Bloedvlekke, liggaam onder beddegoed ná moord op Viljoenskroon-kleinhoewe

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die liggaam van ʼn kleinhoewe-eienaar van Viljoenskroon is Sondagoggend onder beddegoed gevind nadat ʼn buurman na die man gaan soek en talle bloedvlekke deur ʼn gebreekte venster gesien het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het gesê die buurman was omstreeks 06:00 vanoggend op die kleinhoewe nadat hy die slagoffer nie vroeër in die hande kon kry nie.

“Met sy aankoms by die huis het hy op ʼn oop venster afgekom. Die diefwering was gebreek. Hy het deur die venster gekyk, bloedvlekke teen die mure gesien en dadelik die polisie gekontak,” het Makhele gesê.

Die polisie het die man se liggaam op ʼn bed aangetref. Hy was met beddegoed bedek en talle bloedvlekke kon gesien word.

Na verneem word, het die slagoffer alleen op die Avondster-kleinhoewe in Fortunastraat gewoon.

“Die slagoffer is met ʼn elektriese koord vasgebind en het verskeie steekwonde aan sy kop gehad,” het Makhele gesê.

Sy Toyota Hilux word in hierdie stadium vermis.

“ʼn Saak van moord en gewapende roof word ondersoek,” het Makhele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Nog sinnelose moord en dit vir wat? My hart is stukkend om die artikels te lees en die manier hoe die mense vermoor word… Elke keer ‘n boodskap vir ons

Kompas ·

En weereens nog ń sinnelose moord op ń onskuldige lewe. Waar is ons veilig???

Persheks Adri ·

Ek stem 100% saam met jou! Absoluut nêrens is ons veilig nie! Dis hoekom ons onsself moet beveilig…

Surfer ·

Beveilig jouself, niks en niemand gaan dit vir jou doen nie, niemand nie.

Werner ·

Na al die optogte vandag ons Sal weer n Senekal 1 senario moet kry

Anel ·

En dit word so stil gehou!! Is meer bekommerd of mense virus 19 het. Siek man.

Kokerboom ·

Danksy die ANC het SA ‘n wrede land geword en die regerende regime gaan voort asof dit die norm moet wees!! Ek wonder hoeveel swart op wit moorde was daar vanjaar alleen in SA? Okk die omgekeerde? Kom laat ons ‘n slag eerlik wees en ophou skuil agter politieke korrektheid!!!

Nico ·

Bheki Cele en die staats president moet nou daadwerklik iets aan die saak doen en ophou met onnodige sake, dosiere verdwyn ook so gaan moord sake tot niet, die Suid Afrikaanse regstelsel is ook korrup.

Adam Adriaan ·

Baie jammer om dit te hoor. Na wat verneem word is dit een van my mede offisiere in die ou SANW. Hy het sy een been verloor in ‘n landmyn ontploffing in Angola. Hy was vereer met die Honoris Crux medalj Ons was destyd verbonde aaan die Genie Korps(Sappers).

Dries ·

En dit so kort na die geweldadige dreigemente elders in die dorpie… Tragies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.