Bloem-dieretuin sluit finaal

Die Bloemfontein-dieretuin se ingang (Foto: Verskaf)

Die Vrystaatse departement van ekonomiese sake, kleinsake-ontwikkeling, toerisme en omgewingsake (Destea) het saam met die Dierebeskermingsvereniging (DBV) die Bloemfontein-dieretuin finaal gesluit. Die oorblywende diere is die afgelope drie weke na hul nuwe tuistes verskuif.

Dit volg nadat die diere vir dae lank nie kos gekry het nie en vyf diere aan die begin van die maand van honger gevrek het.

Reinet Meyer, senior inspekteur by die DBV, sê hulle het sowat 150 diere finaal uit die dieretuin verwyder en in fasiliteite landswyd hervestig. Die DBV het altesaam 5 000 km afgelê om die diere by hul nuwe tuistes te besorg.

Die 11 buffels word egter eers later hervestig. Hulle moet eers drie toetse, onder meer ’n TB-toets, ondergaan voordat hulle verskuif kan word. “Ons steun op donasies van die publiek om omtrent R150 000 in te samel vir hierdie toetse sodat die buffels ook na hul nuwe tuistes kan gaan,” sê Meyer.

Tebogo Maswanganye, inspekteur by die DBV, sê hulle is oorstelp van vreugde om te weet dat die diere nou in ’n beter plek is. “Ons is ook dankbaar vir almal se hulp en ondersteuning met die hervestiging van die diere,” sê Maswanganye.

Destea het in Desember die dieretuin tydelik gesluit omdat die dieretuinoweheid versuim het om aan al die voorgeskrewe vereistes en voorwaardes te voldoen, soos uiteengesit deur die departement. Die dieretuin moes egter steeds toesien dat diere gevoer word.

’n Petisie is reeds verlede jaar begin om die dieretuin eens en vir altyd te sluit. Maroela Media het vroeër berig Nicole Viljoen, omroeper van die gemeenskapsradiostasie Radio Rosestad, en haar mede-omroeper Bernie Naude het in samewerking met die radiostasie handtekeninge van inwoners van die stad gewerf om die dieretuin te sluit.

Naude en Viljoen het die veldtog begin omdat hulle gemeen het die dieretuin is die afgelope jare verwaarloos en hulle wou juis verhoed dat onskuldige diere vrek. “Die sluit van die dieretuin is ’n groot oorwinning. Ons stem is gehoor,” sê Viljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hennie ·

Die eens trotse dieretuin wat n sieraad was en waar ons as Bloemfonteiners gereeld gegaan het is nou vir ewig van ons weggeneem deur mense wat niks omgee vir diere nie. Ek skaam my om te se ek bly in Bloemfontein.

Bite Me ·

Hennie,

Ek het dit Sondagaand op Carte Blanche gekyk met trane in my oe. Dis verskriklik om te sien hoe die mensdom teenoor onskuldige diere optree. Ek hoop ter harte hierdie is een van die sake wat die DBV nie sal los nie en laat die skuldiges aan die pen ry.

Pieter ·

Dit help nie om nou lang trane te huil nie. Ek kan nie glo dat Bloemfontein in die begin absoluut niks gedoen het nie. Wat het julle gedoen as gemeenskap om saam te staan en in te spring om die dieretuin te help red? Die probleem met van ons ou volkie is, dat ons vinnig is om kommetaar te lewer maar wil nie betrokke te raak nie. Ek skaam my vir julle.

Pieter ·

Ek woon nie naby Bloemfontein nie. Indien ek n inwoner was, het ek onmiddelik proaktief opgetree en die gemeenskap genader om hulp te verleen om die dieretuin te red, ipv agteroor te sit en wag vir die plaaslike owerheid om iets te doen. Ek hoop ek beantwoord jou vraag. Dit is hoekom ons is waar ons is, omdat ons wonderwerke van ons plaaslike Owerheid vewag wat glad nie vir diere omgee nie slegs hulle sakke.

ES ·

Scalla, nie als gaan oor politiek nie. Diere wat vrek van die honger en politiek kom nie hier bymekaar uit nie.

Pampoen ·

Ek is bly daaroor. Hoekom moet die arme diere lewenslank in hokke aangehou word? Alle dieretuine moet sluit. Daar is TV en wildtuine om die wild te besigtig in hulle natuurlike staat.

Astrain ·

Dankie dankie dankie aan die NDBV ~ dis wonderlike nuus!!! Dis n groot oorwinning vir bewaring en diere regte ~ nou moet ons net die skape van skepe gered kry!!!

Sobymykoolkop ·

En so lyk dit wanneer persone aangestel word deur vir wie hulle stem en NIE oor bekwaamheid nie.

Anel ·

Alles waaraan hulle vat verander in rommel. Ongekukkig kan mens nie altyd hardop sê wat jy saggies dink nie.

Michael 1 ·

Dit sal net vererger todat ons n eie tuisland soos lesotho het dan kan ons dit opbou tot die beste landjie in Afrika.

Paul ·

Nog ‘n ANC mislukking! Hulle kan NIKS opbou of selfs in stand hou nie!!

Erik ·

Ek bly in Bloemfontein en het hier grootgeword.

Die dieretuin was altyd ‘n heerlike plek. Ek onthou ‘zoo snooze’ kamp aande, safari etes in die aande saam met my oupa en ouma, en selfs kinderpartytjies daar. Ek onthou die een ou groot krokodil, die bekende sjimpansee en selfs nog die kompetisie wat daar was om die 2 nuwe olifante hul name te gee. Dis hartseer!

Bloemfontein gaan lelik agteruit en dis regtig nie meer ‘n lekker stad nie. Hier is nog uitstekende skole en hospitale, maar dit sal ook seker mettertyd verval. Soms voel dit vir my asof hier een of ander oorlog was en die skade nooit herstel is nie. Die middestad ruik na uriene, vullis hoop op en tuine en parke word nie onderhou nie. Hopelik hoef ek ook nie my kinders na Kovsies te stuur nie. Waar in die wêreld word ‘n universiteit met ‘barb wire’ omhein? Moedeloos…

Katryn ·

Ek sal graag wil weet hoe ver is die regsaksies teen die verantwoordelike persone? Hul moet definitief aan die pen ry! Dit kan nie net bloot ignoreer word nie.

Strandloper ·

Stem saam maar aan die einde van die dag sal net mooi niks gebeur nie. Dit gaan makliker wees om maan toe te loop as om die kaders te hervorm.

Johan ·

Nou hoop ek die persone wat verantwoordelik was vir die versorging van die diere word ook aangekla en toegesluit, hopelik ook soner kos of water

Wielspore ·

Dit is jammer dat die dieretuin sluit as gevolg van swak bestuur deur Bloemfontein munisipaliteit. Ek het as tjokker heelwat kere die dieretuin besoek en dit was ‘n groot aantrekkingskrag vir mense uit die omgewing. Die eerste doodskote het gekom toe die munisipaliteit toegelaat het dat die park rondom die dieretuin oopgestel is vir besoekers vir Kersdag en dan ook Nuwejaar. Die gevolg was skoonmaak kostes teen nie betalende besoekers. Ek kom gratis in en bemors jou plek sodat jy hom self kan skoonmaak. Ek wonder hoe het die dieretuin se diere hierby baatgevind. Hierdie terrein is ook sentraal tot Bloemfontein se besigheids sentrums, dalk wa die toemaak van die dieretuin deel van die munisipaliteit se plan om nou die grond ten duurste aan winkelsentrum ontwikkelaars te verkoop en dan die geld in die korrupte munisipaliteit se stroopkas te sit.

JC Venter ·

Ek sien swarigheid vir die ANC-regering wat Korona Covid in Suid-Afrika probeer beveg, maar hulle kan nie eens die Bloemfonteinse dieretuin in stand kan hou nie.

antieke antie ·

onbevoegde mense kon nie eers instand hou nie….. hoe gaan dit by die dieretuin wat deur demokrasie gebou is…

Genis ·

Ek hoop van harte die verantwoordelikkes ry behoorlik aan die pen… Dis n uiterste skande dat diere wat nie vrylik kan kos kry so n tragiese dood moes sterf! Weet dit, die Here slaap nie..

Pieter ·

Wonder as dit ‘n oorwinning is. Daar het ‘n voëltjie gefluit dat hierdie grond nou ontwikkel kan word, blykbaar is die grond goed geleë en duur. Mense gaan weer geld skep. Siek beweging om diere so te laat ly vir geld en ‘n historiese erfenis so af te breek. Die Protea Hotel naby die Waterfront het mooi ou prente van hierdie dieretuin. Daar sal nie seën op die nuwe projek en sy ontwikkelaars rus nie, jy speel nie met die noodlot nie.

Jacobus ·

Kan net met Hennie saamstem. Maar net nog ‘n simptoom van ‘n bestel wat alles tot in grond “bestuur” het.

Eugene ·

Ek hoop die mense wat hiervoor verantwoordelik is beland in die tronk vir dieremishandeling. Ek is in Bloemfontein gebore en was menigmaal in die dieretuin. Sommige mense kan glad nie met diere werk nie en behoort nie eens troeteldiere te besit nie

Strandloper ·

Wel gedaan anc jul kry dit reg om my telkens te verbaas.

Hennie ·

Empatie met diere, en goeie bestuurspraktyke is tog maar eintlik ‘n Westerse begrip… Sies ANC, sies….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.