BLF se uitlatings oor Driehoek-tragedie ‘haatspraak’ – hof

Lindsay Maasdorp. (Foto: Facebook)

Die gelykheidshof in Johannesburg het bevind dat die BLF wél haatspraak gepleeg het toe hulle destyds die dood van vier leerders van Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark op sosiale media gevier het.

Die BLF se woordvoerder, Lindsay Maasdorp, en die adjunksekretaris-generaal, Zwelakhe Dubasi, is ingevolge die hofbevel verplig om R50 000 aan elk van die vier oorlede leerders se gesinne te betaal. Dié betalings dien as skadevergoeding vir die skending van die gesinne se reg op gelykheid, hul waardigheid, emosionele en sielkundige pyn, lyding, vernedering en aftakeling wat weens die haatspraak berokken is.

Maroela Media het vroeër berig dat Solidariteit met ʼn strafsaak teen die party en sy twee lede begin het oor die uitlatings wat hulle in 2019 oor die Hoërskool Driehoek-tragedie gemaak het. Vier leerders van dié skool is dood en minstens 20 ander beseer nadat die betonvloer van ʼn loopbrug by die skool ingegee het.

Maasdorp het onder meer op sosiale media geskryf: “I would ‘mourn’ the deaths of the victims if they turned out to be black but ‘celebrate’ them if they were white.”

Hy het ook bygevoeg: “If our God has finally intervened and our ancestors have petitioned and seen that these white land thieves have now died then I definitely celebrate it. I celebrate the death of our enemies, their children, their cats and their dogs. That is our position.”

Die nuwe brug by Hoërskool Driehoek. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media

Die ouers van die vier leerders wat gesterf het, het ná afloop van die uitsprake ʼn mandaat aan Solidariteit gegee om die saak verder te voer.

Die hof het in sy uitspraak verder beveel dat die respondente verbied word om hul uitlatings op enige sosiale- of massamediaplatform te herhaal. Maasdorp en Dubasi is ook verplig om hul destydse kommentaar en enige verwysing daarna van sosiale en openbare kommunikasieplatforms te verwyder.

Maasdorp en Dubasi moet ook ʼn geskrewe verskoning aan alle Suid-Afrikaners publiseer, waarin hulle erken dat hul uitlatings haatspraak was. Die respondente se geskrewe verskoning moet ook aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) vir verspreiding gestuur word.

Die hof het Maasdorp en Dubasi verder verplig om Solidariteit en die gesinne se regskoste te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

domheks ·

Mooi so!!! Elke hond kry sy dag maar ‘n brak kry sommer ‘n naweek!

Jr ·

Aah nou het jou getwiste haat jou te duur gekom. Ooh as daar twee organisasies wat hulle werk ken is dit Solidariteit en Afriforum.

ES ·

Hulle het nie geld om te appeleer nie. Die gelykheidshof sal ook nie sommer appel toestaan nie.

Herman L ·

Wonderlike hofuitsraak! Die res van die regbank behoort deeglik kennis te neem van die uitspraak. Dit moet ‘n voorbeeld wees vir ander regters om na te volg.

Pierre ·

Swak uitspraak as dit anders om was sou die persoon effektiewe tronkstraf in die gesig gestaar het.

Herman ·

Is dit so? … en na ‘n jaar word hy vrygelaat op parool en gaan hy maar net aan met sy haatspraak.

Marie ·

Die grootste straf vir Mnr. Maasdorp is dat hy met homself moet saamlewe. Hy kyk elke oggend in die spieël en dit behoort sy dag ordentlik te verwoes. Sterkte aan die getraumatiseerde families wat nie net hulle kinders verloor het nie, maar ook ‘n hofsaak moes belewe.

Wondermaarnet ·

Sulke mense het nie ‘n gewete nie en sal onderlangs steeds die witman slegmaak, maar hy vergeet waar sy en die mede kaders se kos vandaan kom.

versigtig101 ·

Presies hierdie haat woorde oor ons arme wit kinders was wat my finaal laat besluit het om te emigreer uit Suid Afrika uit. Die rasse haat gaan nie verbeter nie, indeendeel dit word erger. My dogtertjie was 2 jaar oud en vir my was daar geen toekoms vir haar oor in Suid Afrika nie – sy en haar generasie sou nogsteeds geblameer word vir wat van ons voorvaders gedoen het.

George ·

Gebruik nou daai geld en wys wat dit vir wit kinders kan doen, en CC hom.

JM ·

Bravo!! Die haat wat by hierdie skuim oorgekook het, het geboemerang! Hulle dag sal kom.

Renier johannes ·

Sluit die moeg ding toe op robbeneiland en vergeet van hom

Di ·

Hierdie skuim moet oppas wat hulle ander toewens! Die wiel kan draai en Karma mag dalk sy werk doen. Geen wonder want hulle glo nog aan “ancestors”

Net ek ·

Hulle sal net appeleer en dit uitrek, iewers sal een van hulle maatjies op die regsbanke in hulle guns beslis vir ‘n ietsie onder deur die tafel.

Michael ·

Hulle sal daai verskonings met ‘n glimlag maak- Uitspraak beteken nie veel. Was die velkleure nou anders om dan was dit die media vol en die oortreders sou tronk toe sonder die keuse om geld aan die slagoffers te betaal. Uitspraak bewys net dat hierdie eintlik die “Ongelykheidshof is”. Tragies dat die meeste van ons so bly is “geregtigheid” het geskied

gatgogga ·

Ja, ons moet besef dat die hoofstroom media ons grootste vyand is. Ons moet hulle ook by elke moontlike geleentheid uitwys.

Wondermaarnet ·

En wat gebeur as ek nie hul verskoning aanvaar nie? Hulle sal verskoning vra omdat hulle moet en nie wil nie. Dit help dan mos niks.

Pieter ·

Wel gedaan Solidariteit. Maar steeds ondersteun te min Afrikaners Solidariteit en AfriForum maandeliks. Was dit nie vir huille nie – waar sou ons wees vandag ?

Johannes_64 ·

Hoe lank sou dit neem om ‘n blanke persoon in die tronk te kry indien so ‘n dood van swartes gevier word, sal daar ‘n “verhoor” wees om vas te stel of die haatspraak is?

Poppi ·

Dit is die beste nuus in `n lang tyd!!!! Wens julle het ook sommer bietjie TRONKSTRAF gekry en GEEN sosiale platform gebruik.
Wonder net wanneer is dit julius se beurt ??? hy moet ook boet so hoe lank moet ons nog wag????

Swerwer ·

Ongelukkig neem dit lank voor daar ‘n uitspraak gegee word , maar mag dit al hoe meer toegepas word dat die klomp, Malema en sy volgelinge asook die ANC Kader, vas gevat word vir hul haatspraak. Hul het nie ‘n idee wat regtig aan die gang was en is nie. Deur aanhitsing volg hul die aanhitsers maar weet nie werklik wat die toedrag van sake is nie.

gatgogga ·

Nou kan hulle seker appeleer, en dan kan die appelsaak weer vir so drie jaar uitgestel word.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Bravo! Absoluut net reg so! Hopelik sien ons al meer oorwinnings van hierdie aard in die toekoms. Sal hulle leer om hulle woorde te tel en te dink voordat hulle sulke kwetsende, haatdraende en rassistiese uitlatings maak.

Eugene ·

Solidariteit moet appeleer teen die vonnis. Niks minder as aktiewe tronkstraf nie.

Hasie ·

Mooi ….baie baie mooi . Maat gat hy sy les leer…….mmmmm? Ek wonder…

Antz ·

Wonderlike nuus! So bly dat daar eens vir ons ook geregtigheid is!

Jdb ·

Baie ligte straf. Hulle moet GESAMENTLIK R50,000 aan elk van die 4 familes betaal. Dis belaglik.
En dan moet hulle ‘n verskoning publiseer, maar daar word nie voorgeskryf hoe of waar nie?
Vergelyk dit nou met die straf wat die vrou gekry het toe sy ‘n skare mense “apies” genoem het.

Jack ·

So dit beteken dat hulle kan voortgaan met haatspraak. Watse regstelsel is dit waar jy net om verskoning kan vra en dan moet geld alles regmaak. Wat n korrupte stelsel. Nou gaan miljoene hul voorbeeld van haatspraak volg.

Waarnemer ·

En wie betaal aan die einde van die dag daardie 50000?Die regering…maw….ons die belastingbetaler.

Karina ·

Dit wil half voorkom of die regsbank begin dink soos regters, nie gunstig is teenoor sekeres in ons land nie. Ek stem met domheks se kommentaar. Mooi so! Mag Malema ook sy vonnis kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.