Boereoorlog-standbeeld aan die brand gesteek

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ʼn Oorloggedenkstandbeeld op Uitenhage se markplein is Donderdag aan die brand gesteek, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Ao. Bazil Seekooi, woordvoerder van die polisie, het gesê drie gemeenskapslede het omstreeks 12:30 ʼn motorband oor die standbeeld geplaas en dit aan die brand gesteek. “Die mans het met die polisie se aankoms van die toneel gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

Volgens Seekooi het gemeenskapslede beweer die skuldiges word met die EFF verbind, maar dit kon nie bevestig word nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van kwaadwillige saakbeskadiging.

Die standbeeld is van ’n Suid-Afrikaanse soldaat en is ’n gedenkteken van die Anglo-Boereoorlog en spesifiek vrywilligers uit Uitenhage wat tussen 1899 en 1902 in dié oorlog geveg het.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

58 Kommentare

jongste oudste gewildste
Deon

How lank gaan ons nog stilstaan en kyk hoe hulle ons geskiedenis vernietig.
Mense ons sal moet begin opstaan.

Deon

Hoe lank gaan ons nog stilstaan en toekyk hoe hulle ons geskiedenis afbreek,ons moet begin wakker word!

RLN van New Zealand

Neem foto’s van alle standbeelde en historiese plekke. Dit is al wat sal oorbly om vir die nageslag te wys… Alles wat aan die (Boere) blankes behoort gaan afgebreek en vernietig word.

Ek wonder hoe lank die Voortrekke monument gaan bly staan.

Gert Grobler

Hierdie barbare kan maar al die beelde aan die brand steek.Al wat hulle regkry is om afrikaners wat hulle geskiedenis en herkoms vergeet het uit hulle slaap wakker te maak. Die wiel draai.Die dag sal Kom waar die swart man gaan agterkom waarvoor hy hom ingelaat het,en geen genade gaan ontvang nie.Dr Gert Grobler

Willie Reinecke

Laat ons een van “hul” standbeelde aan die brand steek-Haal ons wit WIT is die voorblad nuus wereld wyd!!!!!Ek dink dit is tyd vir ons om die nuus te haal…………