Boer op plaas vermoor

plaasheining-300x2251Paul Mason (63) is Donderdagoggend op sy plaas naby Sabie in Mpumalanga doodgeskiet.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê Mason en sy vrou, Gwyneth (58), is Donderdagoggend deur vier gewapende mans oorval toe hulle by hul huis op die plaas Kruisfontein aangekom het. Mason is drie keer geskiet terwyl sy vrou vasgebind is. Sy kon daarin slaag om haarself te bevry waarna sy ʼn veiligheidsmaatskappy ontbied het. Die egpaar se tuinwerker is ook vasgebind en in ʼn puttoilet gegooi. Hlathi sê twee skootrekenaars, vier selfone, bankkaarte, juwele, kontant en wapens is gesteel. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en gewapende roof. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Hlathi sê dit is nog nie duidelik of die aanval verband hou met die rooftog wat vroeg Donderdagoggend in Hazyview plaasgevind het nie. ʼn Groep kinders en onderwysers van die Laerskool Hennopspark in Centurion, wat by ʼn vakansieoord in die omgewing oornag het, is deur drie gewapende mans beroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
AFRIKANER

“It seems that farmers have no other choice than to prepare themselves for war.” This was said by TAU SA’s Deputy President and Chairman of the Safety Committee, Mr. Henry Geldenhuys. Mr. Geldenhuys responded to the murder of 77-year old Mr. Johan van Rensburg of the Baltimore area. “This murder was committed barely a day after the ANC Youth League deputy president, Ronald Lamola, said in Durban that it is an illusion if South Africans believe they can get their land back peacefully. ‘We need an act as forceful as war to bring it back to the Africans’ Lamola said.”… Lees meer »

Amy

Wanneer gaan dit ophou? En om kinders te beroof… Nee genade, regtig.

Andie

Roof? Twak! Dis grondbesetting. Hulle manier om paniek te saai en om die boere van die plase af te kry.

AFRIKANER

The ANC Youth League and Young Communist League have since last year been receiving full-time training at several SANDF military bases across the country. The training is government funded and currently at least 8000 Black youths 18-35 years of age will receive 2 years training at a military base. No Whites are included in this programme, nor any youths from any other political Youth groups. According to the Defence and Military Veteran Minister, they aim to train about 20,000 youths a year. The first batch to receive training were 500 youths recommended by the Department of Rural Development and Land… Lees meer »

Jasper

@AFRIKANER. Baie dankie vir jou inset. Hierdie geweld teen blankes kom nie van gewone kriminele nie. Dit is n beplande aanslag met regerings goedkeuring. Ons moet ophou vra wanneer gaan dit ophou. Dit sal nie. Ons is leierloos want ons Leiers het klaar met Dingane onderhandel en elkeen is besig by sy eie koelteboompie en waterstroompie langs die Boesmansrivier. DIE HONDE HET AL BEGIN BLAF EN DIE ROOK TREK AL, MAAR ONS MENSE SIT HIER BY BLOUKRANS EN WAG DAT DIE LEIER MOET OPDAAG.!!! Bid net dat een stomme Witman nie kop verloor en goedsmoeds weer n Witwolf triek trek… Lees meer »