Boer, seun in hof na moord op medeboer

Schalk Myburgh en sy seun Schalk jr. Donderdag in die hof. Foto: ANA

Schalk Myburgh en sy seun Schalk jr. Donderdag in die hof. Foto: ANA

ʼn Boer van Noordwes en sy seun het Donderdag vlugtig in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn ander boer.

Schalk Myburgh en sy seun Schalk jr. word aangekla van die moord op Muraga Mavula, wat in Desember in Sandrift buite Brits vermoor is. Die pa en seun word daarvan beskuldig dat hulle Mavula voor sy 12-jarige seun doodgeslaan het.

Mavula is glo aangeval toe hy sy dooie bok naby ʼn waterkanaal in die area gaan haal het. Myburgh en sy seun het glo met ʼn bakkie oor Mavula gery nadat hulle hom aangerand het. Die saak teen pa en seun is tot 4 April uitgestel en hul borgtog van R500 elk is verleng.

Mukondi Mavula, die oorledene se dogter, het gesê hulle verstaan nie waarom hy vermoor is nie. “Ek verstaan nie waarom hulle op borgtog van R500 vrygelaat is nie. Hoe sal die landdros voel as dit sy pa was wat vermoor is en die beskuldigdes word op borgtog van R500 vrygelaat? Beteken dit my pa se lewe was net R500 werd?”

Boere en gemeenskapslede het buite die hof saamgedrom. Portia Duba, voorsitter van die vereniging van swart boere (Afasa), het gesê die moord op Mavula was rasgedrewe. Duba het gesê swart boere is bekommerd oor die persepsie dat daar verontwaardiging is wanneer ʼn wit boer vermoor word, maar wanneer ʼn swart boer vermoor word, is daar ʼn “oorverdowende stilte” van organisasies en groepe wat hulle beywer vir die regte van boere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

MM ·

Net soos jy nie verstaan hoekom hulle hom vermoor het nie en hoekom hulle borg gekry het nie.
Net so verstaan ons ook nie hoekom ons blanke boere sommer net vermoor word nie. Net so kan ons ook se is ons familie net R500.00 werk.

Gesiggie ·

Mnr Myburg, jy en jou seun het groot moeilikheid? hoe wreed kon jul wees om n man so dood te maak. eers oor hom te ry en toe aan te rand? plaas jul net die regte stappe geneem het… jul het jul eie lewe verwoes en gaan nou moet betaal. n mens word kwaad, maar regtig as hy dan net onskuldg sy dooi bok wou gaan haal… hoekom so iets wil doen. Ek voel jammer vir jul… want as n mens nie kan dink, moet n mens die gevolge dra. Sterkte

Karma ·

Gesiggie, wat dié twee boere gedoen het is nie reg nie – glad nie! ‘n Man se lewe is geneem – onskuldig (?). Maar ek dink die wit boere is nou al G*TV*L vir die onsinnige moorde wat al járe lank op hul mede-boere uitgevoer word. Ja, ek sê nog steeds plaasmoorde is nie ‘n uitsonderbare misdaad nie – dit is deel van die algemene misdaad in die land (waaraan die regering ‘sweet-blue-all’ doen). Ons weet nie die omstandighede agter die moord nie; dat dit onregverdig en onnodig was, kan nie ontken word egter nie. Die dogter sy verstaan nie hoekom haar pa vermoor is nie – weet jy, mej. Mavula, ons verstaan ook nie hoekom ons voedselvoorsieners vermoor word nie.

Trots Afrikaans ·

Die bybel moet ons optrede dryf, nie die optrede van ander nie. Moord is moord in God se oë, maak nie saak watter kleur jy dit verf nie….

Frederiks ·

Net R 500 borgtog?? Dit wil voorkom of hul nie by die ou se dood betrokke was nie. Miskien het die 12 jarige gelieg soos ons 72 jarige…….@$#

Willie ·

Karma
Om G-TV0L te wees oor al die onsinnige plaasmoorde is NIE ‘n motivering vir enige mens om dood te maak nie.
Hierdie ouens het NIE my simpatie nie…GEENSINS nie!!!
Persoonlik dink ek dis ‘n verdomde skande dat enige moordenaar,swart of wit enigsins op borgtog vrygelaat word,laat staan nog R500-00 borgtog,dis n flippen skande!!!
Daai manne het ‘n mens doodgemaak,laat hulle boet soos ALLE ander moordenaars moet boet,die feit dat hulle blank is swaai hulle sieklike daad geensins in die rigting van enige meegevoel of simpatie nie.
As hulle G-TVOL is vir die geweld en moorde is daar ander maniere om dit aan te spreek,ons tree nie soos barbare op nie.
EK HOOP HULLE SIT LEWENSLANK!!!
Willie

Tersia deVries ·

My naan is Tersia Mr Myburgh se suster…. ek jou net se wie is julle om te oordeel ? Julle was nie da gewees nie…. was dit sy “BOK BOKKE” GEWEES wat hy besig was om te laai???? O my boeta is wel n boer ma hy boer nie . Hulle het nie eers oor hom gery en hom toe geslaan nie, dit wat jy te se het hou dit vir jou self ASB! En ja hulle was kla geteiken hulle hond is gif in gegee! Hannelie baie dankie dat jy vir ons wit mense op kom en is so waar wat jy se.

Hannelie ·

Hulle is wit….nou gaan hul geteiken word. Karma ek stem saam met jou! Dis hoe die wit boere voel deur al die wreedheid wat baie boere en hul gesinne al deur is deur al die jare. Ons lees dit elke liewe dag!!! En nou is een swart boer vermoor. Mense dit is wat besig is en gaan gebeur in ons eens goeie ou landjie. Ons kan net sowel als oorgee vir hulle om ook uit te brand en af te breek. Dit kan hul goed doen.

Hendrik ·

Karma. Waarvan praat jy nou? Die man wat doodgemaak is is ook ‘n boer. Sy kleur het absoluut niks te doen met plaasmoorde nie. Hy het niks verkeerd gedoen nie. Wat die twee wit boere gedoen het is walglik en skokkend. Jy doen nie dit aan iemand nie. As dit ‘n plaasaanval was sou ons kon redeneer dat hulle vir hulle lewe geveg het. Hierdie boer het net sy dooie bok gaan haal. Wat is daarmee verkeerd? Ek hoop hulle gaan sit vir baie lank in die tronk sodra hulle skuldig bevind word.

Trolle ·

Stem Hendrik saam met jou daar,ons is mos nie sulke mense nie,of tenminste ek is nie so groot gemaak nie.

Frederik ·

Hendrik, jy sê jy hoop hul gaan lank sit sodra hul skuldig bevind word. Maar jy het hul dan klaar skuldig bevind, of hoe?
Jy hou nou jou lyf speurder,aanklaer en sommer regter ook. Was jy ooit op die toneel? Indien die staat ‘n goeie sterk saak teen hul het, sou hul nie net R500 borgtog kry nie.

Tersia deVries ·

Baie dankie Hendrik ek is Mr Myburgh se suster ek hou da van hoe jy dink…

Tersia deVries ·

Ek wil net reg stel Hendrik jy weet nie wa van jy praat nie ….Frederik ek is Mr Myburgh se suster die ding raak nie net vir Schalk en klein Schalk nie, ma wel my skoonsus en klein Schalk se vrou en hul kinders so wel vir ons 3 susters.. ons is ook bang en onseker oor dit wat wag en wat kom.

DPJ ·

Gesiggie, nie een van ons weet wat regtig gebeur het nie.
So ons kan mos nie regter speel en ‘n vonnis uitspreek nie. Laat die gereg sy gang gaan.

Michael ·

Vereniging …..Van swart boere. …stel jou voor as daar ‘n Vereeniging van wit boere was die opskudding wat dit sal veroorsaak ,die voorval maak nie vir my sin nie maar laat die gereg sy pad loop.

F ·

Vereniging van wit boere word Agri SA genoem. Sluit by hulle aan en jy kan saampraat.

Arno ·

F. Agri SA is nie net vir wit boere nie. Dos vir boere. Maak nie saak watter kleur nie

sarel ·

laat die hof eers vasstel wat gebeur het. As iemand so dom was om ‘n man dood te slaan voor sy kinders en oor die persoon te ry moet hy kry wat hy verdien. Mens besef boere is op n mespunt, maar so iets is walglik as dit waar is.

Veritas ·

Indien die feite in die berig korrek is, sal tronkstraf die beste ding vir die twee wees. As ‘n mens so dom is, moet hy maar op die harde manier leer. Nou het die boerehaters weer ‘n stok gekry om ons mee te slaan.

schalk ·

Al wat die twee nou reg gekry het, is om nog n groter haat teenoor die res van ons land se boere aan te wakker. Geluk mnre, julle was suksesvol. Mag reg geskied.

Tharina jacobs ·

Die R500 vir borg se vir my alles is nie pluis nie. Daar is besls ‘n slang in die gras. Sal my nie verbaas as alles buite verband geruk is nie.

Ben Prinsloo. ·

Sjoe hoe moet ek dit stel sonder om mense se gevoelens seer te maak. Hier word te veel uitsprake van mense gemaak wat nie eers 1 enkele feit in hulle hand het nie. My advies aan u is: maak asb seker van jou feite voordat jy hoegenaamd kommentaar lewer. Niemand is volgens ons regstelsel skuldig totdat jy skuldig bevind is nie. Gee die gereg sy kans. Maak seker oor kwessies soos Agri SA. Laat ons nie bevooroordeeld wees nie. Feite is al wat tel nie bespugeling nie.

SNEL ·

Wat hier gebeur het weet net daai 2, maar ek kry hierdie twee se ma/vrou baie jammer om te dink jou man betrek jou kind by so iets. Hartseer ding wat hier gebeur het en uiters onnodig.

Liewe Heksie ·

Jo ek het nooit besef SA het so baie REGTERS ONDERSOEK BEAMTES EN WAT NOG ALS NIE
hoop regtig die waarheid sal uitkom en geregtigheid sal geskied

jaco ·

Dit moet ‘n eerste in die geskiedenis van plaasmoorde wees: wit mense vermoor ‘n SWART boer. Hou hierdie saak dop: hulle gaan die ergste moontlike straf kry. Vermoor swart mense egter wit boere, word die sake of nie ondersoek nie, of die skuldiges word lig gestraf.

Gesiggie ·

Karma… ja ons is almal Moeg, siek en sat… vir al die plaas moorde…en aanvalle…maar om so iets te wil doen, maak dit net nog erger… as dit is wat waar is, dat hy net sy dooi bok wou gaan haal? hoe nou”’ is dit regverdig van hul om so iets wreed te doen… of was dit maar net uit haat.. Hendrik… dankie ja stem saam jou. wat sou gebeur, as dit anders om was? as hy hul leed aan gedoen het, dan sou dieselfde vir hom gegeld het, maar sy lewe is geneem.. en ja ons sal eers die waarheid aanhoor nadat hofsaak verby is. n mens moor nie net vir niks.. moet nie kwaad met kwaad vergeld”’

Thea Gerber ·

Julle – die R500 is nie die twee beskuldiges se ‘straf’ nie, dit is net borg. Die regter en aanklaer besef dat die twee vaste adresse het en geen vlugrisiko is nie, daarom is die borg so laag. As hulle buitelanders met geen vaste adres en net ‘n bondel klere op hulle naam, sou die borg hoër gewees het. Niemand se lewe se waarde word in borg gemeet nie, daarvoor is daar ‘n lang hofsaak. Kom ons wag almal vir die feite wat in die hofsaak sal uitkom en ons lê dan ons verdoemende oordeeleiers oor die saak. Ek persoonlik voel ook AS hulle skuldig is, moet hulle ooreenkomstig gestraf word, maar elke saak het drie kante, my kant, jou kant en dan die regte kant.

Elsa Lourens ·

Is die van Schalkwyks boere of kontrakteurs wat in die area was, en as hulle wel boere is…waar boer hulle…Portia Duba het my as gasspreker genooi om te gesels oor veiligheid op ons plase en aksies wat tans geloods word met betrekking op plaas aanvalle by die stadsaal en toe ek opdaag was dit niks anders as n apartheid rassistiese klipgooiery nie. Toe ek die statistieke van Dec 2014 tot nou gee kryt MMC Douglas Maimane my uit as rassis omdat 99.9% van my statistiek WIT is. Duba het my om verskoning gevra na die tyd omdat sy nie geweet het ANC politici gaan dit polities maak nie….!!! Nou is sy voor in die koor. Dalk lobby sy vir Burgermeester….

Elsa Lourens ·

Is die van Schalkwyks boere of kontrakteurs wat in die area was, en as hulle wel boere is…waar boer hulle…Portia Duba het my as gasspreker genooi teen plaas aanvalle by die stadsaal en toe ek opdaag was dit niks anders as n apartheid rassistiese klipgooiery nie. Toe ek die statistieke van Dec 2014 tot nou gee kryt MMC Douglas Maimane my uit as rassis omdat 99.9% van my statistiek WIT is. Duba het my om verskoning gevra na die tyd omdat sy nie geweet het ANC politici gaan dit polities maak nie….!!! Nou is sy voor in die koor. Dalk lobby sy vir Burgermeester….

Rynhardt ·

Ek gaan beslis nie daai twee oordeel nie. My vraag: wie was die ooggetuie/s?? Hoe waar is die verklaring/s?? Al hoe ons gaan weet, is wanneer die hofsaak begin. Ongelukkig is dit wit Boere en ons weet wat is ons kanse in die land. Korrupte wetgewing vier hoogty. Sterkte vir die Boere en hul families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.