Swendelaars teiken glo boere wat aansoek om die Covid-19-hulpfonds gedoen het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "slenter"
Vrou in hof oor vakansieverblyf-‘slenter’
Sedert besonderhede oor Roux se inhegtenisneming bekend geraak het, het dit op sosiale media gegons en het die klaers ʼn uiters aktiewe WhatsApp-groep op die been gebring.
Polisie waarsku motoreienaars oor slenter
“Dit is baie sleg want jy ly klaar ’n finansiële verlies nadat jou motor gesteel is en dan buit iemand wat hom as ʼn polisiebeampte voordoen, mense wat jy vertrou, jou verder uit.”
Man swendel glo slagoffers uit miljoene rande
Volgens die Valke word Jordaan ook verbind met soortgelyke sake in Sandton naby Johannesburg.
Twee in hof oor lisensie-slenter
Twee verdagtes van Bloemfontein in die Vrystaat het dié week in die landdroshof in Bloemfontein verskyn in verband met die lisensie-bedrogskema by ʼn toetssentrum in dié stad.
Polisie waarsku ná talle duisende verloor in nuwe slenter
“Ons het sake aangegee vir elkeen wat reeds ʼn slagoffer van die slenter was en wil nou die publiek daarteen waarsku.”
Polisiereservis vas ná werk-slenter
“Omdat sy aan die slagoffers bekend was en hulle haar dikwels in polisie-uniform gesien het waar sy ‘polisiewerk’ doen, het die mense vir haar truuks geval.”
Drie in hof ná hul vrou met kitsbankslenter beroof
Die polisie sê voorvalle soos dié behoort ʼn waarskuwing aan die publiek te wees om nié sommer vreemdelinge te vertrou nie en waaksaam te wees wanneer jy geld by ʼn kitsbank onttrek.
Vrystaat-polisie waarsku teen nuwe slenter
Tussen 20 en 22 Februarie is daar drie sulke gevalle aangemeld waarin die modus operandi telkens dieselfde was.
Winkelgroep waarsku oor WhatsApp-slenter
Talle mense het gereageer deur te sê hulle het die slenterboodskap uit alle oorde ontvang en sommige het erken dat hulle daarvoor geval en dit ook vir hul vriende aangestuur het.
Boer verloor duisende in slenter
Die boer het ʼn telefoonoproep ontvang van ʼn onbekende man wat hom as ʼn polisiebeampte voorgedoen het.
Facebook-slenter lei tot moorde, verkragtings
Twee verdagtes is die afgelope naweek vasgetrek in verband met ʼn Facebook-slenter wat tot die moord op minstens drie mense en die verkragting van vier vroue gelei het.
Bank waarsku teen misdadigers se nuwe slenter
Die bank het in ʼn verklaring op sy webwerf, wat ook as massa-SMS uitgestuur is en op sosiale media versprei is, kliënte gewaarsku teen ʼn nuwe slenter wat misdadigers gebruik om kliënte in ʼn wip te vang.
WhatsApp-gebruikers gewaarsku teen ‘gevaarlike’ slenter
“Mense moet baie waaksaam wees oor sulke gevaarlike boodskappe van misdadigers wat hul moontlik skade wil berokken of van hulle wil steel.”
Werksoekers teen aanlyn slenter gewaarsku
Volgens die valse advertensie kan daar om 18 poste as senior sekretaris en 42 poste as algemene assistent aansoek gedoen word.
Verbruikersrubriek: Beskerm jouself teen internetskelms
Daar sal altyd ʼn skelm wees wat jou geld wil steel. Danksy hedendaagse tegnologie sit daardie skelm waarskynlik agter ʼn rekenaar en wag dat jy jou geld sommer in sy rekening inbetaal vir enigiets van ʼn katjie met ʼn stamboom langer as jou arm, tot swaar nywerheidsmasjinerie.
Bank waarsku kliënte teen nuwe slenter
Volgens die bank is talle van sy kliënte reeds met dié slap riem gevang.
SA gesin verloor alles oorsee: ‘Bring net ons hondjies huis toe’
“Ons het alles verloor en met drie tasse bagasie in Johannesburg geland – dit alles te danke aan ʼn man wat ons met ʼn slap riem gevang het. Daarbenewens is ons drie hondekinders nog in Serwië en ons vrees dat hulle uitgesit gaan word.”
Polisie waarsku teen kitsbank-slenter
Speurders van die Suid-Afrikaanse polisiediens het die publiek bedag gemaak op ʼn slenter wat daartoe lei dat kontant uit gebruikers se bankrekeninge gesteel word.
MTN waarsku teen slenter
MTN het verbruikers gewaarsku teen ʼn slenter wat sommige van hul kliente se rekeninge negatief kan beïnvloed.