
Die ongelukstoneel. Foto: @sebolawe2 op Twitter.
Volgens Anthony Benade, die DA se leier in Mpumalanga, wys ʼn video van die voorval hoe motoriste aan die verkeerde kant van die pad ry terwyl nooddienswerkers die motoriste vra om plek te maak sodat ʼn ambulans die ongelukstoneel kan bereik.
Benade het gesê die video wys ook hoe ʼn swart Lexus, wat deur ʼn polisievoertuig vergesel word, die stilstaande motors voor die ongelukstoneel verbysteek en sodoende veroorsaak dat ʼn ambulans nie die ongelukstoneel kan bereik nie.
Die botsing het Woensdag op die N4 naby Middelburg plaasgevind en het hewige verkeersontwrigting veroorsaak. Vyf mense is in die ongeluk dood en ʼn vrou is kritiek beseer.
“Dit is onverklaarbaar hoe enige individu met soveel selfbelang gevul kan wees dat hulle hul status of magsposisie, met behulp van die SAPD, gebruik om ‘n ernstige ongelukstoneel te vermy,” het Benade bygevoeg. “Dit is ook onverklaarbaar dat só individu dan aan die verkeerde kant van die pad ry, nooddienste se toegang tot kritiek beseerde pasiënte versper en eenvoudig nie omgee oor die gevolge van hul dade nie.”
Hy het David Mabuza, premier van Mpumalanga, Vusi Shongwe, LUR vir veiligheid en sekuriteit, en Thulani Ntobela, provinsiale polisiekommissaris, versoek om onmiddellik ʼn ondersoek na die voorval van stapel te stuur.
“Geen individu, maak nie saak wie hulle is of watter posisie hulle beklee nie, kan belangriker geag word as ongelukslagoffers wat noodbehandeling benodig nie,” het hy gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Above the law, tot dit HY is wat daar le. Idioot.
Hulle verskoning sal wees hulle was laat vir pap en sous,
Ek was op die toneel. Dit was vreeslik. Is daar enige nuus oor die vrou?
Ek het nie woorde vir die absolute HAAT en WALGING in my nie.
Bernine Booysen is op pad na die hospitaal oorlede. My dogter Ilse was in die Juke.