Boere moet ligloop vir dié slenter

Boere moet ligloop vir gewetenlose en gesiglose misdadigers wat die Covid-19 hulpfonds in hulle slenter gebruik. (Foto: Moritz Bechert, Pixabay)

Misdadigers wat hulle glo as staatsamptenare voordoen, probeer boere se behoefte aan hulpfinansiering uitbuit.

Die beweerde swendelaars stuur teksboodskappe vir niksvermoedende boere wat aansoek om ʼn landbou-Covid-19-hulpfonds gedoen het, en bied aan om hul aansoeke te versnel as hulle R2 000 in ʼn bankrekening inbetaal.

Die teksboodskap lui soos volg: “Ons sien jy het verlede jaar aansoek gedoen om ʼn landbou-Covid-19-fonds van R50 000. Ons wil dit vinnig verwerk. Stuur R2 000 sodat ons dit voor Desember kan afhandel. Capitec Bank W. WALSH Rek no: 1332654701 Takkode 470010.”

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het dit onomwonde  gestel dat dié boodskap baie duidelik ʼn bedrogspul is en gesê hulle wil graag lede van die publiek, veral boere, waarsku teen skelms wat hulle as staatsamptenare voordoen.

Die departement doen ook ʼn beroep op alle boere om versigtig te wees vir hierdie bedrieglike aktiwiteite wat deur anonieme en gewetenlose mense gekoördineer word. “Boere en lede van die publiek moet weet dat hulle nie geld vir enige staatsdiens hoef te betaal nie, veral nie vir ʼn landbouhulpfonds wat ten doel het om die trefslag van Covid-19 te versag nie.”

Die departement sê hulle het reeds al die aansoeke wat van boere ontvang is, afgehandel en die proses is nou gesluit.

Die boere is per teksboodskappe in kennis gestel of hul aansoeke suksesvol was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Swerwer ·

Kan die SAP of Valke nie die telefoon van die Rakker naspeur en die man/manne vasvat nie. Korrupsie seevier deesdae in ons land.

AW ·

Wat meeste mense nie weet nie en wat meeste mense alreeds weet , en dit sluit in die krimineel, is dat jy n SIM kaart op straat kan koop, en die owerhede het nie ń idee wie wat waar, ongeag die RICA wet.

So,

Dit is die werklikheid.

MAW

Dit is vrek moeilik om n cell nommer te “trace”, wat nie aan die misdaadiger ge koppel kan word nie.

Sommige mense noem dit n “Burner Phone”?

Elke week is daar n ander cell nommer!

JohanR ·

Elke dag ‘n nuwe slenter, en die useless SAP en Valke is wel…. net te useless!

Hasie ·

Kan die bankrekening nommer nie aan sekere persoon gekoppel word nie ? Mens het seker ID nodig om rekening oop te maak ?

SjN ·

Wat van Fica/Rica/Popi wetgewing. bewys van woonadres moet mos geverrifieer word, weet mos waar hy dus woon.

madels ·

Die oomblik as n persoon iets sien soos “gee eers geld dan help ons” moet nou voorwaar begin wakker skrik, dis tipies hoe slenters klink :-(

Janee ·

Weet niemand dan dat daar geen fonds meer beskikbaaris? Dit het sommer net “verdwyn”

Pieter ·

As iemand vrywillig geld oorbetaal in ‘n onbekende se rekening, is dit slegs, en slegs, jou eie skuld.

Gerhard ·

Daar is so baie van die tipe goed wat gebeur. Ek besef die boere voel seker magteloos oor hulpfonds, maar as iets te goed klink om waar te wees is dit gewoonlik.

Miskruier ·

Inside job…..net die boere wat aansoek gedoen het, is geteiken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.