Boer sterf ná hy buurvrou te hulp snel

Leslie Stark (Foto: Facebook)

ʼn Jong boer van KwaZulu-Natal is Maandag dood nadat hy sy buurvrou, wat deur mans in haar huis aangehou is, te hulp gesnel het.

Leslie Stark (32) is aangerand en verskeie kere met ʼn mes gesteek.

Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ʼn groep mans het na bewering by ʼn huis op ʼn hoewe by Umkomaas ingebreek en ʼn vrou aangehou.

“Die verdagtes het haar met vuurwapens aangehou en geld en selfone geëis.”

Volgens ʼn ander buurman het Stark die vrou gaan help, maar die verdagtes het hom oorrompel en aangerand.

“Hy kon wegkom en het by die naaste bure om hulp aangeklop. Hierdie bure het hom in hul voertuig gelaai en na ʼn kliniek gehaas.”

Gwala sê Stark het kort voort sy aankoms by die kliniek beswyk.

Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar “die saak word deur die polisie ondersoek”. ʼn Saak van huisroof en moord is aanhangig gemaak.

Een van Stark se bure het op Facebook gesê dat hy alleen op die plaas geboer het, terwyl sy ma en twee broers in Engeland woon.

“Leslie kon nie ʼn vlieg skade aangedoen het nie,” skryf die buurman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Watsenaam ·

Suid Afrika, lieflike, vreedsame, geliefde land. “The ball is on the black side.” Julle wat graag die knie in die openbaar buig, buig hom nou en sê “white lives matter”. Die mense wat nou die bal aan hulle kant speel

Watsenaam ·

Sal nooit ophou to-date hulle weer 50 jaar agter die res van die wêreld is nie.

Jr ·

En daai is die hoogste held en opoffering wat n mens kan doen. Blessed are those that give their life for others. You will be recieved in Heaven young man. Ek salueer u

Annatjie ·

Ek sal net graag wil weet of die buurvrou wat hy gaan help het die aanval oorleef het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.