Boer se ‘moordenaars’ en ander steeds soek ná ontsnapping

Kloksgewys van bo Chris Sithole, Alfonso Mpofu, Benny Machesa en Emmanuel Hobe Foto's: SAPD

Kloksgewys van bo Chris Sithole, Alfonso Mpofu, Benny Machesa en Emmanuel Hobe Foto’s: SAPD

Die polisie in Noordwes is nog steeds op soek na agt van die 10 verhoorafwagtendes wat byna ʼn maand gelede, op 17 Junie, uit die Mogwase- korrektiewe sentrum ontsnap het.

Maroela Media het vroeër berig voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn venster in ʼn badkamer gebreek is, waarna die mans na die dak van die gevangenis geklim het. Van daar het hulle bedlakens gebruik om na onder te klim en te ontsnap.

Twee van die ontsnaptes, Lloyd Munungu en Joseph Mlambo is op 21 Junie in Koster aangekeer. Hulle het op 23 Junie in die Mogwase-landdroshof verskyn op aanklag van die ontsnapping uit wettige aanhouding. Hulle moet weer op 19 Julie in die hof verskyn.

Oscar Sibiya, Luckymore Mutasa, Mandla Mokoena, Emmanuel Banda Hobe, Chris Sithole, Knowledge Benny Machesa, Alfonso Alfred Mpofu en Cleophus Tapiwa is egter steeds op vrye voet.

Die persone was in aanhouding op aanklag van verskeie oortredings waaronder moord, roof met verswarende omstandighede, huisbraak, poging tot moord, roof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Twee van die ontsnaptes, Chris Sithole en Alfonzo Mpofu, was twee van vier mans wat op 5 Februarie uit ʼn bewegende polisievoertuig in Noordwes ontsnap het. Hulle is later weer aangekeer voor hulle vir ʼn tweede keer op 17 Junie ontsnap het.

Sithole en Mpofu, wat tereg staan op aanklagte van moord, roof en verkragting, is glo onder meer saam met die meesterbrein agter die moord op ʼn Pretoriase boer, Hans Huyser (50), in hegtenis geneem.

Huyser se dogter, Sarah (24), het in Februarie aan Maroela Media gesê die nuus dat haar pa se vermeende moordenaars ontsnap het, was net so ’n groot skok soos die dag toe sy moes hoor haar pa is doodgeskiet. “Ons rou en is hartseer. Dis skokkend om meer as ʼn week nadat hulle ontsnap het op Facebook daarvan te lees. Die polisie het ons glad nie eens laat weet nie. Dis skrikwekkend om te dink dat Sithole en Mpofu weer daar buite is. My ma is steeds getraumatiseer, haar man met wie sy meer as 30 jaar lank getroud was, lê in die graf en hulle loop vry daar buite los, weer reg om te vermoor en te verkrag. Ons wil weet hoe hulle ontsnap het; ons wil hê geregtigheid moet geskied en dat hulle boet vir hul dade.”

Die onderskeie sake word deur die polisie in Zeerust, Mooinooi, Hartbeesfontein, Brits en Rustenburg ondersoek.

Machesa staan ook tereg op verskeie aanklagte op sake wat by Bela-Bela in Limpopo aanhangig gemaak is.

Die polisie versoek enigiemand wat inligting het wat tot die inhegtenisneming van die agt verdagtes kan lei, om Ezekiel Rakodi te kontak by 079 881 9905.

Lees alle vorige berigte oor die Brits-ontsnapping en Rustenburg-ontsnapping op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Tiger ·

Nerens lees ek van die interne ondersoek van die SAPD teen die polisie beamptes wat tydens die ontsnappings aan diens was nie.Dit sal waardeer word indien Maroela Media ‘n in diepte ondersoek na dit doen en daaroor berig.Ons wil weet wat word gedoen aan die polisie beamptes wat aan diens was tydens die ontsnappings en wie verantwoordelik was vir die bewaring van gevaarlike kriminele agter tralies .

Niel ·

Ek sal jou aanraai om eers die berig te lees voordat jy sulke stellings maak. Die persone het uit die gevangenis ontsnap, nie die polisieselle nie

Cindy Huyser ·

Chris Sithole en Alfonso Mpofu het my man vermoor en ontsnap nou vir die 2de keer in 6 maande, ons is weereens nie in kennis gestel nie…….nie meer hoop vir Suid Afrika nie

Moulder ·

dis n ernstige en gevaarlike situasie. gesigte van moordenaars. bid hulle word spoedige gevang!!

sj ·

Was al by daai gevangenes(as polisie beampte) amper onmoontlik om daar te ontsnap, helse mure ens. Ek ruik n rot

Joann ·

Tiger ek stem. En SJ ek ruik ook n groot vet rot. Inside job???

Wern ·

Dit is seker waarom so baie gemeenskappe reg in eie hande wil neem, want die sisteem kan nie eers gevangenis keer nie!

Natasha ·

Moet die publiek alweer die polisie se werk vir hulle doen en die kriminele aan hulle oorhandig?

Lance ·

PRESIES ! wat ek voorspel het ….polisie is maar net pateties !

sj ·

Nie polisie, korrektiewe dienste. Onthou asb net daar is van ons mense in die SAPS wat probeer om n verskil te maak al is dit moeilik,maar ons try.

Jos ·

Baie dankie SJ. Ons weet daar is nog goeie ouens oor wat ‘n verskil wil maak.. Sterkte en dra altyd jou koeelvaste baadjie.

PMB ·

Noordwes was nog nooit ons Volkie goed gesind nie. “If you live by the sword, you should die by the sword”. Die boewe moet geen genade gegun word nie. Sluit hulle met kettings toe en gooi die sleutels weg.

Woute ·

Dankie SJ. Ons weet daar is baie van julle wat regtig hard probeer en ek weet dit is n ondankbare werk maar ons waardeer die van julle wat n verskil probeer maak.

Jef ·

Sj, ek het respek vir julle polisie mense en ek waardeer wat julle vir die samelewing doen want 2 van my familie lede is ook by die polisie en ek weet wat hulle deurmaak.
Mense wat nie saam stem nie kan ek maar een ding se loop n week met die polisie saam en sien vir jouself dit sal julle op ander insigte bring oor wat polisie werk inhou.

Johanna Botha ·

Ek kan ook my bes probeer om n vliegtuig of n duikboot te probeer bestuur maar as ek mense onder my oe laat ontsnap waarna ek aangese is om na te kyk ….dan is dit net damn pateties om die minste te se ….dis so basies soos om asem te haal en jy kan dit nie eers doen nie …dit gebeur SO gereeld en ek voel lede wat dit laat gebeur moet asb onmiddelik in die pad gesteek word en n vooebeeld van gemaak word …vat om jimmels naam vir n slag verantwoordelikheid SAPD en hou die vrot appels verantwoordbaaaaaar !

Eliza-beth ·

As ek darem vat onder wat se toesig en kavalkade Oscar na die gevangenis geneem is en hy het nie naastenby eers gedoen wat die spul gedoen het nie, dan wonder ek hoe kon hulle net sommer ontsnap het. Prioriteite ne…

SARAH ·

En hier lees ek weer vir die 2e keer op sosiale media my oa se moordenaars het ontsnap. Dis genoeg om van mal te raak.
Ek hoop dat as die gemors gevang word hulle dood geskiet word !!! Ons is beroof van ons Pa!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.