Boer, plaaswerker oorval terwyl hul volstruise voer

Foto ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

’n Bejaarde boer van die Oos-Kaap is vandeesweek op sy plaas in die omgewing van KwaNojoli (Somerset-Oos) aangeval terwyl hy sy volstruise gevoer het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die boer (79) was Dinsdagoggend besig om sy volstruise voor sy huis te voer toe drie verdagtes hom en ’n plaaswerker oorval en vuurwapens op hulle gerig het.

Die boer en die plaaswerker is vandaar albei die plaashuis ingelei waar hul hande en voete vasgebind is.

Naidu sê die boer se vriendin is gedwing om die kluis oop te sluit en ’n jaggeweer, ʼn .38-rewolwer en kontant is uit die kluis gesteel.

Die verdagtes het ook twee televisiestelle en twee selfone gebuit voordat hulle in die boer se Isuzu-dubbelkajuitbakkie op die vlug geslaan het.

Die drie verdagtes is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

piet ·

Verbeel ek my of is daar veel minder plaasmoorde (sover) vanjaar?

ES ·

Ek wil net weet hoekom die bejaarde boer nie sy vuurwapen by hom gedra het nie. My oupa het nog op 80 geskiet en kon goed en vinnig skiet. Baie bly hulle is nog lewend, dit kon veel erger uitgedraai het, soos wat in meeste gevalle gebeur.

Papsak ·

Hulle hou nou maar net nie op nie met hulle gemoordery nie !!!!!!?

Jack ·

Waar is ons nog veilig ? Moet ons dan 24/7 sekuriteit en heinings om ons huise hê met kameras vir elke hoek en draai?

Duck ·

Orals moet jy nou rondkyk as jy na ‘n afgeleè plekkie toe wil gaan. Ek weet dan nie eens meer waar om te gaan visvang nie want dit is net so ‘n risiko.

Peach ·

As niemand eens meer veilig is in die Huis van aanbidding nie, moenie dink jou huis is ‘n plek van veiligheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.