, jy pas net daarby aan.”

Maryke het ook net groot lof vir die ongelooflike en onophoudelike werk van konst. Chrissie van der Linde, die ondersoekbeampte in die saak, en adv. Antoinette Ferreira, die staatsaanklaer.

“Dit is absoluut ongelooflik. Ek is so dankbaar vir alles wat Chrissie en Antoinette gedoen het. Hulle het bloed, sweet en trane ingesit wat my verwagtinge ver oortref het.

“Chrissie het hierdie saak so persoonlik gemaak. Sy was ongelooflik en as sy nie so flink was nie, sou ons nie so ver gekom het nie,” sê Maryke.

Sy sê ook sy het die beskuldigdes aanvanklik jammer gekry. “Wat moet in iemand se hart aangaan om só ʼn daad te pleeg? Hoe is jy so hard en onmenslik?”

Sithembiso Hlongwane (regs) en Stanley Lingena (links) (Argieffoto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

Maryke sê die skuldigbevindings is egter die beste afsluiting waarvoor hulle kon vra.

“Geregtigheid … ʼn ondersoekbeampte en staatsaanklaer wat vir ons baklei het. Ons moet vorentoe kyk en aanbeweeg en die mooi herinneringe behou.”

Lingela se aansoek om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding en vonnis is van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johanna ·

Mooi so. Dan wil die een gemors Nog appèl aanteken. Sies last Hy sit. Net jammer belastingbetalers Moet nou opdok vir sulke skuim

Anel ·

Net jamner dat oor ongeveer 10 jaar doen hulle aansoek vir parool. Plek as jy lewenslank kry is dit lewenslank, soos in ander lande. En dan moet hul menseregte weggevat word. Laat hulle weer harde arbeid doen soos vrooer. Nou bly hulle in hotel met 3 etes per dag, en word daar aan al hul grille en giere voldoen. Hulle slagoffers het nie daardie luukse gehad nie. Goeie werk deur onderdoekbeampte en hof!

Jacobus ·

Ek baie bly oor hierdie terroriste se skuldigbevinding en vonnis. Dit bly net opvallend waar wit mense die slagoffer was van n wrede aanval word dit sommer toegewys aab n wit polisie konstabel wat uitstekende werk gedoen het en hopelik al n paar bevorderings gekry het. Ek dink as dit andersom was sou Cele sekerlik al die familie besoek het en die hele polisiemag saamgestel het. Die ANC ag maar n wit lewe as gering in SA.

Casper ·

Dit is mos die twee wat so slim was tydens die verhoor.Dit is mos die ondersoekbeampte wat alles opgemaak het volgens hulle.Toon die man net die rasta hare enige berou,nee,inteendeel dit lyk of genot daaruit put.Mag hulle verrot in die tronk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.