Blitsberaad oor onteiening sonder vergoeding

Argieffoto

Die sakeregte-waghond AfriSake bied, in samewerking met verskeie organisasies, op Dinsdag 6 Maart 2018 ’n blitsberaad oor onteiening sonder vergoeding aan. Dít volg nadat die EFF se mosie oor ’n grondwetwysiging oor grondonteiening sonder vergoeding gister in die parlement geslaag het.

Organisasies wat reeds hul deelname aan die blitsberaad bevestig het, sluit in AfriSake, AfriForum, Agri SA, die FW de Klerk Stigting, die Instituut vir Rasseaangeleenthede, Solidariteit, TLU en die Vryemarkstigting.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê dit is van kardinale belang dat die burgerlike samelewing dringende stappe doen om eiendomsreg te beskerm: “Die doel van die beraad is om die onderskeie organisasies se interpretasie van die EFF en ANC se mosie, die politieke verwikkelinge en die pad vorentoe te bespreek. Ons rig ’n ope uitnodiging aan enige organisasie wat die beskerming van eiendomsreg in Suid-Afrika op die hart dra om by die blitsberaad aan te sluit.

“Die ANC se aanvaarding van die beginsel van onteiening sonder vergoeding het ’n nuwe politieke landskap in Suid-Afrika daargestel: een waar die radikale Julius Malema en sy EFF se verregaande beleidspunt skielik hoofstroom geword het. Alhoewel daar rede is om te glo dat president Cyril Ramaphosa die impak daarvan wil beperk, is dit ongelukkig ’n realiteit dat sy moontlike versigtigheid geen waarborg vir stabiliteit is nie. Die minagting van eiendomsreg wat nou geduld en gevoed word, is besig om al die verkeerde verwagtinge by kiesers te skep, en lê die grondslag vir ’n nuwe, radikaler politieke fase in Suid-Afrika. Dit móét teengestaan word,” sê Le Roux verder.

Uitnodigings is ook aan die vier partye wat gister in die parlement teen die mosie gestem het, naamlik die ACDP, COPE, DA en VF+, gerig. Daar word verder op terugvoer van verskeie ander organisasies gewag.

  • AfriSake is ’n onafhanklike sakeorganisasie wat optree vir die beskerming van eiendomsreg, die vryemark en in die belang van ’n voorspoedige ekonomie. AfriSake is in 2011 opgerig en het tans meer as 12 000 lede.

Organisasies, belangstellendes en media wat die beraad wil bywoon, kan AfriSake kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cherokee

Dit laat ‘n beswaarde gevoel dat die FW De Klerk Stigting ook deelneem. Onteiening is deur De Klerk gestig.

Al

Dis goed dat daar ñ dringende beraad gehou word, aangesien dit onsekerte bring oor vae beleidskwessies.
Die ANC en EFF kan nie vertrou word nie, hul sal gemoedere probeer kalmeer dan val ons terug in ons naiewe gemaksone.
Laat weet ons burgers wat ons kan doen.
Ons het ñ goeie leier en ñ uitstekende strateeg nodig wie slinks is.
Dalk is die beste verdeding om die ANC en EFF onkant te betrap sodat hul nie weet wat die volgende stap is nie.

thinus erasmus

Daars sal geen keer meer wees vir Anc/swart meerderheid regering om te maak soos hulle wil. Daar kan alleenlik op ‘n klein onafhandelike Afrikaner tuisland beroep word op grond van die huidige grondwet totdat hul dit ook verander. Dit moes ongelukkig reeds in 94 plaasgevind het. Op grond van restitusie het ons ook ‘n eis op die grond wat Piet Retief gekoop het, maar hul sal argumenteer dat dit reeds in blanke besit was en dus geen eis nie. Ons is uitverkoop, verloen en sal binnekort vertrap word tot stof. Ramaphosa het nog niks oor moorde op blankes/boere gese nie.… Lees meer »

Chrisjan

JZ is skelm en slu.
CR is skelm, slu en slim!

Antigrondgryp

Moet tog nie vir fw daar toelaat nie.Hy het genoeg skade veroorsaak en sal vir res van sy lewe as n verraaier beskou word.Ook in die geskiedenis boeke.Sy woorde en aksies dra geen krag nie en Ramaposa is besig om in sy voetspore te volg.