Boervrou van Kroondal steeds in hoësorg ná aanval

Die toneel by ‘n plaasaanval in Kroondal buite Rustenburg. (Foto: ER24)

“Die belangrikste ding is dat jou geliefde nog leef.”

Só het die seun van die boervrou Irene Muhl Woensdagoggend by navraag aan Maroela Media gesê nadat sy ma ’n week gelede in haar plaashuis op Kroondal in Noordwes aangeval is. Irene (64) het verskeie steekwonde aan haar kop, bene en arms gedurende die aanval opgedoen.

Volgens Quintin Muhl gaan dit in die omstandighede goed met sy ma hoewel sy steeds in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Rustenburg behandel word. “Sy het Saterdag ortopediese chirurgie aan haar gewrig en arm ondergaan en die chirurg is tevrede.”

Quintin vertel verder dat Irene se arms nou in gips is, maar dat sy elke dag herstel toon. Sy ontvang ook tans fisioterapie.

Irene se familie kan haar egter weens die Covid-19-pandemie nie in hierdie tyd in die hospitaal besoek nie. “Dít maak dit moeilik. Ons wil ook nie nou met haar oor die aanval praat nie. Sy ontvang wel traumaberading,” sê Quintin.

Maroela Media het vroeër berig ’n erg beseerde Irene is verlede Woensdag deur haar swaer en ’n sekerheidswag op haar eetkamervloer aangetref.

Kapt. Elsabe Augoustides, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê Irene se man, Mark Muhl, het die betrokke dag omstreeks 08:15 ’n oproep van die sekerheidsmaatskappy wat hul plaas bewaak, gekry wat hom ingelig het dat iemand die noodknoppie in hul huis geaktiveer het.

Volgens Augoustides is ’n skootrekenaar en ’n bergfiets gedurende die voorval gesteel.

Dit is nie duidelik of iemand al in hegtenis geneem is in verband met die aanval nie.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Genis ·

Hierdie maak n mens verby kwaad… en wie dink die Staat wie moet vir die betaal… Mens moet eindelik die staat vir verlies, mediese kostes en trama kan dagvaar… Want hulle versuim hulle plig…

Excalibur ·

‘n Samelewing wat sy integriteit en respek vir die samelewing, sy menswees en identiteit teenoor medemens verloor het is soos ‘n bang weggooi dier in ‘n hok vasgekeer …gevaarlik en onvoorspelbaar. Ons moet terugkeer na Bybelse wette en reels om weer die kompas van die lewe op te tel en te werk aan ‘n vreedsame toekoms.

Adeline ·

Volgens my moet daar sake geopen word deur die mense wat so op plase en elders aangeval word deur laksheid en gebrek aan kennis van die onbevoegde regering om sy bevolking te beskerm teen aanvallers en moordenaars. Mediese koste moet van die staat geëis word, asook permanente mediese koste tov die voorval wat teen ‘n onskuldige, sagte (en andersins) slagoffers gepleeg is. Die voos vrot korrupte anc is dik gekorrup aan die geld wat vir eie en familie en vriende se sakke gegaan het. Laat hulle begin betaal. Die “Human Rights” maak dit moontlik vir mense om van die onbevoegde staatsdiens te eis en sake te maak.

Stofdonkie ·

Maar die “Human Rights Commision” behoort ook aan die anc. Hulle het dan niks eers fout gesien met die hulpfondse se uitbetalings aan slegs BEE besighede nie?

Niklaas ·

Geen hulp kan verwag word van die owerheid nie. Ons moet net meer waaksaam en paraat wees. Veral die sagte teikens op afgeleë plekke soos plase.

Adam Adriaan ·

Hierdie plaasaanvalle is deel van die ANC/EFF se strategie en taktiek om boere van plase af te kry. Dit is hoekom die regering so traag is om dit aan te spreek. Dit strook met hulle beleid van onteining sonder ve goeding. Dit is ook die rede dat die jagbedryf so gekniehalter word; tabak vebod geld en verbod op die verkope van drank. Hulle will die boere van die plase af hê. Fiesiese geweld en ekonomiese druk/verarming/bankrotskap is hulle hoof doelwitte wat hulle gebruik om die boere te verdryf. Hulle noem dit Sosioalistiese Demokrasie. Dekmantel vir diktatorskap.

Anel ·

Irene het nou haar familie om haar nodig. Ek is nou al so keelvol om te hoor dat mens nie dit of dat msg doen nie agv die virus. Jy word tot van jou geliefdes weggehou. Dis siek man. Hoe moet mense herstel as hulle nie hul geliefdes mag sien nie? Hoe lank wil die regering nog met hulle sirkus aanhou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.